Masada, Ein Gedi & die Dooie See

02:30 kom heeltemal te vining. Maar as mens nie die sonopkoms vanaf Masada wil mis nie, dan slaap mens in jou klere en borsel jou tande in die donker sodat jy nie die kamermaats wakkermaak nie, en strompel dan knip oog teen die ganglig se skerp af na waar die res van die half wakker dapper klimmers wag.

Net voor 3:00 kom die heeltemal- te-vrolik-vir-so-vroeg-in-die-oggend busbestuurder ons haal. Hy tel ons af soos skape deur die kraal se hek en ons klim in die ongemaklikste bussitplekke in waarin ek al ooit gesit het. Kiertsregop en small. Ek pas net-net in van kant tot kant. Dis nie die tipe sitplek waarin jy nie gaan kan sit en ‘n uiltjie knip nie. Ek het maar elkgeval my oë toegemaak vir die kort rit deur die woestyn na Masada toe. Al slaap mens nie, voel ek darm altyd asof mens soortvan rus wanneer mens se oë toe is.

Die net minder as 100km is bitter vining verby. Elke nou en dan het ek in die donker by die venster uitgeloer en was verrras deur al die ‘bondels’ ligte oral deur die woestyn. Dit moet beteken dat daar orals gehuggies of dorpies moet wees. Dis nie so een solliede donkerte soos die Namib nie.

Masada 04:20, eerste stop

Dit was nog donker nag toe ons by die voet van Masada aankom. Ons het so bietjie gehanna-hanna by die ingang want ons moes wag dat hulle oopmaak. Terwyl ons wag vertel ons drywer dat hy 7 uur gaan ry, met of sonder almal, en dat hy al in die verlede al vir mense weggery het wat nie die tyd dopgehou het nie. Dis ‘n benoude gedagte om op ‘n vreemde plek in die woestyn agtergelaat te word.

Ek dink dit was half 5 toe ons mag ingegaan het. Terwyl ons wegloop van die ingang dink ek watter brood ek was. Dit is nag donker, en ek het nooit daaraan gedink om my koplamp, wat op my bedkassie in die hostel gelê het, saam te vat nie

Masada se ‘snake path‘.

Gelukkig hier en daar om ‘n draai of twee het die ondergaande amper volmaan die pad verlig. Dit was donker en lekker koel, maar nie vir lank nie. Die ‘snake path’ kronkel teen die berg op, en die inspanning verander die koel môre in ‘n warm uitstappie . Hoe meer die pad kronkel en klim, hoe meer blaas ek soos ‘n os en hoe meer brand my bene. Ek het meer as een keer gedink wat my besiel het.

Masada entrance
Ek het nog nie nagfotografie onder die knie nie, maar ek moes ‘n foto van die maan probeer neem terwyl ons gewag het om in te gaan.
Masada , snake path
Mense voor my stap met hulle fone se lig

So tussen deur die blaas en opklim begin ek agterkom hoe die horison eers bietjie blou, toe pers en toe amper oranje begin word. Die oggenstond het al ligter en ligter geword. Maar die einde van die ‘snake’ was steeds nie in sig. Die kronkellende pad het net aan en aan en aan gehou. Links en regs. Links en regs. Heeltyd op en opper. Ek het op ‘n kol gedink dat ek nie die kruin gaan haal voordat die son sy kop uitsteek nie. Na elke asemskep het ek vining weer probeer ‘headway‘ maak in die hoop dat ek betyds bo gaan kan kom.

Hoe ligter die oggende geword het, hoe meer kon mens sien hoe hoog dit word en eintlik hoe ‘onveilig’ dit is. Daar is net ‘n een pyp handhoogte reëling. Sou jy skeeftrap en gly, gaan jy die gly van jou lewe hê. Die laaste een.

Maar ek het mooi soos ‘n grootmens getrap en nie geval of gelgy of  ‘n longaanval gekry nie. (Dit laat my dink aan Door Tai van my koshuis dae ‘she nearly died of a lung attack😊). Tot my verbasing het ek soos rooikappie se wolf al blasend, maar tog betyds, bo-op die plato van Masada gekom.

