‘n Gratis uitsig oor Londen

Ek is ‘n sucker vir ‘n uitsig, al moet ek klim dat die longe en bene protesteer. Maar in Londen was dit nie nodig nie. En almal wat aan uitsig en Londen dink, dink seker maar die Londen Eye. Wel, dit is ikonies, maar dit is nie budget friendly nie. Ek het iets beters gekry. Dis hoër, dis stilstaande en ek glo die uitsig is baie beter. En die beste van alles dit bied ‘n gratis uitsig oor Londen.

Maar gaan staan en bewonder steeds daardie groot indrukwekkende fietswiel . (Ek ry graag fiets so dis die eerste ding wat in my brein opgekom het: Hoe groot die fiets moet wees wat saam met daardie wiel gaan).

Sky Garden.

Gaan na die Sky Garden! Dit was my gunsteling gratis-om-te-doen-ding in Londen. Die Sky Garden is so wraggies waar ‘n tuin op die boonste vloer van ‘n wolkekrabber. Daar is ‘n 360 grade uitsig. Jy staan tussen allerhande mooi plante, met ‘n tee en skon in die hand en staar uit oor die landmerke van Londen. Ek kan nie aan ‘n beter manier dink om my besoek aan Londen af te gesluit het nie.

gratis uitsig oor Londen

Daar is net een catch. Mens moet vooraf bespreek, ‘n Hele tydjie vooraf (besprekings maak 3 weke voor die tyd oop). Jy gaan dus nie net op die ingewing van die oomblik kan opgaan nie. Die gebou met die hoogste tuin lyk noggal top heavy’en hulle argitek moes sy storie geken het.

Daar aangekom, wys jy jou kaartjie en gaan deur die strengste sekuriteits-check wat ek in die hele London uitstappie beleef het (Die ander plekke loop mens net in).

Dan klim mens in ‘n huisbak waar te veel mense op een sag wil inklim (as jy benoud is oor klein, toe spasies is seker enige hoeveelheid mense te veel). Daai hysbak smaak my ry met die spoed van wit lig, want voor jy nog benoud kan word, is jy in die pragtige tuin wat oor London uitkyk. Persoonlik dink ek mens kan baie meer sien as wanneer mens die Oog ry, maar aangesien ek nie altwee beproef het nie is my aanname dalk nie korrek nie.

gratis uitsig or Londen
Gratis uitsig oor Londen

Greenwich Park

En dan wil ek maar net weer hierdie park noem. Dis nou nie ‘n hoê uitsig nie, al moet jy effens klim, maar ‘n uitsig uit die vêrte. Dit was vir my net so mooi om tussen bome en gras te staan en die Londen skyline te kon bewonder.

Laaste sê oor gratis dinge

As jy tot hier gelees het saam met die vorige paar skribbels, moet jy ‘n baie goeie idea hê van hoe baie dinge daar te sien is wat jou nie ‘n dooie sent sal kos nie. Van ‘n gratis uitsig oor Londen tot gratis museums en buitelewe. Asof dit nie genoeg is nie is daar nog ‘n paar ikoniese plekke om te besoek. Hier noem ek Hamley’s, die speelgoedwinkel en Harrods, need I say more.?!

Window shopping!

Dit is belewenis om deur hierdie 2 bekende winkels te stap. Hamley’s wil ek sê, moenie jou kinders saamvat nie. Mens kry kwalik die volwassenes daar uit, wat nog te sê van kinders!! Met klein mensies saam, sal mens vir ewig binne daardie 6 verdieping gebou vassit! Die speelgoed daarbinne is defbeslis iets om oor huis toe te skryf. En dit is so interaktief. Jy mag speel en voel en koes vir die goed wat op jou afgevlieg kom.

Hamley's

En dan is daar Harrods. Dit is fancy pants verby! En ek het nie my fancy pants daardie dag angehad nie. Alhoewel dit ‘n belewenis was om na al die mooi blink dinge te kyk (ek was seker ‘n kraai in my vorige lewe), was ek nie een van die mooi blink dinge nie en het dus heeltyd gevoel asof daar ‘n pyl bo my hang wat sê ‘kommen persoon sonder geld, rol jou oê soos wat sy verbystap”. Maar as jou beursie vol is, jy jou fancy pants gaan aantrek en hou van doolhowe, of sommer net om te sê dat jy daar was, gaan maak ‘n draai.

Harrods

Oja, nog iets

Terwyl ek deur die fotos gaan om op te sit sien ek nog hierdie 2 raak wat die kiddies sal waardeer. Paddington en Platform 9 3/4 by die Paddington en Kings Cross stasies onderskeidelik.

En dan is ek nou klaar met gratis Londen dinge. Net omdat Londen een van die duurste stede is om te besoek, beteken glad nie dat mens daar moet verby hou nie. Inteendeel, ek het nog geen ander plek met so baie ‘free for you’ dinge besoek nie.

Op die flip side is daar net soveel dinge waarvoor mens toegang betaal. Die volgende skribbel sal gaan oor die dinge waarvoor ek bereid was om te betaal en wat in my oê defbeslis die moeite werd is om jou beursie voor uit te haal.

Follow me here