Die Israel Museum, boekrolle en die codex

En toe was ek oppad na die Israel Museum en die ‘Shrine of the Book’ om die ‘Dead Sea scrolls’ en die  Aleppo Codex te gaan sien.

Na Yad Vashem het ek die gemoed beter probeer loop na die ‘light rail‘ stasie. Die mooi natuur oppad het die ding gedoen en toe k weer sien is ek by die stasie. Google het gesê ek moet op bus so-en -so klim en ry tot by die museum. Ek het geloop na elke busstop wat ek kon sien rondom die Mount Herzl stasie, maar kon nêrens die regte nommer bus kry nie. So die volgende plan was om met die ‘rail’ te ry tot by die volgende stasie en daar die bus te gaan soek. So gemaak, Nie gehelp nie.

Toe ek afklim by die stasie sien ek oral in die omgewing busstoppe. Dit het ‘n ewigheid gevat om almal na te loop en die busnommer te soek. Mens moet oor ‘n hordes voetoorgange stap. Wag vir die groen lig om vir die dapper stappers te sê ‘loop maar’. Want daar mag mens nie net oor die pad stap soos hier by ons nie.

Opsoek na die Israel museum
Op my soek na die regte bus het ek skielik gesien hoe baie minion volstruise in die stad is.

Nadat ek al die busstoppe bekyk het, kon ek nie een kry met die nommer wat ek gesoek het nie nie. Die volgende plan was toe maar om terug te gaan hostel toe en vir hulle hulp te vra. Wat hulle toe ook gedoen het. En so waar as vet, daar stop reg voor die hostel ‘n bus wat na die Israel Museum toe ry. Score!! Ek hoef nêrens heen te loop en soek en verdwaal nie.

Die Israel Museum

Die bus ry toe deur die dorp. Dis baie bedrywig. Mense en karre oral. En ek kry ‘n hele ander prentjie van Jerusalem as wat ek tot dusvêr gekry het. By die busstop is skielik stil wat mens en voertuig aanbetref. mens is so bietjie uit die chaos van daaglikse lewe hier. Die stop is ook reg oorkant die museum (En ook oorkant Bible Lands en die Knesset/parlementsgebou).

So kom ek toe Sondagmiddag, effens later as wat die plan was by die Israel Museum aan. Die geluk by die ongeluk van die soekery na die regte bus, het daarin gelê dat teen die tyd wat ek by die museum aangekom het, was ek net betyds vir die middag toer na die ‘Shrine of the Book’. Ek het nie eers geweet hulle doen toere nie.. Wonderlik.

‘n Britse Tannie in helder pienk kom haal ons handjievol mense net na 2 uur en vat ons uit. Eerstens na die replika van Jerusalem gedurende die tyd van die 2de tempel. Hierdie is die eerste kyk wat ek kry van hoe die regte ou stad gelyk het. Die is ‘n baie groot replika, en wat meer is, hierdie miniatuur Jerusalem het eers op ‘n heel ander perseel gestaan, en is toe stuk vir stuk oorgedra na die museumgronde en oorgebou.

Israel museum boom skuptuur
‘n Ysterboom op die gronde oppad na die Klein Jerusalem en die Schrine of tte Book.
Jerusalem in die kleine. alhoewel ‘klein’ ‘n relatiewe term is in hierdie geval.
Israel museum Jerusalem replica
Die Tannie in Pienk, die Klein Jerusalem en doer agter steek die wit van die Shrine of the Book uit.
Die tweede tempel
Uitsig vanaf die ‘klein Jerusalem’ oor die ‘groot Jerusalem’

‘Shrine of the Book’

Nadat ons die ou Stad bewonder het, vat die Tannie in Pienk ons na die plek wat ek gekom het om te sien. Die ‘Shrine of the Book‘. Die ‘Shrine’ het ‘n baie vreemde ontwerp en as ek die toer tannie misgeloop het sou ek nooit geweet het hoekom dit so ‘n vreemde vorm het nie. Sy vertel ons dit is so gebou om te lyk soos die bokant van die klei potte waarin die ‘Dead Sea Scrolls‘ gevind is. Binne, van ‘n afstand lyk dit soos ‘n baie groot boekrol.

HIerdie is nie my foto nie. Dit is hoe die binnekant lyk, soos ‘n groot boekrol
Israel museum Shrine of the book
Hierdie is Danny the Digger se foto, dit is die middel van dei groot ‘boekrol’ van dei boonste foto.

Voor ons ingaan word ons aangesê om nie fotos te neem nie (Dit is hoekom ek iemand anders se fotos moes Googeleer). Groot was my telleurstelling toe ons binne kom en sy sê dat dit wat daar uitggestal word nie die regte items is nie. Toe wonder ek maar net hoekom ons dan nie mag fotos neem nie.🤔

Maar as die Tannie in Pienk niks gesê het nie sou ek geglo het dit is die regte goed. Dis redelik donker en klimaatbeheerd daarbinne. En die uitstallings lyk soos regte velle wat aanmekaar gestik is soos dit waarskynlik sou kon lyklyk. Dit is nou die Dooie See Boekrolle. Dit is moontlik die oudste gedateerde boeke van die Bybel wat gevind is. Hierdie boekrolle dateer terug na di tyd van dei 2de tempel en is na die 2de wêreldoorlog gevind by Qumran by die Dooie See.