Masada snake path
Blou
Masada sanke path view
Begin begin pienk verkleur oor die vlaktes van die woestyn
Ons het begin doer regs onder waar dit lyk asof daar iets is.
Masada
Wanneer mens die kabelkar se spoor langs jou begin sien, dan voel dit asof die einde van die klimmery net om die volgende kronkel kan wees
Endelik bo en voor die son se opkoms

Masada in ‘n neutedop

Wanneer mens daarbo staan, nadat mens eers moes verdien om die uitsig en geskiedenis te kon sien, waardeer mens die geleentheid meer. En daar is ‘n groot ‘bewondering’ dat in die middel van niks en nêrens, bo-op die plato, hierdie ‘fortress‘ gebou is . Die wyse man bou mos sy huis op die rots.

Herodes het Caesarea met sy hawe en die 2de tempel laat bou asook hierdie fort van Masada vir homself. Dit was hard genoeg vir my om net my water op te dra tot bo, die arme slawe wat ‘n hele vesting hier moes opdra het my volle respek en simpatie.

Wat Masada bekend maak is die beleg waartyds Jode hier hulle ‘final stand‘ ingeneem het teen die Romeine. Al is dit hoe aaklig wat hier gebeur het, moet ek tog ‘n pluimpie vir die Romeine gee. Hulle het ‘n ‘ramp’ gebou op na die rand van die plato. Dit gaan my verstand te bowe dat so iets ooit moontlik was, veral doerietyd. Maar die oorblyfsels van die ‘ramp’ is steeds vandag daar as bewys.

Die res is geskiedennis soos hulle sê. Baie sê dat toe die Jode sien dat hulle nie meer die Romeine kan afweer nie (al het hulle die ‘high ground‘ gehad) het hulle massa selfmoord gepleeg, terwyl ander sê dat die Romeine hulle uitgemoor het. Hoe dit ookal sy, die feit dat hulle in die ‘ou tyd’ eerstens ‘n fort doer bo kon bou in die middel van die woestyn, en 2dens ‘n ‘ramp‘ kon bou wat al die pad tot bo gegaan het, maak hierdie ‘n uitstekende geskiedkundige plek om te verken..

Sonopkoms

Nadat ek bo gekom het, was dit nog vroeg genoeg om eers rond te kloop voor die son sou opkom. Ek het oor die dorre vlaktes van die woestyn en die Dooie See uitgekyk. En het net gedink wat ‘n stryd dit moes gewees het om deur hierdie wilde wêreld te moes trek en om daar te gebly het. Die ou mense was nie sussies nie

Net voor die son, die muur. Al die ou mure wat ek in Israel gesien het het soos hierdie gelyk. Groot klippe met klomp klein klippies tusssenin seker om ‘gelykheid’ te verseker
Die maan was nog al die tyd uit.

En toe gebeur dit. Die son kom op oor die woestyn. Dit was al die beenkrampe en longaanvalle werd. Daar was net nog altyd vir my iets oor ‘n son wat opkom en sak. Daar is een liedjie wat altyd in my kop opkom wanneer ek vroeg in die more die mooi sien: Before the day.

There’s something about the morning. The stillness of it all. It calms my heart to hear You. When You gently call

Masada sonopkoms
Masada sunrise
Die ek was daar foto
Masada
HIerdie was my poging om die opkomende son en die ondergaande maan in een foto te kry.

Na ek die son sien opkom het, was al wat in my gedagtes was soos ‘n pappegaai. 7 uur onder, 7 uur onder. My paranoia oor laat wees,het die res van my oorblywende tyd effens bederf. Ek kon net ‘n opsommende blik op ‘n drafstap oor alles gegooi in plaas van rustig stap en waardeer. Dit is ‘n baie groot area, so mens behoort ‘n hele paar ure hier te kan spandeer.

Masada
Die ‘agterkant’ se uitsig
Masada
Bo-op die plato, weg van die beboude gedeeltes.
Masada
Die son trek water oor die Dooie See

Wat opgaan moet weer afkom….

Toe moes ek weer af. By die afgaanplek gekom, kry ek skielik ‘n senuagtige giggel. Het ek regtig hier opgekom? Met die opgaanslag het mens nie regtig opgelet na die hoogte nie, maar met die afgaan sit die son al hoog en die oopte, diepte en wydte staar mens reg van voor af in die gesig.

