Machne Yehuda mark, Upper room & David se graf

Na baaaaie kilometers se loop breek my laaste dag in Jerusalem aan. Oorspronklik het ek gedink om saam met die hostel se toergroep Bethlehem* toe te gaan vir die oggend, maar het toe daarteen besluit omdat ek klaar gesien het dat niks is soos dit was nie, so ek sou waarskynlik die ‘moderne’ stad gesien het, en tweedens wou ek nie komkommer om betyds terug te wees vir my bus Nasareth toe nie. Ek het dus nie gesien waar die herders op die ope velde was nie, maar dit was die regte besluit vir daardie dag en ek kon baie rustig, sonder enige gejaag vir oulaas deur die ou stad loop.

*Bethlehem is 8/9 km uit Jerusalem, maar weens die ‘drama’ stel mense voor dat jy as toeris nie alleen soontoe gaan nie,dis hoekom ek dan eerder met die hostel sou samgaan as om net by myself op ‘n bus te klim.

Teen daardie laaste dag was ek al gemaklik in Jerusalem want ek het die ou stad redelik verstaan, minder verdwaal en geweet waar ek wou wees. Ek was bietjie op my senuwees om daar weg te gaan en my weg te baan in ‘n nuwe stad. Om nie eers te noem dat ek tog asseblief net op die regte bus moes klim nie. (Met al my ander reise, was daar amper elke keer drama met die vervoer, ek het dus verwag dat dit daar geen verskil sou wees nie)

Maar voordat ek in ‘n hiperaktiewe, kompulsiewe kaartleser/train spotter verander, het ek nog vir oulaas rustig rondgeloop en souvinirs soek. Op my Jerusalem app is daar ‘n winkel voorstel waar jy in vrede kan loop en kyk sonder dat jy ‘harass‘ word deur die verkopers, soos by amper al die ander plekke in die ou stad.

Ek het net geloop en die vroeë oggend se stilte in die ou stad geniet, en tewyl ek wandel het ek net besef dat amper 5  dae nie genoeg is nie. Ek sal defbeslis weer wil terugkom en nog ‘n paar dinge wil doen, sien en beleef. Weet nie hoe toergroepe net ‘n dag hier kan spandeer nie.

Hulp aan ‘n toeris

Ek het my souvinirs gekry. En toe ek uitkom kry ‘n ou omie my padlangs. Hy beduie toe vir my iets en vat my hand en loop. Die vorige aand terwyl ek geëet het, het ‘n ander ou omie by my kom staan en vra hy wil graag met my gesels wanneer ek klaar geëet het. Hy het gesê hy gaan ‘n draai loop en wanneer hy terugkom het ek seker klaar geëet en dan kan ons gesels. Hierdie Afrika kind kry toe benoud en eet vining klaar en loop. Ek het na die tyd so sleg gevoel dat ek nie vir die ou oom tyd gemaak het nie, dat toe die nuwe ou oom my voorkeer die volgende more, ek besluit het om saam met hom te loop. Dalk was hy ook maar net eensaam.

Die ou omie met sy sakkie kos was eintlik verskriklik oulik al kon ons mekaar nie verstaan nie. Ek kom padlangs agter dat hy sien ek is ‘n toeris en dat hy aannneem dat ek verdwaal het na die Church of the Holy Sepulcher. Hy het my tot daar by die kerk gevat, gewys na die ingang, gegroet en met sy kierie en sakkie kruideniers verdwyn in ‘n ander rigting. Toe sit ek maar daar op die trap langs nog ‘n Jerusalem kat, en neem die laaste klanke en reuke van die ou stad in. Dit is die klank van mense wat roep en praat en verduidelik in alle tale, kerkklokke en minaretgeskal. Dit is die reuk van wierook en kruie, en op party plekke ongelukkig vullis en waterplasse.

Hiperaktiewe kompulsiewe kaartjie checker

En toe is dit sulke tyd. Tyd om te navigeer, en honderd keer seker te maak dat ek by die regte bus of kaartjie is. Nadat ek my pakasie opgetel het by die hostel, baan ek toe my weg na die busstasie. Toe ek by die verterekarea staan blyk dit dat die bus wat ek verstaan het 12 uur sou ry, eers 13:00 ry.(En ek was al 11 uur daar vir ingeval. Ingeval van enige iets., hiperaktief, kompulsief …koekoe). Maar ek was daar en was nie van plan om te beweeg van die plek af nie. eerstens, dis baie schlep met my bagasie, en waarheen sou ek elkgeval kon gaan?

