Gratis museums in Londen

Ek is ‘n bargain hunter, penny pincher vakansiehouer. As ek nie was nie, sou ek nog laaaanger moes spaar voor ek kon gaan verken. Die eerste ding wat ek gewoonlik gaan soek is die gratis dinge om te doen. In die geval van London is daar baie. Daar is geen rede dat die hartseer rande in jou sak moet maak dat jy nie hierdie stad kan beleef nie. Ek het besluit om die gratis doen- dinge op te deel in korter ‘blog posts’ omdat daar so baie is. Hier volg die gratis museums in Londen waar ek was, nog sou wou gaan, en sommer nog ‘n paar ander.

  • National Gallery, Trafalgar Square & Tate Modern🔲
  • Die London Museum 🚪
  • Die British Museum 🤴
  • Science Museum 👨‍🔬👩‍🔬
  • Skop, skiet en boomklim museums🛫⚓

P-P en kuns: Die National Gallery en Trafalgar Square: 2 vlieë met een klap.

Gratis museums in Londen British Museum

Elke toeris sit op hulle lys dat hulle Travalgar Square moet gaan sien om na die beroemde leeus te gaan kyk. Anders as dit is dit, in my ondervinding nie regtig bo-aan die lys van dinge om te doen nie. (Nadat ek daar was kan ek dit së, maar voor die tyd wou ek met alle mag en mening gaan). Maar as jy daar gaan wees, kan jy net sowel by die Gallery ingaan. Ek moet bieg, die rede dat ek daar ingegaan het was om die badkamers te gaan soek. Want hierdie ‘geriefies’ is maar skaars daar waar die mense fancy is, so asof hulle nie nodig het om te gaan piepie nie. Na ‘n baie ‘fancy pants’ nood verligting, besluit ek toe om my slim te hou en deur die kuns te loop asof ek dinge weet.

Gratis museums in Londen
Vannaf die Gallery se stoep kyk mens uit oor die leus van Trafalgar square
Gratis museums in Londen
Doer links wapper ons vlag. Dis dalk goed om te weet waar ‘n mens se ambasade is vir as jy woes huistoe verlang of dalk in die moeilikheid is vir wat dit werd is.

Regte egte kuns

Die gallery is groooot en die gebou homself was vir my baie mooi. Veral die groot koepel dak en die mooi mosaïek op die vloer. En dan as jy ‘n kuns liefhebber of kenner is gaan jou oë uitval. Tot nie- kunskenner plebs soos ek kon ‘n paar Van Goghs en Monets uitken. Jip, ek kan ‘n paar groot kunstenaarsname gooi soos ‘n kenner.

Ek kon nie glo dat sulke ‘priceless’ kuns sommer net so gratis en oop vir mense is nie. Maar tog is dit waar, ek het gevra. Hierdie gallery, en die meeste ander gratis besienswaardighede, word deur belasting en donasies aan die gang gehou. Jy kan selfs jou bydra maak as jy sou wou in een van die groot perspeks bokse. Niemand ‘harass’ jou egter vir donasies nie.

Gratis museums in Londen National Gallery
Die seker bekendste Monet. Al weet jy nie wie dit is nie, moes jy al iewers hierdie skildery gesien het.
Gratis museums in Londen National Gallery
‘n Degas. Ek het White Collar gekyk net voordat ek gaan vakansie het en daarom het ek dadelik hierdie dames raakgesien.
Gratis Museums in Londen
Hierdie het ek raakgesien oor ‘n paar redes. Eerstens was dit ‘n hele muur groot, so mens kan dit nie mis nie. Tweedens is dit Lady Jane Grey. Sy was bloedjonk en net 9 dae koningin. Dit het ek raakgesien omdat ek net ‘n paar dae tevore van haar lot in die lewe gehoor het by die Tower of London.

Nog ‘n gratis kunsliefhebber paradys is die Tate modern. Ek het daar verbygeloop op die ‘South Bank‘, jy kan dit nie mis wanneer jy van die Millenium brug afkom nie. Terwyl ek in die omtrek was, was die almobekende sonneblomme van Van Gogh daar op uitstalling, maar een gallery was al waarvoor ek tyd gehad. En die feit dat ek ‘n pleb is het seker ook iets daarmee uit te waai gehad.

Die London Museum

Hier het ek en my Karliener rondgedwaal. Ons het eers ge-‘afternoon tea‘. Dit is nou as dit tel wanneer mens die tee met koffie vervang? En daai skon met ‘clotted cream’ en konfyt!!😋Dit was so lekker dat ek na die tyd gaan googeleer het wat presies ‘clotted cream‘ is, en eendag wanneer ek weer lus het om iets te maak wat lekker is gaan ek dit probeer .

