Temple Mount & Western Wall

Hier is die mespunt waarop vrede rus of deurboor gaan word. Die Temple Mount is ‘n moeilike plek om te beskryf. As dit net gegaan het oor hoe dit daar lyk, was dit maklik. Maar die plek word gevorm deur die geskiedenis, die hede en die toekoms. Dit wat was word betwis. Wat is, maak almal aan alby kante van die saak, rooi om die kiewe. Dit wat gaan wees probeer party keer terwyl ander uitsien daarna.

Die Klaagmuur en die besoek aan die Temple Mount

Die Klaagmuur en die Temple Mount is onafskeidbaar. Letterlik. Die Klaagmuur is die oorblyfsel van die ‘retaining wall’ van die Israeliete se Tempel van ouds. Dit was egter nie deel van die Tempel self nie. Vandag is hierdie muur die ‘Retaining Wall’ van die Temple Mount. Hier staan Joods en Islam letterlik teen mekaar.

En hieruit spruit die konflik. Islam het die ‘mount’ as hulle eie geeien, en al wat vir die Jode oorgebly het is hierdie stuk van die muur. Dit is die naaste wat hulle vandag kan kom, en mag bid aan die heiligdom van ouds.

Al moet ‘n mens deur ‘mettal detectors’ gaan na die Western wall Plaza, is dit 24 uur oop vir enige een wat wil ingaan. Dit is egter ne die geval met die Temple Mount nie.

Temple Mount & western wall
Hier voor in die middel is die Western Wall, en agter dit is die Tempel Mount met die Dome of the Rock links en Al Aqsa regs. Hier regs voor kronkel die hout ‘duisendpoot‘ op na die ingang.

Besoek aan die Temple Mount

Dit is nie so eenvoudig om hier in te gaan soos by die Western Wall Plaza nie. Moslems mag enige tyd ingaan en by enige ingang. Die res van die mensdom mag net op seker tye, en by een hek ingaan. Dit kos dus ‘n bietjie beplanning om daar besoek te gaan aflê.

My besoek het gebeur op my tweede dag in die Beloofde Land wat ‘n Sondag was, maar hulle eerste dag van die week. So Ons Maandag/eerste dag. (Dit is hoekom my kop deurmekaar was en ek my Masada uitstappie gemis het ). Elkgeval, Sondagoggend was ek vroeg in die ry om hierdie diep betwiste, mooi gekoepelde landmerk te gaan aanskou. 

Net ‘n bietjie agtergrond

Die Moslems en die Jode (en ook Christene ‘by extension‘) sien hierdie area wat opgevul was en nou weer is, as heilige grond. Omdat hierdie gebied beide Tempels van die Israeliete gehuisves het, sien die Jode dit steeds as Heilige grond. En omdat Jode verbied word om daar te bid, staan hulle by die Western Wall en aanbid. Dit word as ‘n opelug sinagoge gesien en mans en vrou aanbid appart.

Die Klaagmuur was nie deel van die Israelitiese Tempel self nie. Wat hier gebeur het omdat hierdie area beheuwel is, het hulle doerityd besluit om ‘n muur te bou, dit op te vul met alles en nogwat om sodoende die opprvlak gelyk op te vul, en toe die Tempel bo-op die gelyk vlakte te bou. Toe die Tempel weer afgebreek is het hierdie gedeelte van die muur wat deel was van die ‘retaining wall’ oorgebly. Mens kan sien na gelang van die verskillende stene wat gebruik is in die muur, hoe daar oor verskillende tye deur verskillende mense gebou is. Die grootste deel van die oorspronklike muur is onder grondvlak. Mens kan dit besoek. ek het net nie daar uitgekom nie.

Temple mount & Western Wall
Die Klaagmuur, en die ding wat lyk soos ‘n duisenpoot, is die ‘ramp’ wat die nie-Moslems invat na die Temple Mount lei.

Behalwe die tempels, is ‘n ander aanspraak dat Abraham amper hier vir Isak geoffer het. (Ek was dus by 2 plekke wat hierop aanspraak maak, die ander een is by die kerk met die Blou koepel).

Die Moslems sien hierdie as die plek waar Mohammed opgevaar het na die hemel en waar hy sy voetspoor gelos het op die rots toe hy dit gedoen het. Hulle het die reg gekry om hierdie area in besit te neem en daarom mag nie-Moslems nie sommer net daar ingaan nie. Daar word ook nie toegelaat om argeologie te beoefen nie. Al is die waarde van verborge dinge in daardie opgevulde heuwel van onskatbare waarde, moet dit ongelukkig onontdek bly.

