Tiberias, Galilea en Indiane

Met groot verligting, nadat die eerste bus sonder om te blik of te bloos by my verbygery het, sit ek op ‘n die bus oppad Tiberias toe. Tatta Nasaret. Meeste mense weet nie van Tiberias nie, maar as mens aan hulle noem dat mens na die See van Galilea toe gaan, dan weet hulle amper presies. As mens dan daarna van die Kinneret praat, die ander naam van die meer, dan is hulle weer verlore. Maar dit is waarheen ek toe oppad was daardie Vrydag voormiddag voordat die Shabbat die dag se verkeer tot stillstand sou bring.

Ek onthou nie veel van die pad nie want ek het my busstop paper dopgehou met ‘n valkoog sodat ek nie my stop sou mis nie. Elke keer wat die bus gestop het, het ek ‘n stop afgemerk en gehoop dat die bus nie ook soos die vorige een stoppe ‘skip’ nie, want dan sou my stop ‘somme’ nie lekker gewerk het nie.

Wat ek wel onthou was toe ons oor die rand kom kon mens kyk oor die waters doer onder wat toegevou is in heuwels.  (In my gedgtes het ek nooit heuwels om die See van Galilea gesien nie, dit was altyd plat, maar nou is my Bybelstories klaar meer 3D na my besoek)

By die bustop koop ek gou ‘n kaartjie vir die tog wat verby is, en baan my weg na die Tiberias hostel toe wat darm net af in die pad is. Na al my drama van die vorige dag, loop dinge hier soos stroop. Eerstens laat hulle my vroeg inboek, ek hoef dus nie my bagasie te stoor nie, en 2dens, toe ek my kamerdeur oopmaak, is niemand anders as my kamermaat van Nazareth se eerste  aand, hier ook my kamermaat. Wat ‘n aangename verrassing. Dit beteken dat ek vir die volgene paar dae ‘n reismaat het.

Die Yardenit Baptismal Site in die Jordaan

Nadat ons ‘n paar woorde in ons klein kamertjie gwissel het, besluit ons om te dobbel met die busstelsel op ‘n Vrydag. Ons wou ry na die Yardenit doopplek in die Jordaan, en hoop dat ons weer ‘n bus terug sou kry. Dit is darm net so 10km, so as ons sou moes terugstap omdat ons dobbelspel nie vrugte gewerp het nie, sou dit darm nie ‘n ‘train smash‘ gewees het nie.. Die besluit is geneem en ons stap toe na die busstop terwyl daar ‘n paar druppels reën al stomend op die teer val.

20 minute later klim ons af by die stop en stap die laaste entjie na die doopplek. Dit is bewolk maar warm. Hoë bome troon op na bo weerskante van die Jordaan. Warm watter kabbel af in die rivier terwyl kerkgroepe in wit doopgewade, hulle mense doop.

Ons aanskou in stilte die gebeure. Die water is heerlik, maar mens mag nie swem nie (dit sal super disrespekvol wees te verstane) en mens mag nie ingaan sonder die wit gewaad nie. Maar in die hitte van die dag, met die heerlike water kan mens nie anders as om te dink aan swem nie.

Anne was darm al ‘n dag in Tiberrias, en ‘n man by die hostel het vir haar 3 plekke genoem wat sy moet besoek, Rob Roy, n warm bron en ‘n gratis strand. Al 3 water aktiwiteite, en Rob Roy is net langs die Yardenit Dooparea. When in Rome…..

Tiberias Yardenit baptisml site
Mense word gedoop in die Jordaan. HIerdie groep het vir my geklink na Suid Amerikaners
Tibarias yardenit
Markus 1:9-11 in verskillende tale, tot in Afrikaans
Tiberias Yardenit
Die rigting waarin ons sou stap om lafenis in die rivier te gaan soek

Rob Roy

Rob Roy is ‘n plek waar mens kan kayak en is net anderkant die Yardenit dooparea. Ons het buiteom die dooparea geloop en die vreemdste goed gesien wat ek nooit sou dink ek in Israel sou sien nie. Die heiinglose hek is ‘normaal’, maar goeie gedorie!! Daar was Indiane en Tipis. Die Wille Weste was in Israel. Dit was loshande die vreemdste dinge wat ek in Israel gesien het.

Tiberias Rob Roy
Tiberias tipi at Rob Roy

Dan kom mens op n tipe sypaadjie af wat al langs die rivier afloop. Orals padlangs lê mense se sakke terwyl hulle plas in die rivier. Dit was dan ook ons plan. Ons het n ‘ongeanekseerde’ deel van die sypaadjie gekry om ons goed by neer te sit en toe in die lieflike warm water van die Jordaan gegaan. As ‘n reël swem nie waar ek nie my voete kan sien nie, maar hier het ek n uitsondering gemaak. Dit was immers die Jordaan, en die water was heerlik terwyl die lug stomend warm was van die 3 druppels wat geval het.