Die Aleppo Codex

Mens spiral af met ‘n donker trap om die ‘middel van die boekrol’ na waar die Aleppo Codex of die ‘Crown of Aleppo‘oop lê. Of eerder die namaaksel lê daar oop. Anders as die boekrolle, was hierdie in boekvorm gewees. Hierdie ‘Bybel’ was gebruik om ander ou Bybelse geskrifte beter te verstaan. Dit kon gedoen word omdat klinkers aangedui word in die Codex, wat nie in ander Hebreuse geskrifte voorkom nie. Die verduideliking  is eintlik meer moeilik , maar as mens gaan kyk na hoe die Hebreuwse alfabet lyk, met sy gebrek aan klinkers, is dit verstaanbaar dat its wat aandui watter klinkers gebruik word, baie behulpasaam is.

Ek kan nie help om ‘n voorbeeld te probeer verduidelik nie. Met dit wat ek geleer het,kan דוד klomp verskillende betekenisse hê afhangde van waar die klinkers en die ‘v’ moet inkom. HIer is 2 van 3 woorde wat דוד kan wees. As mens iets kry wat aandui waar die klinkers moet inkom soos hierdie דָּוִד, dan verstaan mens die woord. In hierdie geval Daveed (Soos hulle dit uitspreek, soos ons dit uitspreek David).דּוֹד. Indien ander klinkers aangedui word staan daar ‘dod’ en nie Daveed nie.(vergroot die skrif dan sal jy sien daar is verskillende tekens by die letters aangebring wat dui op klinkers). So dit is waarmee die Codex help, om woorde reg te verstaan omdat dit die klinkers aandui.

HIerdie is sommer ‘n foto van Wikipedia omdat ons nie mag fotos geneem het nie. Al die kolletjies en strepies dui die klinkers aan. Dit kom nie as ‘n reël in enige geskrewe Hebreus voor nie. Al waar dit eintlik is is in skoolkinders se boeke wanneer hulle begin lees, maar sodra hulle die woordkunstruksie verstaan val dit weg..

Hierdie boek, as ons dit so kan noem het ‘n lang geskiedenis. Mense het dit probeer wegsteek en vernietig oor die jare heen. En dit is ook die rede hoekom beide hierdie geskrifte nie werklik uitgestal word nie. Dit het onskatbare waarde vir die geloof. Daar word gereken dat indien dit weg of vernietig sou raak, gaan mense sê dat daar geen manier is om Bybel se geskiedenis as waar te beskryf ne omdat daar nie ‘n outoritêre bron is nie om na te verwys nie.

So iewers, miskien op die gronde van die Museum, word die regte weergawes gebêre. Ek het noggal gevra maar die Tannie in Pienke het net geglimlag en aanbeweg met ‘n ander storie. Sy het wel gesê dat sommige van die uitgestalde stukkies, deel van werklikes is. Dit word aanmekaar verander en uitgeruil sodat die egte dele nie verniel nie. Maar die ‘untrained eye‘ sal nie weet watter is regtig en watter is nie.

Die res van die Israel Museum

Ek was bly vir daardie Britse Pienk Tannie se toer, want sonder dit sou ek die Jerusalem replika gemis het want ek sou net gehol het na die ‘boeke’. Ek sou ook nie geweet het hoekom die gebou so vreemd is, of dat die boeke nie die regtes was nie. Maar dis al at sy ons gaan wys het. Die res van die 17de grootste museum in die wêreld moes ek self gaan verken. Hulle gee vir mens ‘n ‘audio guide’ , maar myne het nie gewerk nie, en odat die tyd min was voor toemaaktyd het ek bessluit om eerder net te kyk wt te kyke was, en die luister te los vir miskien ‘n ander keer.

Omdat die Museum so groot is, was ek nie seker wat om met my oorblywende uur te doen nie. Die vrou by die ingang het gesê dat ek moet gaan kyk na die Dooie See kuns. Hierdie was net ‘n tydelike uitstalling waat na sy einde toe gestaan het.. Dis toe waarheen ek gemik het by gebrek aan ‘n beter plan.

Een van die goed wat ek oppad daarheen sien was ‘n groot appestronk. Ek het ‘n storieboek gelees waarin die vrou beskryf dat die stonk daar staan terwyl die akie in die storie voortgesnel het. Ek was noggal aangenaam verras dat die appelstronk regtig daar is. Dit beteken dat sy haar huiswerk gedoen het voor sy geskryf het, en ek kon dus aanvaar dat die res van die beskrywings seker ook relatief korrek sou wees. Dis ook in dieselfde boek waar ek die eerste keer van die Aleppo Codex gehoor het. As ek nie die storie gelees het nie, sou ek nie geweet ht vn die Codex nie, en ek sou dus nie geweet het om daarvoor te gaan soek nie.