En dan tweedens was ek mos bang ek mis iets en dat ek my bus sou verpas. Ek was dus vasgenaal voor die skerm met die busse wat vertrek op en het nie beweeg van daar af nie. Die TV bo die glasdeur het ek soos ‘n valk dopgehou vir ingeval die bus tog 12 uur sou ry.

Die busse verterk vanaf agter glasdeure. Bo elke glasdeur is daar ‘n TV met die nommers en tye van die volgende bus. Mens hoor hoe die glasdeur oopsluit en dan storm mense deur, en dan maak die deur weer toe. Ek kan nie regtig sien wat agter die glasdeure gebeur nie, maar ek wag maar my beurt af. So het 12 uur gekom en gegaan, en seker so ‘n halfuur voor 13:00 verskyn my busnommer op die TV. Toe weet ek vir die eerste keer dat ek darm op die regte plek is.

Ek wag in spanning dat die deur oopgaan, hulle wag amper tot op die minuut dat die bus vertrek om die deur oop te maak. Die deur gaan oop en ek sien dit lyk binne soos ‘n onderdak garage, donker behalwe vir die bus ligte. En my nommer is op die bus. Sovêr is ek op die regte plek. Ek klim in, en swipe my Rav Kav kaart, maar niks gebeur. Doen dit weer. Die skerm wys weer rooi en die bus drywer mompel en waai sy hand. Iemand agter my sê iets van ‘not working’. A wel. Ek gaan sit.

Die bus se deur maak toe. Hy ry agteruit, ‘n hele buslengte, en toe weer vorentoe en sit af. Sonder dat enige iemand iets gesê het, staan al die passasiers op, vat hulle bagasie en loop uit. Liewe ouers! Het ons deur ‘n ‘wormhole‘ gery en gearriveer aan die ander kant? Ek moes verskrik gelyk het want ‘n vrou stop langs my en verduidelik in gebroke engels dat ‘we wait for new bus’. As dit Afrika was, sou ons ure of dae gewag het vir ‘n nuwe bus. Nie in Israel nie. Dit was seker nie 5 minute nie toe stop die nuwe bus en kon ons inklim en ry. En toe  was dit die laaste sien van Jerusalem……tot volgende keer.

Laaste paar gedagtes oor Jerusalem

HIerdie onderste dinge was nie noodwendig op my laaste dag nie, maar dit het nêrens in die ander skribbels ingpas nie. So hier volg ‘n paar random ander dinge wat ek gesien en gedoen het.

Machne Yehuda mark

Machne Yehuda Mark

Die Machne mark is maklik te vinde met die ‘light rail’, dit was een stop weg van die hostel, en almal weet waar dit is. Ek was soontoe een middag. As jy wil eet, gaan soontoe. Daar is alle kos wat jy kan soek van die Beloofde Land. Vrugte, groente, vis, neute, olywe, ‘sweets’. Pragte vars produkte. Mens ruik net kos en speserye en hier en daar vis (wat dalk nie die beste reuk is wat rondhang nie). En daar is mense. Liewe ouers. Almal babbel in allerhande tale, oderhandel, smous.

Orals waar mens kyk, kry mens proesels halva (Die sesam saad pasta smaak dalk lekker, maar ek hou nie baie van die vetterigheid nie- dit is soos grondboontjie botter waarvan ek nie ‘n fan is nie), soetgoet, tee-erige goed (dit is gegeurde goed wat jy in tee of sap sit, dit is verskriklik lekker en ek sal warskynlik die goed opeet voordat dit naby my drankie kom).

Ek was daar om die knafeh te gaan soek. Dit is wat hulle ‘sweets’ noem maar ek, poeding. Na ‘n deurloop van al die stalletjies kry ek toe ‘n plek wat dit verkoop. Ek vra toe vir n blokkie. Hulle verkoop dit per gewig, en ek was uit my skoene geskok toe die gewig neerkom op 50 shekkels( (dit is R250!!!, vir ‘n blokkie poeding). Die soet kaas en deeg poeding het my noggal telleurgestel. Dit was te soet en ryk met ‘n weird nasmaak, en ek kon nie meer as ‘n paar happies op ‘n slag eet nie. Ek het dit oor die loop van 3 dae geêet. Ek het al hier is sonnige SA Mutabbaq geëet. Dit klink vir my soortgelyk aan knafeh, dit is filo en kaasgebak met ‘n stroop oor. Klink dalk snaaks maar dit is diep lekker. Ek het so iets verwag, maar nie gekry nie.

Ek het by een van die stalletjies vrugte gekoop. Hulle vrugte was baie lekker en nie suur of hard soos by ons winkels nie. Hierdie is seker vars van die plaas, net op die regte tyd gepluk.