Hier is twee videos wat die situasie beter verduidelik uit die oogpunt van ‘n toergids en ‘n aktivis.

En toe is ek daar in

Behalwe dat mens net sekere tye mag ingaan, mag mens niks by jou hê wat dui op ‘n ander geloof as Islam nie. So as jy ‘n hangertjie dra met ‘n kruis, mag jy nie in nie. As jy iets het wat lyk soos ‘n Bybel, gaan jy ook voor dooiemansdeur te staan kom. Die ‘mettal detectors‘ het darm nie vir my geskree nie, so ek kon met die ‘duisendpoot ramp‘ ingaan. Mens kry ‘n baie mooi uitsig oor die Klaagmuur. Ek wou daarvan ‘n foto neem wanneer ek terugkom, maar ek het nie geweet dat ek nie weer daar mag uit nie. So my mooi uitsig foto het toe nooit gebeur nie.

Al-Aqsa & Dome of the Rock

Binne in die Temple Mount gekom is daar voor regs die al-Aqsa Moskee. Dis maar ‘n vaal gebou as mens dit vergelyk met die Dome of the Rock aan die linker kant.

Al Aqsa van buite die mure van die ou stad
Temple mount al aqsa
Al Aqsa agter en oorblysels van ‘times gone by’
Reiniginsfontein aan die voorkant van Al Aqsa

Ek stem nie saam met hoe die Temple Mount bestuur word nie. Dit is nie reg dat een geloof en herkoms ander verdryf op ‘n plek wat vir almal heilig is nie. ‘Having said that’ , het ek die Dome of the Rock as ‘n gebou bewonder. Dit is indrukwekkend. Die skakerings van blou is mosaiek. Derduisende klein teeltjes bedek die buitekant van die gebou. Dan is daar die ikoniese goue koepel wat oor die gebou span. Die Dome of the Rock is gebou oor die klip waar Mohammed se voetafdruk blykbaar agtergebly het.

In ‘n baie rare oomblik toe daar lank terug nie-Moslems in die Dome toegelaat was, het hulle opgmerk dat daar merke in die klip is wat ooreenstem met die Verbodsark se mates ( 1 & 2),. Ander ‘landmerke’ stem ook ooreen met die mates wat die Tempel sou wees. Met die verbod op ageologie, is hierdie egter die enigste bewyse dat hierdie wel die plek was waar die Tempels gestaan het.

Dome of th rock on temple mount
Hierdie het ek gesien by die Tower of David, waar hulle wys hoe dit moontlik binne lyk omdat mens nie daar mag ingaan nie.
Bome binne die grondgebied. Om te dink die hele stuk onder hierdie area is alles opgevul tot waar dit vandag staan.

Ek het al om die gebou geloop en die vakmanskap waardeer al waardeer ek nie die situasie nie. Dit was amper soos toe ek by die Roman Forum was. Ek het daardeur geloop en gedink, die Romeine was aaklige mense en slawe het daardie plek gebou, maar dit moes ‘n belewenis gewees het om dit te kon sien in al sy glorie. Dit is maar ‘n morele dilemma.

Al om die rondte

Elkgeval. Ek is toe tot by die muur van die Temple Mount, die muur heel Oos. Daar was ek toe aan die binnekant van die buitekant waar om ek geloop het. Terwyl ek so loop hou ek my mede verkennaars dop. Die Jode wat daar is loop kaalvoet omdat hulle die area steeds as heilige grond beskou. Hulle sal agteruitloop en as die polisie hulle nie sien nie, dan probeer hulle ‘n gebed inkry. (Ek het ook Jode gesien agteruit loop, weg van die Klaagmuur af, ek is nie seker hoekom nie).Die Moslems wat ek daar binne gesien het het baie nors en geirriteerd gelyk en van hulle het toeriste geskel. Dan het ek my vinnig uit die voete gemaak, ek wou nie deel wees van ‘n internsionale insident nie.

Die belangrikste hek in die muur van Jerusalem

Met my loperey kom ek toe by die binnekant van die toegeboude Mercy of Golden Gate. Hierdie hek hou belangrike betekenis in vir al die gelowe wat hierdie as heilige grond sien. die Jode glo dat die Verlosser deur hierdie hek sal inkom soos voorspel is in die Ou Testament. Die Christene glo dat Jesus klaar deur hierdie hek in Jerusalem ingeloop het, en weer deur hierdie hek sal inkom wanneer Hy weer kom. Die Moslems glo hier is ‘n belangrike landmerk vir die laaste oordeel. So tot ‘n mate stem almal saam

Nou kom mens by hoekom hierdie hek toegebou is. dit is blykaar toegebou om the keer dat die Verlosser daardeur die stad sal inkom. Dit het ook verband met hoekom daar ‘n Moslem begraafplaas aan die anderkant van die muur is. Want vollgens die Joodse geloof is dooies onrein en sal iemand van Joodse herkoms nie daardeur na die hek mag stap nie. Dit is dus ‘n poging om te keer dat die Joodse en Christen Verlosser hierdeur inkom. ‘Good luck with that‘.