Appelstronk op die gronde van die Israel museum

Die dooie See uitstalling en die Jungle Book

Binne in die gebou kry ek toe die ‘kuns’ van die Dooie See. Die hoofuitstalling van hierdie soutige gedeelte was ‘n rok. Die rok was swart om mee te begin. Dit is in die Dooie See gedompel vir maande en met tussenposes afgeneem. Die rok het met tyd saam verkleur van swart na wit. Op die einde was dit ‘n soliede wit kristal. Daar was ook heelwat nder dinge, onder ander speelgoed wat in die water gelos is, uitgehaal is en uitgestal word. Dit was vir my ‘n bietjie grillerig.

HIerdie kom uit ‘n Times of Israel berig. Die vertrek waarin hierdie was was vol fotos van hoe die verandering gebeur het.
Israel Museum Dead sea exhibition doll
HIerdie was een van die grillerige poppies wat uit die Dooie See gekom het.

In hierdie gebou was daar ook ‘Jungle book revisited’ . Dit wat ek daar gesien het het niks te make met die Jungle Book wat ons ken nie. Daar was allerhande dooie diere uitgestal en fotos van dooie diere in vreemde posises. Dit is glad nie my tipe ding nie. Die uitstalling was ook net tydelik.

Ek het n bietjie rondgesnuffel by argeologie, maar is flugtig daardeur om my bus terug te vang hostel toe.

Adam in die tuin van die Israel museum
Hierdie is Adam

Laaste deel van die dag

Na die terugtog in spitsverkeer – en verkeer is verskriklik hier, en ek het nog nooit so ‘n toeter koor gehoor soos op die strate van Jerusalem nie, dis asof die voertuig nie kan ry as die toeter nie gedruk word nie- is ek terug by die voordeur van die hostel.

Ek kon ‘n vinnigge, slegste koffie van my lewe maak in die kombuis, ‘n draai stap, en toe weer uithol om betyds te wees vir die ligvertoning by die Stad van David. Oppad soontoe is ek deur die Joodse gebied, het in die dalende skemer langs die Klaagmuur gestaan. Daarna het ek die dag afgesluit met die Halleluja Nighshow in die Stad van David en kon sien hoe die volmaan oor Jerusalem opkom. Dieselfde maan, wat almal deur die eue heen oor dieselfde heuwels sien opkom het.

My eerste Sondag in die Beloofde Land was ‘n vol een. Dit het die oggend vroeg begin by die Temple Mount. daarna deur Mount Herzl verdwaal en amper gehuil by Yad Vashem*. Ek kon weer nie my weg vind nie en moes gaan hulp vra by die blyplek om die Israel museum te gaan kry en het die aand afgesluit met n ligvertoning en die volmaan wat opkom oor die Stad van David.

*Dit is verskriklik dat ek daar gestaan en dink het hoe ‘evil’ een mens teenoor ‘n ander kan wees, net om nou, na die naweek se aanval van 7 Oktober 2023, meer ontnugter te staan dat mense steeds so kan optre teenoor ander, en wat erger is, is dat mense dit openlik goedkeur en aanmoedig..


Hoe toe van die Israel Museum

Eerstens moet mens seker maak wat hulle tye is. Die tye verskil baie, maar dit lyk darm of hulle elke dag oop is, maar mens moet seker maak van die oop en die toe. Hier is hulle webwerf vir die tye.

Tweedens moet mens daar uitkom. Bus nommer 7, 9, 14, 35 en 66 (as ek dit nie mis het nie het ek met 97 gerry, maar ek sal nie daarop wed nie) gaan na die busstope om die Israel museum. Die stoppe al om die museum se name is :Israel museum/Wise, Israel Museum/Ruppin (dis die een wat ek gebruik het) en Ruppin/Kaplan.

Daar gekom, gaan jy 54 Sheckels betaal vir ingang, en met vooraf beplanning kan mens inval by ‘n toerrgoep.

Hierdie is sommer net ‘n Google screenshot om mens te orienteer.

                    


PS

Terwyl ek hierdie skryf is dit al 5 dae in die oorlog in wat Saterdag 7 Oktober uitgebreek het nadat terroriste die land ingeval het. Dit voel vir my simpel om te skribbel oor die dinge wat ek gesien het terwyl ek sien wat nou alles daar gebeur. Ek voel asof ek net uit my stoel wil opspring en daar gaan help.

Ek is ontnugter deur die haat en die trots wat die terroriste, en sekere mense wêldwyd het aangaande die aanvalle en marteling en doodslag. Dit skep ‘n heel ander prentjie in my kop van waar daar gekryf staan ‘nasie sal teen nasie staan, broer teen broer‘. Die haat teenoor Israel en sy mense is iets wat net uit die bose kan kom, en ek is ontnugter tot in my siel daaroor. Maar in die woorde van een van my gunsteling liedjies Zion en die Psalms:  ‘We will pray for the peace’. En in hierdie geveg kan ons almal se hulp letterlik net van die Here kom wat hemel en aarde gemaak en wat die land van Israel vir sy mense uitgesonder het.


En dan soos altyd, ou stories hieronder👇

Follow me here