Al is hulle kosse mooi, sal ek 2 keer dink om daar te koop omdat ek duiwe sien sit het bo op die kos, en mense loop verby en voel aan alles en sit dit dan weer terug. Ek het gesien hoe 2 vrouens van daardie ronde plat brode optel, dit bevoel en draai, en te lig bevind het, dit toe teruggesit en verder geloop het. Niemand het ‘n oog geknip nie, dit is seker normaal.

Machne
Allerhande ‘poedings’ wat hulle ‘sweets’ noem
Machne knafeh
Hierdie blokkie knafeh het my 3 dae gehou
Machne olywe
Olywe enige iemand?
Machen halva
Halva Koeke

Winkels

Die dag voor die Masada stappery het ek ‘n winkel gaan soek omdat ons te vroeg sou ry vir ontbyt en omdat daar nie winkels is waar ons sou wees nie. En elkgevl, winkels in ander lande fassineer my omdat ek hou daarvan om te sien wat in ander plekke aangaan, ek sou du elkgeval een gaan soek het net om te ‘window shop‘. Ek is daar in by ‘n klein winkeltjie (ek kon nêrens ‘n groot een kry nie, come to think off it, in geen van die lande waar ek al was kon ek ‘n ordentlike ‘Pick n Pay’ of ‘C’heckers’ tipe winkel kry nie, dit is altyd sulke kafee-erige plekkies).

Ek loop deur die rakke, en dis nie lank nie, toe voel ek heel verward, vir 2 redes. Een, alles is hond duur. Ek het dit nie verwag nie. By al die ander plekke waar ek al was, was dit relatief goedkoop om by ‘n winkel te koop. Nie in Israel nie. Al was die wiselkoers baie gunstig, was die pryse nie. (2minute nudels het R70 gekos)

En twee, ek het nie ‘n cooking clue wat enige van die produkte is nie, want alles is in Hebreus geskryf. So byvoorbeeld, al kan mens by ander lande, wat ons alfabet gebruik, ‘yogurt’ uitken, want dit word op een of ander variasie van die woord geskryf. Hebreus is geen variasie van ons letters nie. So alles was Grieks by wyse van spreke.

Ek het voor die koelrak gestaan en yogurt gesoek. Nou is daar klomp verskillende bakkies wat kan yogurt wees, maar met die prysverskil kan dit nie alles yogurt wees nie. Ek dink dalk was van dit dalk botter, of room of smeerkaas. Of dalk iets heeltemal anders wat ek glad nie weet bestaan nie. En ek wil nie ‘n houer vat en dan is dit dalk botter in plaas van yogurt nie. Ek het lank op en af geloop om te probeer uitfigure wat wat is, maar het op die einde besluit om dit ‘n mis te gee, die goed was te duur om ‘n kans te vat met watookal dit was.

By die chip rak het ek op en af geloop en Bamba gesoek. Dit is blykbaar een van daardie tipiese Israeli dinge om te probeer. Gelukkig het ek geweet hoe dit lyk (en dis relatief maklik gespel met my beperkte kennis van die letters). Daar het ek ook sommer koekies gevat want ek kon die prentjies uitmaak, en ‘n bottel koeldrank met ‘n prentjie van ‘n lemoen  op. So my aankope het bestaan uit goed wat prentjies opgehad het.

Toe ek terug by die hostel kom het ek alles oopgeskeur en beproe (al ws dit veronderstel om eers die volgende dag se kos te wees.) Hier is die verdict:

Die Bamba lyk en voel soos ‘n kaaskrul, maar proe honderd present soos grondboontjie botter. Nie my gunsteling ding nie. Omdat die Bamba soortvan ‘n stapel voedsel is, het hulle blykbaar die laagste grondboontjie allergie in die wêreld. So hulle maak kinders groot wat ‘immuun’ is teen grondboon anafalakse.

Dan was daar koekie goed met aarbei in, wat lekker was, en die lemoen koeldrank het nie eintlik soos lemoen geproe nie. Dit was maar soos die geel Jannie- verjaar-rooi koeldrank.

Die opelug Mamilla Mall en dinge buite die stadsmure

Van die hostel af het ek altyd of verby of deur die opelug sentrum gestap na die Ou Stad toe. Dit lyk noggal fancy pants, so ek het nie by die winkels ingegaan nie. Buite die winkels is die opelug mall, ook ‘n opelug gallery. Daar staan kunsstukke rond wat mens kan koop.