Ek het mos nie hoogte vrees nie, maar ek het altyd ‘n ding oor val. Vir daardie rede het ek op my boude die Visrivier Canyon afgeseil die eerste paar honderd meter. So ek het maar ‘n groot longvol woestyn lug gevat en met effense bewe beentjies af begin loop.

Masada cable car cable
Die kabelkar vir die wat nie wil stap nie en wat wil wag tot na 8 in die oggend
Masada
So kronkel die slang

Die helling het effens beter geword na elke kronkel van die ‘slang’. En op die halfpadmerk was daar ‘n lekker breë stuk om by asem te kep…… en ‘n Geocache te gaan soek. Ek was ongelukkig onsuksesvol, en daar loop baie mense heen en weer so mens kan nie lekker soek sonder om te lyk of jy besig Is met iets ‘dodgy’ nie.

Terwyl ek daar gesit het kom daar ‘n duitse paartjie aangestap. Ouerig. Bloedrooi. Ek het die tannie jammer gekry. Sy het met 2 stokke geloop. Was rooi soos wat ‘n mens nie moet wees nie en haar donker hare was sopnat in toutjies van die sweet. Die son was al hoog, Ek het gewonder of sy dit sou maak tot bo. Maar sy verdien ‘n prys vir aanhouer wen.

Masada halfway
Die halfpadstop meet die 2 Duitsers

Van die halfpadmerk was dit baie makliker ondertoe. Onder, het ons het onder palms gesit en wag vir die res van die groep, en as ek nie geweet het waar ek was nie, kon ek maklik iewers in my ‘eie’ Nam woestyn gewees het. Die warm stilte. Die voëltjies wat vrolik in die skaduwee tjirp. Alles voel beekend.

Dis jammer dat ons so vroeg moes ry. Sou graag die museum wou deurgegaan het. Hulle sou eers oopmaak lank nadat ons al by ons volgende bestemming aangekom het.

Masada
Amper heel onder
Masada
Masada
Masada palms
masada
Die uitsig oor Masada van onder die palms

Ein Gedi

Terug op die bus is dit net ‘n kort rit na die Ein Gedi natuurreservaat. Dit was in die grotte daar waar David vir Saul weggekruip het. Ons word daar afgelaai vir ‘n uur. Dis genoeg om die 3 watervalle te gaan besoek.

Eerste ding wat ek hier sien is die bokke. Dieselde bokke wat ook op hulle nasionale parke se simbool verskyn. Hierdie bergklimmers is redelik mak en maklik te sien

Hulle en ons parke deel groen en ‘n bok
Ein Gedi na Masada. Bok in die pad
Ein Gedi, boombokke
Om by die watervalle uit te kom, loop mens net af met hierdie voetpad

Ons groepe stap die pad tussen die bokke deur al dieper die ‘vallei’ in. Soos mens verder loop sien mens heelwat grotte in die hange van die kranse. Wonder of David so hoog geklouter het en of hy een gesoek het waar mens minder vêr kan val.

Hoe verder mens in die vallei instap hoe nader kom die kranse na mekaar en hoe meer word die plantegroei. Die groen skiet al meer uit omdat al die watervalle die stroompie voed en die plante blymaak. Kort voor lank was ons by die eerste waterval. Die kleinste een dink ek.

Ein Gedi
Die grotte in die kante van die kranse.
Ek dink hierdie was waterval 1 ….
en 2. Teen die derde een het my kamera nie gewerk nie, maar ek het geneem en geneem en eers dae later agtergekom dat daar niks op was nie
Hierdie is ‘n terugblik in die rigting waarvandaan ons gekom het met die Dooie See doer agter.

Die Europeeers in die groep begin kla van die hitte (al was dit om en by 8 uur die oggend🤦‍♀️) . Na waterval een, stap ons  deur palms en papirus-tipe plante en langs koel sroompies verder. Die water wat afstroom is helder, skoon en yskoud. Dit was vir my defbeslis nog nie warm genoeg om my voete in daardie koue water te steek nie.

