Begin beplan aan Londen

Wanneer ons oningeligte buitelanders dink aan Engeland, dink ons mos Londen. Dis amper asof dit in ons koppe die somtotaal van daardie land is. Jammer vir die res van Engeland. Ek weet vaagweg van jou, maar daar was nie tyd om jou te gaan opsoek nie. Die Londen wat Engeland is, het my vrek besig gehou. Met vliegdag het dit gevoel asof ek nie eers ‘n duik in hom gemaak het nie.

Te veel dinge in Londen

Toe ek begin googeleer het aan hierdie uitstappie, was ek oorweldig deur wat daar alles te sien is in die hoofstad van boontjies op roosterbrood. (Ek was verbaas toe ek ‘bake beans‘ kry vir ontbyt my eerste dag, net om later agter te kom dis ‘ops normal’ die hele UK deur). Mens moet daar woon om alles te kan ervaar en sien. Ek het verward rondgepik soos iemand wat ‘n 30 sekonde ‘dash in ‘n winkel gewen het. Ek het gestorm en gewonder wat om te vat en te los.

Dit was regtig ‘n missie en ‘n half om te besluit wat om te sien en te los vir ‘next time’. Dan maak die feit dat daar soveel gratis dinge is om te sien nie die besluit makliker van wat om in jou ‘trollie’ te gooi nie.

Keuses met die kaart

Ek het maar weereens die kaart nader gehark en gekyk wat sit waar sodat ek kan ‘cluster’ wat ek wil sien. (Niemand sy my kan beskuldig van ‘go with the flow‘ nie, ek sal maar die mal beplanner bly 🙃 ). Ek het ‘n goeie plan gehad, of so het ek gedink. DIe goeddeurdagte plan het so ‘n bietjie gevou toe ek voet aan wal gesit het. Die vouery het gebeur omdat ek nie gedink het dat die weer so sleg gaan wees nie (dit was dan die middel van die somerfor crying in a bucket’! ☔ ) en ook omdat ek bietjie my Noord en Suid omgeruil het (lekker stoeeeepid 🤦‍♀️.)

Londen

In my kop was Noord bo

In my geestesoog sien ek die kaart van London en ek weet dat ek moet loop tot by die Millennium Brug en dan oorloop na die ‘South Bank’ om die ‘Queens Walk‘ te ‘walk‘. Om een of ander rede het ek gedink ek is op die Noord oewer so ekt gereken ek moet net aanhou regs loop tot by die brug.

Ek het geloop en geloop in die vriesende reën, maar ek kon net nie die brug kry nie. Hoe mis mens ‘n lewensgroot brug? Op ‘n kol besluit ek om om te draai na die begin en te kyk of ek iets gemis het. Iewers oppad terug sien ek iets aan die oorkantste wal wat na ‘n toeriste aantreklikheid gelyk want daar was ‘n klomp mense. Ek wonder toe by myself wat is aan die Suidoewer wat so ‘ groot aantreklikheid is wat ek nie raakgelees het nie. Ek baan nog my weg toe ek skielik snap dat daardie gebou die ‘Tower of London’ is. Dit beteken dat ek die heeltyd nog op die Suid oewer was en dus die heeltyd na die verkeerde kant gestap het. Oiii! 🤦‍♀️

Londen
St. Paul’s doer agter terwyl ek terugkyk oppad om oor die Millennium Brug te stap

En toe kom die spreekwoordelik lig aan!

En skielik kom my hele kaart in fokus en weet ek waar ek is. Dis amper soos wanneer die ‘GPS’ skielik sy sateliete optel, die kaart regom draai en dan ‘calcualate‘! So, tot voordat die kaart reggedraai het, het ek ‘n paar ure verdwaal. Toe ek eers weet waar ek was kon ek vining kom waar ek wou wees. Relatief vinnig wanneer mens in ag neem dat ek geloop het in die reën met ‘n bril sonder ‘wipers‘.

En loop sal mens loop

Mens stap nie net van een plek na ‘n ander een nie. Jy stap ook verbasend vêr binne die stasies. van die ‘underground‘. Niks is ‘net daar’ waar die alomberemde rooi en blou teken is nie. Jy moet stap en stap en klim en klim om te kom waar die vervoer is. Daardie stasies is verbasend groot.

Londen

‘n Lang storie soortvan kort. Ek het my heelwat misgis met hoe vinnnig mens van punt A na punt B kan gaan. Jy kan die kaart raadpleeg oor wat waar is, maar dis ‘n effense ander storie wanneer jy met jou tekkies daar op die grond staan. Maar op die einde van die dag het ek amper alles gesien wat ek wou en baie meer. Wanneer jy dapper en stapper en publieke vervoer gebruik is jy ‘A for away‘ met die beleef van stad van Ingels.

Die HMS Belfast met Tower Bridge wat agter uitsteek.

En so begin die ‘hoe toe’ van die UK

Ek gaan die UK storie bietjie anders aanpak aas die Italië een. Anders in die sin dat dit net in Afrikaans gaan wees, en ek gaan probeer die stories heelwat korter skryf. Dit gaan ek doen met die oog dat ek makliker gaan tyd kry om ‘n kort ietsie te skryf, en julle makliker gaan tyd kry om ‘n kort ietsie te lees en dan hopelik meer gereeld van mekaar gaan kan laat hoor. So dit is die plan. Ons sal sien hoe hy gaan.

Volgende is die gratis museums van Londen.

Follow me here