Die son sak oor Jerusalem met die opelug sentrum hier voor en die Jaffa hek van die ou stad agter my
Kunsstukke wat te koop is

Van daar af het ek probeer om verskillende variasies van roetes heen en weer te stap en hierdie is die interessanthede wat ek dan raakgeloop het in my daaglikse heen en weer tussen die hostel en die Ou Stad. Niks van hierdie is iets wat ‘Jerusalem’ skreeu nie, so ek was aangenaam verras.

Ek het op een van hierdie 👆bankies gesit en hierdie👇 geëet toe die ou oom met my wou gesels.
Ek is doodseker hierdie is waar ‘n gedeelte van die HaBracha video verfilm is, Daar links voor is die klavier.

David se graf en die Upper room

Wanneer mens by die Zion Gate uitloop, reguit aan, kom mens by die bo-vertrek uit wat moontlik die een was van die laaste avondmaal. Dit was ongelukkig toe toe ek daar was. Net ‘n ent verder aan is waar moontlik David se graf is. Wanneer mens ingaan is die vertek in 2 verdeel, een kant vir die vroue en een vir die mans. Hier sit elkeen in sy eie kant en bid en lees. Voor, verdeel in 2 deur die afskorting is ‘n sarkofaag  wat David s’n voorstel, maar daar is niks in nie. Ek was net vining hier in en uit omdat dit disrespekvol voel om rond te snuffel terwyl mens daar bid en dienste hou.

Ek het nie hierdie geneem nie, maar daar sien mens die halvering vir mans een kant en vroue aan die ander.

Op die pad kry mens nog ‘n haulocaust museum wat net soms oop is, Hierdie is die mooi, dog tragiese beeld wat buite staan

Die ‘Cardo’

En dan dink ek het ek alles gewys behalwe die Cardo wat blykbaar die oorspronklike ingang/deurgang van die stad was. mens kry dit in die Joodse kwart van die ou stad

Die kolomme was die deurgang van ouds, Die markte was weerskante van die deurgang gewees. Hier is ‘n paar ou kaarte uitgebeeld en en daar is ‘n prent teen die muur geverf wat aandui hoe dit kon gelyk het. Maar dit het my grensloos geÏrriteer omdat dit nie in lyn met die pilare geverf is nie. Dit is vir my soos ‘n skildery wat skeef hang. Ek wil dit net gaan reguit maak. Van hier af stap mens deur ‘n ‘modern’ gang ook met winkels weerskante.

Cardo
Die cardo van bo af
‘n Baie bekende ou kaart van Jerusalem wat die cardo uitbeeld daar in die middel
Die prent teen die muur wat se pilare nie in lyn is met die regte pilare nie, ek wens ek kon die prent ‘n paar meter na regs skuif…..
HIerdie kieter was in die moderne gang weg van die cardo

En nog katte in die ou stad….daar was heeltemal te veel

Hierdie moes iemand se troeteldier gewees het want sy was heeltemal te skoon en ‘upstairs’
Sekondes na hierdie foto, het die kat gespring vir sy Kentucky, en het die man wie se voël dit is het amper die kat se kop met die stoel afgeslaan, al wat hom gekeer het was toe hy sien dat my oê amper uitgepeul het.

En dit was seker al die groot goed van Jerusalem. Mens kort nog ‘n paar dae daar. Baie goed moet weer gesien word, en daar is nog ‘n hordes goed waarby ek nie uitgekom het nie. maar die tyd was beperk en ek was aan na my volgende nuwe plek, Nasareth. Nasareth en Napels, ek wonder of die “N‘ ding in my reise iets beteken want toe ek voet aan wal sit daar was my heel eerste gedagte,:’Agge nee, hieride plek is net soos Napels.……’

Hoe toe

Daar is nie veel om te ‘hoe toe’ nie aangesien meeste van hierdie plekke net padlangs was. My beste raad hier is maar net om te loop en kyk wat te siene is. Hier is wel ‘n baie af-skaal kaart wat net min of meer wys die rigting waarin alles hierbo is.Alles na Links bo is rondom of langs Jaffa straat, en alles ondertoe is uit by dei Zion Gate En dan soos altyd onder dit, gaan skakels wees na ou stories. As jy wil weet vooruit hoe die Nazareth skribbel gaan lyk, lees solank die Naples & Mobsters skribbel hieronder. Ek sit ook in ‘n skakel van hoe vervoer in ‘n vreemde land my al gevoengvaai het

HIerdie is een van my ‘vervoer misshaps’ toe die trein in 2 gesplit het en ek in die verkeerde kant daarvan was……
Masada
Follow me here