Hierdie hieronder is net een lang getjommel. ‘n Geskribbel om te probeer my gedagtes se eendjies in ‘n ry te kry oor die oorlog in Israel. Wat daar aangaan het die wind heeltemal uit my seile gehaal.

Ek kan nie my vinger op die rede sit hoekom ek wil opspring en iets doen nie. Want hoe ek nou voel, het ek nie gevoel meet die Russe se aanval op Ukraïne nie. Wat daar gebeur het is in skaal wat area en getalle aanbetref baie groter as wat nou in Israel gebeur.

Aan die begin was ek hartseer vir die mense van die Ukraïne. Ek onthou die ou tannie wat gevlug het met net die klere aan haar lyf en haar troetel haas in ‘n plasitieksak, want sy het gesê sy kon hom mos nie net los nie. Dan was daar klomp sulke stories. Families uitmekaar. jan allermanne wat hulle land gaan verdedig. En skerminkels wat oor en oor kom moor en veriel. Dan was ek nog verontwaardig om te hoor dat ons regering die Russe steun en wapens verskaf het. Dit stap nou al 2 jaar toe, en al loop die oorlog nog, is hulle eintlik vergete, deur die wêreld en myself.

En toe gebeur 7 Oktober en ek wil met alle mag en mening opspring vir Israel. Ek het nooit gevoel om iets vir die Ukraïne te doen nie is ek jammer om te sê. In die laaste 2 weke het ek heeltemal te veel tyd spandeer om hieroor te tob. Ek kan dink aan ‘n paar moontlike redes hoekom hierdie oorlog my meer ontstel en wil deelmaak.

Ek dink rede een kan wees dat ek nounet daar was. In Junie het ek daar geloop, oor die velde uitgekyk, die bries oor my voel waai, die volmaan dopgehou en gedink dat David ook oor daardie selfde heuwels dieselfde maan sien opkom het. Ek kan nog die speserye en wierook ruik wat die markte volgehang het. Die land is nog vars in my gedagtes, en so skribbel ek ook nog elke week daaroor. Dit het my noggal gevang toe ek skryf van Mount Herzl, die gedenk area vir soldate en terrorisslagoffers, en net die volgende dag word daar honderrde mense se name bygevoeg.

Die oggend toe dit gebeur het, het ek gehoor daar is moeilikheid, maar omdat daar aanmekaar struwelinge is, het ek nie veel aandag aan die saak gegee nie. In my jare se oplees ter beplanning het ek op klomp Isrealies afgekom wie se raad ek na geluister het met my beplanning. In die tye van my beplanning het daar elke nou en dan iets dramaties gebeur, ek het gaan hoor wat hulle wat in die land bly sê. Gewoonlik was hulle rustig. ek dink oor die algemeen is dit ‘normaal’. So toe ek deur die loop van Saterdag by die mense wil hoor of alles normaal is, en sien dat hulle heeltemal anders as al die ander kere optree het ek geweet die gort is gaar. Dat daar niks ‘normaal’ is hierdie keer nie.

En toe is ek ‘down the rabbit hole’. Toe kom ek eers agter wat alles daar gebeur het. Dit is onverstaanbaar in my gedagtes dat mense sulke horibale dinge aan ander kan doen. En hoe erg die terroriste aanval en onmenselike marteling, moord en doodslag was, was die reaksie daarop vir my erger.

In my gedagtes is mense nie ‘evil’ sommer net nie. Almal van ons is sondig, maar ‘evil’ is ‘n ander ding. Al is ons almal sondig, is die Wet in almal se harte geskryf (Rom 12:15). Dus, al ken jy nie die woorde van die wet nie, weet almal wat reg en verkeerd is. Moord is verkeerd. Ons almal weet dit. En daarom, het ek geglo dat verkeerde date soos wat Saterdag gebeur het, gesien sal word vir wat dit is. Verkeerd. Wreed. Ongelukkig is my aanname oor die mens verkeerd. Ek is tot in my siel geskok deur die reaksie van absolute haat. Miljoene mense keur dit goed en hits nog moord en doodslag aan.