Dit was net een salige Vrydag middag. Mense het geplas, bootjies en eendjies het verbygedobber, en ek het geryf en geplas soos ‘n kind. Ek sou die res van die dag daar kon bly, maar ons wou nie besonders graag 10 km loop nadat ons so heerlik afgekoel en sorgvry was nie. Met ‘n kinderlike ‘ek wil nog bly en speel’ het ons ons weggeskeur van vrolikeheid by die rivier.

Oppad uit loop ons agter 2 ouens aan. Hulle het naby ons geswem. Wat vreemd was was dat die een, geklee in net in sy kortbroek en geen skoene nie, ewe ‘casualy’ gewapen was. Hy het aangekom by die rivier, sy geweer op die grond neergesit langs iemand, ingespring, ‘n draai of 3 geswem, en toe weer uitgeklim. Sy geweer gevat en ewe rustig weer teruggeloop het.

Spookdorp op ‘n Vrydagmiddag

By die busstop aangekom het ek my bedenkinge gehad van of daar wel ‘n bus sou kom. Die strate was verlate en doodstil. Gesien in die lig dat daar niemand was nie, het ek toe sommer maar my nat goed opgehang net dar in die straat. Daar het ‘n ou Skot by ons kom staan en gesels, hy sou die res van die aand heeltemal te vrolik raak, hy het seker maar ‘n ou Wiskey-kie ingemokkel. En so waar as vet sou ek hom weer raakloop by die Hostel in Haifa, maar ons het nie reismaats gespeel nie .

NIe ‘n mens of voertuig in sig nie

Maar na so 10 minute se wag en ongemaklike geselskap kom daar ‘n verwaalde bus verby en ons spring op.

Terug by die hostel het ek gou gekyk waar ek kan gaan kos koop, hopelik was daar nog ‘n kafee of ‘n ding oop, maar ek het die ‘finaliteit’ van toemaak op die rusdag onderskat. Die strate was leeg en stil en daar was nie eers ‘n kaffee op ‘n hoek oop nie. Al wat hierdie dag meer ‘Wille Weste’ sou maak, sou ‘n tolbos wees wat afrol in die doodstil leë strate.

Die Tiberias promonade

Nadat ek met leë hande moes terugkeer na my kossoektog, het ek besluit om vir ‘n wyle in die koete van die hostel uit te hang voordat ek verder sou verken. Toe die hitte genoeg kalmeer het is ek uit na die promonade.Dit is net ‘n klipgooi weg vn die Hostel af. Oppad soontoe loop mens deur ‘n klein opelug gallery in ‘n tuin.

Die promonade is een van die min plekke waar mens langs die meer kan stap omdat die meeste ander plekke ‘privaat strande is’. Ek dink dit kan ‘n heel aangename vrolike plek wees want orals is klein stalletjies en plekiekies, wat op daardie tydstip toe was. Ek kan my verbeel dat op nie-rusdae hardloop kinders al laggend rond, die gedruis van geselskap en die reuk van lekker dinge om te eet sal waarskynlik die lug vol hang terwyl allerhande gekleurde liggies saam met bougenvillas die lug inkleur. Maar op die Vrydagaand was dit doodstil.

Ek en myself het rondgeloop en oor die watervlaktes getuur totdat dit amper donker was en toe bedwaarts gekeer

Oppad n die Tiberias promonade
Oppad na die Tiberias promonade….
…..onderdeur oranje en groen…..
…….langs kuns verby….
…..wat eindig met wit bougenvillas….
…..langs ‘n skippie
Tiberias boot op die water
Tiberias promonade
Tiberias promonade see van galilea uitbeelding
Tiberias sonondergang
Tiberias skotse fort
Oppad terug het ek ‘n draai om een of ander Skotse Fort geloop
Tiberias Bougenvillas
Pienk en ornaje Bougenvillas in mekaar gevleg

‘Hoe toe’ van Tiberias

Ek het gebly in die Tiberias Hostel. Dit is baie gerieflik geleë, dis naby die hoof busstop en die promonade. Daar is elkgeval niks anders bekostigbaar daar nie. Dit is ook net om die draai van waar mens ‘n kar kan huur, maar die karhuurplek was ook ‘n onaangename ondervinding vir ‘n ander skribbel.

Om by Yardenit en Rob Roy uit te kom het ons gery vanaf die busstasie tot by die Bet Yerah Regional School gery. Daar is ‘n paar busse wat daar verby ry 23, 26, 28, Moovit maar voor die tyd om seker te maak. Van die stop af is dit net ‘n kort stappie tot by eerstens die Yardenit en 2dens Rob Roy se Indiane.

Sommer net ‘n Google kaart om te wys watter kant toe vanaf die bustop.
Tiberias
HIerdie kaart kry mens op die Tiberias Hostels se webwerf

En dan 2 vorige skribbels, die een oor Nasareth om te verstaan hoekom ek verlig was om in Tiberias aan te kom, en die een oor my ‘onheilige’ ervaring omdat sy ‘voorblad’ die mooi wit bougenvilla opgehad het.

Follow me here