Na die 3de waterval het ons nog tyd oorgehad en besluit om te probeeer klim na die Ein Gedi Spring. Op die kaart lyk dit net ‘om die draai’ .Om die draai, schmai. Die draai het ‘n dramatiese helling en kort voor lank klou ons soos steeksdonkies aan die kant van die berg vas. Toe die opte ‘n haarnaald draai maak waarvan ek nie die ander kant kon sien nie, het ek besluit tot daar en nie verder nie.. Ek sou net daar wag vir die dapperes om terug te kom. Die ander wou nog aangaan maar het op die draai tot stillstand gekom toe almal bewe beentjies kry. Die vrou met regte hoogtevrees het aan ‘n rots vasgeplak soos ‘n ‘barnacle‘ Dit was noggal ‘n gesukkel om haar daar af te kry. Maar weldonnit dat sy tot daar kon kom. Verder as ek.

Nadat ‘n paar dapperes vreesaanjaende selfies op die rand van die rots geneem het (dit het my laat dink aan ‘a thousand ways to die‘), en die hoogtevrees vrou vir hulle geskree het om asb op te hou sy gaan iets oorkom. is ons groep daar af en terug na die bus toe. Oppad terug het ek amper my ‘allergie’ vir koue koue water oorkom toe ek ‘n klomp nuwe toeriste in die helder skoon strome sien baljaar. Ons het n’ dassie oppad gesien, en niemand het geweet wat dit was nie behalwe- it must be some sort of rat’. Toe was ek wild spyt dat ek nie vir RTD die dassie op daardie oomblik gehad het nie, hy het in Jerusalem agtergebly.

Hier was ons al redelik hoog ‘om die draai’. Die uitsig was pragtig.
Doer bo is die haarnaald draai waarom mens moes gaan.Ek het net tot by die voet van die draai gekom, toe voel ek al ek gaan seer val.
HIerdie was die laaste foto op my kamera. ek het nog krans fotos en die groot waterval afgeneem, salig onbewus dat hulle almal heeltemal groen gaan wees
‘n Dassie op ‘n klip.
Nog palms in die woestyn. Dit bly bekend voel en as ek ‘n naam aan die bekendheid moet gee sal ek sê Goanikontes

Die Dooie See.

En toe breek die hoogtepunt van hierdie uitstappie aan. Die Dooie See. Ek het nie gedink dat ek dit so sou geniet nie en was kinderlik opgewonde om rond te dryf en met modder te speel.

Op die rit soontoe het ons drywer ons vertel hoe die dooie see besig is om dood te gaan en hoe die hele area waar die see se vlakke gesak het, sinkgate inval. Dis baie hartseer, en indien hulle nie die daling kan omkeer nie, gaan die Dooie See kort voor lank regtig dood wees en net een groot sinkgat gevulde area agterlaat. Dit sal ‘n doodslag vir die toeriste inkomste n die suide van die land wees.

Dooie see Masasda uitstappie
Sommer so in die ry geneem. Mens kan sien hoe die watervlak al meer inskuif.
Een van die plekke padlangs wat ontruim is weens sinkgate, en nou net ‘n spookdorp is.

In die pakeerarea kry ons ook eers ‘n ‘safety briefing’. ‘Who knew‘ dat mens eers moes leer om veilig te dryf. Ons drywer verduidelik vir ons hoe om op te staan sonder om vooroor te val. Sou dit gebeur dat ons vooroor val of perongeluk water sluk, waar ons dadelik hulp kan kry. Blykbaar is die sterfte syfer noggal hoog, en nie so seer vir verdrinking nie, maar vir die sluk van die water. Die soutkonsentrasie is dodelik. Ons word ook aangesê om alle juweliersware eerder af te haal as om met afgeeette goedere te sit na die tyd.

En toe laat hy ons vry met ‘n wysvinger na die aantrekkamers. Die aantrekkamers, was vir my heeltemal te ‘vry’ vir so ‘n konserwatiewe land…. en eintlik vir enige plek. Dit lyk soos ‘n Robinson Crusoe grashut. Geen deur, geen afskortings nie. Ek het my bes probeer om my swemklerre onder en bo-oor my ander klere aan te trek. Die ander anties aan die ander kant kon nie minder omgee dat almal hulle alles kon sien nie. Europeeers! Oi! (Ek het eers met die teruggaan aksie gesien ons kon eintlik in die badkamers bo by die ingang aangetrek.)

