Tuin van Getsemane & die Via Dolorosa

Na die besoek aan die uitgrawings en die tonnels by die Stad van David, is ek terug na die ou stad. Van hier af wou ek weer om ‘n gedeelte van die muur stap want ek wou na die Tuin van Getsemane en die lydensweg gaan

Terug by die muur het ek dieselfde gestap as met my stadomsirkeling twee dae terug. Ek is weer deur die Moslem begraafplaas, het weer uitgekyk oor die Vallei van die doodskadu en Absalon se monument en die grafte op die Olyfberg.

Ek is onder verby die Golden Gate tot by die Lion’s Gate. Van hier af is ek weer weg van die muur om die Tuin van Getsemane te gaan soek. Ek het geweet dit is daar iewers, ek was net nie heeltemal seker waar nie. Ek is deur die vallei en anderkant op en het aangeneem dat die tuin iets soos hierdie👇 gaan lyk, groot vlakte met olyfbome.  Maar dit was nie.

Die Tuin van Getsemane

Na ‘n rukkie se op en af loop kom ek agter dat die pienk bougenvillas en die ‘pointy trees’ die tuin is waarna ek soek. Oral in israel was die pienk blomme, en veral bougenivillas vir my opvallend, maar het glad nie verwag om dit in die Tuin van Getsemane te kry nie. Ek is toe daar waar die pienk blomme bot.

Die tuin is baie klein, amper soos iemand se agterplaas. Oor die kant van die mure hang die pienk blomkombers af en in die middel van die tuin staan verskeie baie ou olyfbome. Olyfbome is waarna die naam van die tuin verwys. :gat “press” & shemanim “oils”. Dis waar hulle olywe gepers het doerietyd. Die bome vandag is oor die 900 jaar oud. Hulle was dus nie daar daardie allerbelangrike nag nie.

Getsemane Pienk Bougenvilla
Getsemane olyf boom
Olyfbome in die Tuin van Getsemane
Olyf Bome in die Tuin van Getsemane
Getsemane

Mens kan net buite om die rand van die tuin loop. Ek loop toe om en dink ‘so dit is dit’. Klein en ‘inconspicuous’. Geen sonlig strale en aaaaaa musiek soos mens in teken prentjies sien nie. Ek kom toe om die hoek. Direk langsaan is The Curch of all Nations. Voor die kerk staan ‘n toergids besig om vir sy groep uit die Bybel te lees.

Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied! ‘n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.

Terwyl ek na hom luister en verder loop om die tuin sien ek hierdie bordjie raak👆 en wat ek sien en hoor smelt saam. En toe, net soos by die Tuingraf, het iets my teen die bors getref en het ek weer ‘n bewe lippie.  Ek het al om gestap en is weer uit by die Tuin. By beide die Tuingraf en die Tuin van Getsemane het ek net uit die bloute oomblike gehad wat mens verwag mens se hele besoek moes kon beskryf. Maar hierdie was die enigste 2 plekke wat die gevoel wat almal verwag mens moet ervaar uitgelok het.

Dis nou al 3 maande sedert ek daar was en vandag hoor ek iets wat nog n ‘aha’ oomblik te weeg gebring het. Die tuin is onder in ‘n vallei. Onder. Die laagste punt. Die vallei is Noord van die gedeelte wat hulle na verwys het as die vallei van die doodskadu. Doodskadu. Doodsangs.  Liewe ouers. Is dit nie nog iets simbolies nie?

Elkgeval, terug by die tuin…. Oorkant die pad is daar die Tomb of the Virgin waar Maria blykbaar begrawe is. Ek was nie daar in nie en het eerder opgestap na die Lion’s gate, want dis hier waar die hedendaagste Lydensweg of Via Dolorosa amper begin.

Via Dolorosa ויה דולורוזה

Dit is noggal ‘n bult om uit te stap om terug by die hek teen die muur van die ou stad te kom. Terwyl ek daar op geblaas het, het ek gedink dit moes verskriklik gewees het om die ‘doodsangs’ te hê en dan met die wete van wat sou kom teen daardie bult te moes uitbeur.

Die ou stad vandag, is nie die ou stad van ouds nie. Vandag se ou stad is relatief nuut. Deur al die jare, al die oorloë en verskillende regeerders, is die stad afgebreek en weer oorgebou. Oor en oor. Met die gevolg dat wat vandag daar staan, nie is wat doerietyd daar was nie.

Getsemane na Via Dolorosa

Dit beteken dat die hedendaagse Via Dolorossa, ‘n modene ‘Via’ is.  Die Via Dolorossa vandag is die een uitgelê klink my meestal deur die Katolieke. Hulle het ook 14 ‘stations of the cross’ padlangs aangebring om sekere gebeure wat in die Bybel genoem is, en ook sekeres wat net ‘tradisie’ is te merk. Vandag, elke Vrydag loop monnike en ander geinteresseerdes van die eerste stasie toe by die Church of the Holy Sepulchre met n kruis.

Daar is redelike gekibbel oor wat die eintlike roete was Die huidige roete volg eintlik maar net die ‘kortste afstand tussen punt A en punt B’. Daar is onder lae en lae van bou en breek, ‘paaie’ onder die huidige ou stad van Jerusalem gevind. Paaie wat party spekuleer moontlik die regte paaie kon wees. Maar soos met amper alle ander geskiedkundige plekke in die Beloofde Land, is daar nie 100persent sekerheid of ooreenstemming in meenings nie.