Wat het gebeur dat mense se harte so hart is dat daar nie meer reg en verkeerd is nie. Hoe blind is mense dat hulle nie kan sien nie. Wat gaan in iemand se siel aan dat hy ‘n swanger vrou kan oopsny, die baba uithaal, hom doodsteek en dan die ma in die kop skiet. Die dinge wat daar gebeur het het van die soldate geknak. Hulle sê die goed wat hulle daar gesien het kan hulle nie ‘unsee’ nie.

Ons bly in ‘n wêreld vol haat. En ons almal weet dit. Elke dag word daar beskuldigings heen en weer geslinger. Onregverdigheid gebeur. Mense dreig om iets aan iemand anders te doen. maar meestal bly dit dreigemente. Partykeer staan die hater voor jou deur of in die pad. Maar al gebeur daar slegte goed elke dag, het ek gevoel dat die haat se ‘blaf’ groter as die ‘byt’ is. Tot verlede Saterdag, Toe sien ek dat haat hier nie net woorde gebly het nie. Die haat het in dade oorgevloei wat my verstand te bowe gaan, en het die eerste domino laat omval in een lang ry van haat. Ek is dus heel ontnugter oor hoe diep en wyd haat strek.

Ek het nog altyd geweet israel is nie hoog op die wêreld se ‘friend list’ nie. Mens kan dit nog altyd sien uit die bewoording van nuus onder andere. maar toe ek my Temple Mount storie gepubliseer het, was ek skielik ge-‘flood’ met haat vir Israel. Ek was onstel, maar het ook gedink die haat is meer blaf as byt. Nou weet ek dit is net byt.

Ek het wel een troos, as ek dit so kan noem, en dit is dat dit voorspel was om te wees. In die evangelies staan daar :Want nasie sal teen nasie in opstand kom, en koninkryk teen koninkryk. Broer sal broer aan die dood oorlewer, en ‘n vader sy kind. 

Die troos wat ek het is dat die Here geweet het dat dit is hoe die mensdom gaan maak, Hy is dus nie onkant betrap daardeur nie. Hy het ook gesê dat daar oorloë en gerugte van oorloë gaan wees. So ek probeer met daardie kennis my gees kalm maak.

Die haat is defbeslis ‘n rede dat ek wil opspring en iets doen. Ek word verskriklik die vieste vir alles wat ek sien en hoor.

Nog n montlike rede vir my ‘opspringerigheid’ is, dit is die Belooofde Land. Dit is nie sommer enige plek nie. Dis die land wat die Here aan Abraham, isak en Jacob belowe het. en ja, hulle het baie kere oor die jare heen afvallig geword. En die land is oor die eue heen afgebreek en opgebou. Oor en oor. maar dit is steeds Sy land. Ek wonder oor 2 dinge. Gaan Hy Sy land en mense, al is hulle sondig- soos die res van ons- red uit die hande van terroriste, of gaan Hy hierdie keer ook toelaat dat die land vernietig word soos in die verlede. Is hierdie die begin van die einde? Dis seker baie moontlik. As dit is, sal ons ons sokkies moet optrek, want die ware toets kom dan soos die evangelies sê in volharding. Wie volhard in die geloof sal gered word. Met al die haat wat ek die afgelope tyd gesien het, dink ek gaan volharding in die geloof nie maklik wees nie

Hierdie is my deurmekaar gedagtes, en ek wou net iets neerpen te midde van my ‘vrolike’ skribbels, want dit voel disrespekvol om te skryf oor goeie dinge te midde van soveel dood en ‘evil en om te maak asof niks fout is nie.

Hier is ‘n skakels wat meer lig werp oor die onderliggende situasie.

Follow me here