Maar op die einde was ek geklee en af na die waters toe. Die waters is die mooiste blou wanneer mens die vërte inkyk. En dit was dit heerlik warm, en glad. Mens stap voel voel vorentoe, en dan skielik, wanneer jy jou voete huiwerig lig, dryf mens. Dit was vir my verskriklik lekker. Dis ‘n vreemde gevoel op te beskryf. Dalk is ‘n goeie beskrywing ‘n warm, sagte veerligte omhelsing. Ek het gedryf na waar die ‘grens’ tou was. Het daar gedryf en uitgekyk oor die vlaktes turkois water en die gebergtes van Jordanië.

Dooie see
Doer agter kan mens die riwwe sien soos wat die Dooie See al gesak het.
Die fotos vang nie die blou so mooi vas nie.

Toe moes ek die bekende soutmodder gaan opsoek. Ek het so agteruit gedryf-dryf na die ander gedeelte van die oewer waar die modder is Daar waar ek enkeldiep kon staan het ek ‘n bol klei- moder uitgegrawe en soos ‘n ware toeris my lyf volgesmeer. Ek was letterlik van kop tot tone vol klei. Al wat uitgesteek het was die 2 wit kolle om my oë.

Mens moet wag tot dit droog word voordat mens dit kan afwas en die wonders van die modder beleef. Ek het opgestap tot waar my goed op die klipperige strand gelê het, water gedrink en ‘n paar kiekies geneem, (gelukkig met my foon anders sou ek geen bewyse van hierdie belewenis gehad het nie).

Toe die kleimasker droog was en my gesig effens branderig begin voel het, het ek dit gaan afwas in die lekker gladde, gesoute water van die Dooie See. Ek het nog ‘n bietjie soos ‘n kind in die water gespeel en myself moeilik uitgesleep om te gaan kyk wat die tyd was.

By my sak uitgekom het ek my foon uitgevis vir die tyd. En toe soek ek my bril. En die is weg. Dadelik kry ek ‘n hol kol. Ek is redelik gesnoeker sonder hom, veral in n vreemde land. Die sak word ‘n paar keer uitgepak.Sonder sukses. Waar gaan ek ‘n ‘lost and found‘ gaan soek. Ek is net voor panniek se deur toe ek nog een keer kyk, en so waar as vet! Skielik lê die bril maar sommer net daar.

Ek ruil toe my bril om met my sonbril en gaan vir n laaste dryf voor ry tyd. Toe ek terugkom by my sak is my sonbril weg. Ek volg toe dieselfde 3 keer roetine van my vorige soektog, maar die bril is weg. Maar gesien in die lig dat dit net die sonbril was en nie my bril of foon of beursie nie, sien ek dit as ‘n ‘wen’ en beweeg aan. Iemand moes dit gevat het. Maar dit kon soveel erger gewees het, so ek aanvaar dit as ‘n ‘acceptable loss‘.

HIerdie is waar mens ingaan. In 2007 was die water 2m van hier af. Vandag. Hier bo lyk alles soos die oord wat dit eens was, en moet mens vêr afstap na die water.
Doer vêr agter is die palms waar die water was. Mens stap hierdie hele ent af tot hier…..
….na die klipperige strand.

Terug by die ingang se kant kry ek badkamers, wat nie lyk soos Robinson se eilandhut nie, en stort gou vining die sout van my lyf af. Ek was aangenaam verras na die modder en minneraalwater piekel wat ek gehad het. Ek was skepties dat mens anders sal voel. Maar mens se vel voel so glad na die tyd, dat ek kan glo dat gereelde gebruik mens jonk gaan hou. Of soos ons busdrywer gesê het, ons gaan as kinders uitkom. Al is ek nie 10jaar jonger na die uitstappie nie, het ek soos ‘n kind baljaar, so daar steek tog waarheid in sy stelling.

Hulle het ons noggal koepons gegee om by die ‘factory shops’ iets te koop. Wanneer mens ‘factory shop‘ hoor saam met ‘n afslag koepon, dan dink mens die goed gaan amper verniet moet wees. Maar dit was nie eers amper nie, so my koepon het ongebruik agter gebly.

Toe ons almal weer by die bus kom.verlaat ons die laagste plek op aarde, 427m onder seespieel. En soos wat die see vlak daal sal hierdie ook verander soos die tyd verbygaan.