Maak nie saak wat wie glo nie, hierdie is elkgeval nie die oorspronklike hek waardeur Jesus die stad ingekom het nie. Die huidige hek is bo-op die ou een gebou, weereens as gevolg van al die afbreek en opbouery deur die jare heen. Aan die binnekant van die hek is daar ‘n Moskee gebou en ook hier mag ek nie ingaan nie..

Ek het tot amper op die Noord-Oos hoek geloop, en stadig begin terugloop. Reg oorkant die Dome of the Rock, onder een van die ‘Arches’ het ek gaan sit op die trap toe ek ‘n kieter gewaar. Dit was een van die goedsversorgde katte wat ek tot op daardie punt raakgeloop het. En so vriendelik. Toe ek gaan sit, toe spring die ou al purrend op my skoot. Ek en die Dassie het bietjie vrytjes gemaak met Garfield, en toe stap ek terug na waar ek ingekom het.

Fluit fluit

Toe ek die katte en die dassie klaar gekuier het was besoektyd amper om. Ek baan toe my weg na die ‘duisendpoot’ en net voor ek daar kon uit, spring daar ‘n polisieman in ‘full riot gear’ voor my in en sê dat ek op ‘n ander plek moet uitgaan. Toe loop ek maar aan die binnekant op tot by die eerste opening en kom uit in ‘alley’ in die ou stad. Hierdie ander ingange na die Temple Mount is soos ‘one way valves‘, Jy wat nie ‘n Moslem is nie, mag net daar uit, nie in. Ek wonder wat gebeur as jy iets vergeet het en will omdraai. Gaan hulle jou wraggies al deur die Ou Stad terug laat loop na die ‘duisendpoot’?

Ek verstaan 100 persent hoekom hierdie plek as ‘n ‘flashpoint’ beskryf word. Die situasie is soos ‘n kamer vol gas wat gaan opgaan in vlamme as daar net ‘n gedagte van ‘n vlam is. Ek verwag heeltemal dat wanneer die ‘gas genoeg opgebou het’ en dat wanneer die ‘spark groot genoeg is’ is hierdie waar die begin van die einde gaan wees. Hierdie stuk aarde is ‘n plek waar nasie teen nasie staan en waar hulle mekaar haat wat my laat dink aan die woorde in die evangelies (Mat 24, Mark 13 en Luk 21). As mens in hierdie ‘flashpoint’ staan kan mens nie anders as om te dink dat die begin van die einde hier gaan wees nie.


‘Hoe toe’ vir die Temple Mount

Die 2 grootste toeriste en heilige aantreklikhede is hier, so dit is nie moeilike om daar uit te kom nie. Daar is oral bordjies op.

As jy van buite af wil kom na die Western Wall Plaza of die Temple Mount ingang, hoef jy net die Dung Gate te soek. Beide plekke is aan die binnekant van die hek.

Vrydae en Saterdae mag nie-Moslems glad nie daar ingaan nie. Gedurende die res van die week mag nie-Moslems besoek aflê vir 2 ure in die oggend en 1 uur in die middag. Ure is seisoengebonde.

Mens kan net ingaan by die ‘duisendpoot‘, jy mag geen ‘geloofsitems’ wat nie op Islam dui invat nie. Skouers en bene moet toe wees van beide mans en vroue anders gaan jy ook moet omdraai. Toe skouers en bene geld ook vir die Klaagmuur omdat dit ‘n sinagoge is..

Einde laaste. Niemand wil meer lees nie so videos behoort die ekstra inligting ding te doen. Hier is ‘n paar videos oor die Temple Mount van mense wat daar bly, toergidse en ‘n argeoloog. Hierdie videos is ‘straightforward’ net hoe dit daar lyk. Vir die meer nugter kyk na wat die situasie daar behels, rol die blad na bo waar daar 2 skakels is. En as jy nog hou van lees, onder die videos is daar van die skribbels wat ek hier genoem het, onder andere die een van die Roman Forum in Rome.

Follow me here