Na die gat gevul is het die 2 Karlieners letterlik Londen se ‘memory lane‘ afgestap. Ek moet erken ek het my oê gerol by die million & millions of years uitstalling, maar toe ons eers nader aan die ‘regte’ tyd kom het ek my gate uit geniet om te leer van London. Mens sien iets van alles van hulle geskiedenis van Die Plaag tot die groot vuur wat so te sê die hele  London utgewis het. Die vuur het by die bakkery in Pudding lane ontstaan. 🥐🥨🍪🍰(Watter bakery wil nie ‘n addres in Poeding Laan hê nie?!) En tog na hierdie verskriklike gebeurtenis, het hulle die stad opgebou van ‘n hoop as tot die ‘fancy pants‘ stad wat dit vandag is.

Dan is daar nog uitstallings van die tyd met die pruike en rokke wat se lap 10 gordyne kan maak tot net duskant die 1ste en 2de wêreldoorlog. Dan is daar so oulike klein dorpie gebou met winkels en besighede van 19 voertsek waar mens in kan dwaal en maak of jy super oud is.

As jy dus meer van die stad wil weet wat jy besoek is hierdie defbeslis die plek om by uit te hang.

Gratis museums in Londen London Museum

Die British museum

Hierdie was redelik ‘n hit & run uitstappie op die laaste dag want tyd was belaglik min. maar ek wou baie graag die Rosetta steen gaan sien het. Ek het altyd gedink dis ‘n Moses en die 10 Gebooie tipe steen, maar Moses en 10 ander manne sou die groot klip nie gelig kry nie. Dit is baie groter as wat ek gedink het dit is. En dit wys maar net dat fotos nooit regtig die regte storie kan vertel nie.

Gratis museums in Londen British Museum

Die museum kan ‘n baie lekker daguitstappie wees van dit wat ek in die vinnigheid gesien het. Ek het ‘n ‘Easter Island’ dum dum, ‘n paar Egiptiese en Romeinse artifakte gesien wat my laat wens het vir meer tyd in hierdie museum. Ongelukkig moes dit ‘n woerts warts besoek bly.

Die gebou laat dit al klaar lyk asof ‘n besonder belewenis gaan hê wanneer jy eers in is. Jy moet net tyd hê, anders as ek.

British Museum
British Museum

Science Museum

Ek wens ek kon sê dat ek daar was. Toe ek sien dat dit op die lys van gratis dinge is, het ek dadelik belang gestel om te gaan. Ek is mal oor sulke interaktiewe wetenskaplike uitstallings.👩‍⚕️ MAAAAR, wetenskap is nie ‘n tipiese London ding om te doen nie. Dit het dus nie die lys van moet-doen-dinge gehaal nie. Dit was eerder ‘n as-daar-ekstra-tyd-is-na-al-die-res-van-die-lys-afgemerk is ding. Lang storie kort; daar was nie tyd nie.

Skop, skiet en boomklim museums.

As jy hou van ‘magte’ is daar ook heelwat museums om gratis te gaan besoek.

Daar is die Maritime Museum, die RAF Museum & die Imperial War Museum. Jy hoef nie eers na enige van die museums te gaan om te sien dat die ‘magte’ oor die jare heen baie respek by die Britte kry nie. Daar is orals gedenktekens ter herinnering aan soldate opgesit. Wat opvallend was vir my, was dat dit lyk of hulle hier baie meer ‘eer’ , by gebrek aan ‘n beter woord, heg aan die 1ste eerder as die 2de wêreldoorlog. Reg oor die Verenigde Koninkryk het ek baie meer gedenktekens gesien ter ere aan mense se diens en opoffering gedurende die eerste wêreldoorlag as die 2de een. Wonder hoekom, of was dit net toevallig dat ek net vir 1 meer as vir 2 gesien het?

Gratis museums in Londen
Een van vele gedenktekens

Geleerdheid van Londen

So hierdie was waar ek my ‘geleerdheid’ oor Londen gekry het of sou wou kry. Glo dit of nie, maar daar is nog baie ander gratis museums. So as jy net vir ‘n klein rukkie hang aan ‘n tak en wag vir die volgende ‘blog post‘ (as iemand ‘n mooi Afrikaanse naam daarvoor het laat weet my tog seblief) sal ek noem van die gratis buitelewe dinge wat ek gedoen en beleef het.

Follow me here