‘n Screenshot van toe ons by Jerigo verbygery het. As ek nie vir Jerigo kon sien nie wou ek darm ‘n ‘ek was naby’ bewys hê.

Die terugtog was noggal vining. Dit was net ‘n kort rit deur die woestyn. Ons ry by Jerigo se afdraai verby, verby ‘n paar gehuggies met kamele en toe ons weer sien is ons terug voor die Hostel se deur. Dit was seker 3 uur die middag. Ek wou nog baie dinge doen want daglig was nog lank, maar moes eers ‘n bietjie my oë gaan rus. Die vars lug, die klimmery en die soutswemmery, om nie eers te praat van die kort nagrus die vorige nag nie, het my Duracel getap. Die hasie wou nie meer hop nie. Ek het so vining uitgeclutch dit was nie eers snaaks nie. Gelukkig het ek my wekker gestel vir na ‘n uur en ‘n half later, anders sou sonlig my nie weer daardie dag gesien het nie.

Daardie aand het ek en ‘n kamermaat van Italie/Siprus wat ‘n aksent het soos ‘n Rus, afgestap na die Tower of David vir die aand se ligvertoning. Ons het bietjie gestap en verken, gesien hoe ‘n kat amper iemand se pappagaai vang en sy het falafel gekoop by die Jaffa hek waarvoor sy 75shekkels betaal het!!! Dis blykbaar hoe hulle besigheid doen, jy vra vir kos, hulle bring dit, en gee vir jou enige prys wanneer dit kom by betaaltyd. As ‘n verdere ongeluk vir haar was die kaartjie vir die ligvertoning klaar uitverkoop, en het ek alleen die skouspel aanskou.

Hierdie was letterlik ‘n van sonop tot sonsak dag.


Hoe toe van die Masada, Ein Gedi en Dooie See uitstappie

Om hier uit te kom het jy jou eie vervoer of ‘n toer nodig. ek het by ‘n toer ingeval. Dit was een van die redes hoekom ek by die verskillend Abraham Hostels gebly het. Hulle bied verskeie toere aan, die Masada Sunrise was een van hulle. Dit was die een wat ek mee saamgegaan het. Daar is nog een wat presies dieselfde is, maar wat net deur die dag gaan, en omdat dit in die dag is, ry mens met die kabelkar tot bo by Masada want na 8 in die oggende sluit die ‘snake path.

Hulle toere is ‘self guided’, so jy doen jou eie ding en betaal jou eie toegang tot die parke. Amper alles by hulle is ‘n nationale park. Soos ons Wild Card, het hulle ‘n Israel Pass. Dit werk soortgelyk aan ons Wild Card, behalwe net dat jy verskillende kaarte kan koop afhangende van na hoeveel parke jy gaan. Nadat ek en die Rav Kav vrou op die lughawe vasgesit het, het ek nie daar die kaart gekoop nie, en moes op die einde volprys ingang by al die parke betaal. Volgens die website kan mens dit ook koop by Abraham Hostel, waar ek gebly het, maar toe ek hulle vra kon hulle my nie help nie. So byt maar vas na aankoms by die lughawe en gaan koop die kaart terwyl jy daar is.

As mens nie jou eie vervoer het nie, is so ‘n toer goed, maar as jy jou eie vervoer het is dit beter want jy gaan meer tyd hê en nie hoef te jaag nie. As jy self beplan is hier ‘n video oor hoe om te kies na watter Dooie See oord toe jy wil gaan. Daar is gratis en betaalde strande. Ons toer het na Kalia Beach gegaan.

Sedert ek daar was het die Jerusalem app wat ek gebruik het ook ‘n Masada toer bygekry wat jou toer nog beter sal maak..

Vir ekstra inligting is hier videos oor Ein Gedi en Masada met die kabelkar.

Hierdie was teen die muur van die hostel geverf

En dan hieronder is die foto skakels na skribbels waarna ek hier bo verwys het as iemand sou wonder watter onderonsie ek met die RAV KAV vrou op die lughawe gehad het of hoe ek afgeskuur het in Visrivier Canyon. Dis hierdie Nambib wat my so tuis laat voel het in die Woestyn van Israel.

Follow me here