Die huidige verloop van die lydensweg

Van gGtsemane deur die lions gate en die Via Dolorosa
HIer is die Vio Dolorosa soos dit vandag is met al die stasies op gemerk.
‘n Reliëf teen de muur by die eerste stasie wat wys hoe dit moontlik kon gelyk het in die tyd van die kruisiging.

Net duskant die Lion’s gate kry mens die 1ste twee stasies. Hierdie twee is waar volgens die modern tradisie, die saak en die vonnising plaasgevind het. Ook het die gesesling moontlik hier gebeur. Dit is nie op die pad self nie, maar in ‘n gebou se ‘coutyard’ .Daar was mooi bome en blomme daarbinne, voëltjes het vriendelik getjirp, en ek kon nie help om te dink, dat as hierdie regtig die plek was waar sulke aaklige dinge gebeur het nie, hoe ironies is dan die bome en voëltjie gesang nie.

Wanneer mens daar uitkom is daar n ‘Arch’ .Party sê die bogenoemde gebeure het by hierdie boog gebeur en ander sê dit het by ‘n Griekses kerk effens verder af in die pad gebeur.

Dan kom mens by die gemerkte 3de en 4de stasies. Hierdie is voorbeelde van gebeure wat nie in die Bybel genoem word nie, maar wat deur die Katolieke aangebring is. Dit is waar Jesus die eerste keer geval het en waar Maria geween het.

Mens stap verder deur die nou amper toegeboude  straat  tot mens by die 5de stasie kom. Hierdie gebeurtenis word wel in die Bybel genoem. Dit is waar Simon die kruis gevat het. Toe hy dit gedoen het, het Jesus blykbaar teen die muur geleun en sy hand het ‘n holte in die muur gedruk. Hier was die hele tyd mense wat hulle hand in die holte gedruk het.

Die vyfde stasie van die Via Dolorosa.
HIerdie man se hand is in die ‘Jesus holte’

Stasie 6 is waar ‘n vrou die sweet van Jesus se gesig afgevee het. 7 & en 8 is bymekaar weer ‘n is waar jesus weer geval het en die vroue gehuil het toe hulle hom sien. Van hier af moet mens vreemde draai maak om aan te gaan met die pad omdat alles so toe en oorgebou is.

Hier dwaal mens rond todat mens bordjies sien wat wys na die kerk. Die res van die stasies is almal by die kerk van die Holy Sepulchre. Dit is die kerk wat gesê word op Golgotta gebou is, die kerk wat nie ‘n gram ‘gevoel’ in my opgewek het nie.

Daar by die blou is die Church of the Holy Sepulchre waar die Via Dolorosa eindig.
Die voorkant van die kerk met die blou koepels

Dankbaar

Ek het in die metaforiese voetspore gevolg, het bietjie ‘n gevoel gekry van hoe dit miskien kon gelyk het. Ek is spyt dat ek nie tyd gehad het om die ondergrondse paaie te kon gaan besigtig het nie. Aan die ander kant maak donker nou spasies my nie opgewonde nie, MAAR om te gaan soek na oorspronklike dele van die ou stad, glo ek sou ek my benoudheid vir n paar minute kon opsysit.

Ek was by Getsemane, deur die Vallei van die doodskadu.het opgekyk na die heuwel waarop die stad gebou is en net gedink wat ‘n verskriklike ding dit moes wees om met doodsangs en bloedsweet, een voet voor die ander te sit en op te stap na iets wat so aaklig sou wees. Daar is geen manier dat ek nie sou weggehardloop het as dieselfde van my verwag sou word nie. Ek is baie dankbaar dat ek nie hoef nie.🙏


Hoe toe: Getsemane en die Via Dolorosa.

Mens kan seker enige van die twee ente begin. Dis seker maklik om die blou gekoepelde kerk te kry en dan die Via Dolorossa te vat na die Lion’s gate. Van daar af volg mens net die pad tot die Tuin van Getsemane links voor mens is. 

Of maak soos baie ander en loop af van die Olyfberg na Getsemane en dan op na die Lion’s gate.

Ek het van buite af gekom van die Stad van David. Het om die Oostelike gedeelte van die muur geloop tot by die hek van die Leeu. Het daar af

gestap tot by die Tuin (maar eers na ek was toe by die ‘Visitor centre’).

Besoeker sentrum uitkyk in die rigting van Die Stad van David.
Getsemane

.

Mens kan ook halfpad deur die Via Dolorosa uitdraai na die Damaskus hek om na die Tuingraf toe te gaan. Alles is so naby mekaar, nie noodwendig in ‘n ‘straight stripe’ nie, mens kan dus bietjie verwaal.

Hier is videos wat ek vooraf, en na die tyd gekyk het oor die Tuin van Getsemane 1 en 2, van die Via Dolorosa en van die vallei van die doodskadu 1 en 2 wat gmaak is dur mense wat in Israel bly. Hulle weet defbeslis beter as ek.


Hieronder is skakels na ander skribels waarna hierbo verwys word

Follow me here