Voetslaan na die Berg van Saligsprekinge en Kapernaum

Daar was soveel verwagting vir hierdie dag gewees. So die plan was Mount of Beatitudes (waar die Bergrede gebeur het), Kapernaum, Ein Zivan (ek wou spesiaal hier aangaan en ‘n foto van die naambord neem vir iemand) en dan opry na die uitkykpunt op Mount Bental waarvan mens kan uitkyk oor Sirië en die Golan heights. En afhangde van hoe die tyd dit toegelaat het kon ek draai deur die Golan Heights ry of net ‘backtrack‘. Dit was die plan elkgeval.

Ek het al by die huis ‘n huurmotor bespreek (en betaal, dis noggal belangrik om te onthou om my latere verontwaardiging te verstaan). Om gewoond te raak dat die verkeerde kant van die pad eintlik die regte kant is, het ek ‘n video van die pad na die Berg van Saligsprekinge ge-Googleer. Dis daardie hele ding van ‘be the ball’…. soortvan. Nie net it nie, ek het ook in Tiberius se strate rondgeloop om te kyk hoe ek sou moes ry. Ek kon tot my kamermaat Anne oorreed om saam met my te gaan, dan kon iemand vir my skree ‘regs!!’ as ek na links wil ‘default’ Ek was gereed vir aksie…….

.

Hertz se ❤ is nie in die regte plek nie

Toe die karplek se deure oopmaak is ek daar in. Ek gee my bespreking , vul papiere in, hulle maak fotostate, en na seker ‘n halfuur se admin sê hulle vir my dat hulle nie my kredietkaart kan aanvaar nie. Dieselfde kredietkaart waarby hulle al 2 maande terug die karhuur geld afgetrek het. Ek het nog probeer teestribbel, maar hulle wou niks weet nie, net vir my gesê ek kan maar gaan want hulle gaan nie vir my ‘n kar gee nie, en hulle gaan ook nie die geld wat ek klaar betaal het teruggee nie. Wat ‘n manier om ‘n dag vol verwagting te begin en te kelder.

Daar staan ek toe verontwaardig, vies en telleuresteld op die sypaadjie. Nou moet ons maar ‘n haas uit ‘n hoed ruk, want mens kan nie so naby aan die Berg en Kapernaum wees en nie daarnatoe gaan nie.

Ons hol toe busstasie toe en gaan soek ‘n bus. Die rede hoekom ek nie van die begin af met die bus wou ry nie is omdat die busse nie naby die plekke stop nie, so mens sou baie moes loop en dus baie tyd verloor. En dis somer……

Die Berg van die Bergrede

Ons kry ‘n bus en seker ‘n halfuur later staan ons op die naaste busstop aan die Berg van Saligsprekinge se kerk. 1.2km om presies te wees. Ons stap toe die kronkelpaadjie tussen die heuwels deur.

Hier kyk mens uit oor wat net beskryf kan word as ‘rolling hills’. Die gras en veldblomme staan heuphoogte, en doer onder is die See van Galilea. Terwyl ek daar stap hoor ek sonbesies skree en voeltjies tjirp. Vir een of ander rede dink ek ‘dit klink net soos by ons’. Dit was vir my ‘n interessante gewaarwording dat in die Beloofde Land in ‘n hele ander halfrond, kan die veld klink net soos die Kalahari vlaktes.

Oppad na Mount of beatitudes en Kapernaum
See van Galilea oppad na Kapernaum en Berg van Saligsprekingge
Berg van Saligsprekinge en Kapernaum
Doer voor by die bome is die kerk van die berg van Saligsprekinge.

Terwyl ek verder stap onder die warm somerson en luister hoe die sonbesies gil, dink ek aan nog iets vreemd. Ek wonder of in die Bybelse tyd, die mense al hulle voetslanery in die nag of ten minste vroegoggend of skemer gedoen het. Want dis warm, daar is nie eintlik bome nie en hulle het nie bottels water gehad nie. Ek het water gedrink vir die eerste span terwyl ek die sonnige Israel was, en ek kon by elke plek my bottel volmaak met vars yskoue water, ‘n ‘luxury‘ wat hulle nie doerietyd gehad het nie.

Aan die einde van die 1.2km se kronkelpad, lyk dit amper soos ‘n oase. Daar is gras en bome en blomme. En wanneer mens oor die rand kom is die See van Galilea in sy volle glorie doer voor onder. Alhoewel daar betwis word presies waar die saligsprekinge gespreek is (dit is in die algemene omgewing), is daar ‘n kerk gebou om die plek te merk. Ook Katoliek as ek dit nie mis het nie. In die tuin is daar orals stene opgesit met een van die ‘saligsprekinge’ op.

Maak nou nie saak presies waar dit gebeur het nie, ek dink om daar bo te sit en uit te kyk oor die mooi natuur en te luister na die preek moes al klaar self geseënd gewees het nog voor dat die woorde :’Geseënd is die wat……….’ gespreek is.

Die Kerk van Saligsprekinge met sy agt kante wat uitkyk…..
….hieroor

Omdat ons so baie tyd verloor het met die kar drama, en toe die bus soektog en die stappery- wat ons ook weer moes terugstap, was daar nie baie tyd hier te spandeer nie. En met die wat ek nie meer ‘n horlosie/foon gehad het nie, ek maar gesit en wag in die hoekie vir Anne om gou haar youtube ding te doen. Ek wat te bang dat ek haar sou mis en dan nie ‘n ‘clue‘ sou het van tyd of busse nie (sy kon darm googeleer op haar foon). Toe gesels ek maar met een van die katte daar. Jip, hier loop hulle ook rond.

Ons stap weer terug na die busstop, wag ‘n rukkie vir die bus en ry die 2km tot by die volgende busstop wat 3.3km van Kapernaum weg is.

Tabgha en Petrus die pous

Redelik naby aan die stop, op ons pad is daar ‘n kerk by Tabgha wat die brood en visvermeerdering gedenk. Net langs dit is die Primacy of Saint Peter. Mens draai van die sonverskroeide pad af daarin onder ‘n groen blaredak in. Dit koel onmiddelik af en mens voel amper weer ‘n huppel in die stap. Dis ‘n wonder wat skadu en groenigheid kan doen vir ‘n mens.

Voor jy die skribbel verder lees, herkou net gou aan hierdie onderstaande vers, en hou dit in jou agterkop

MATTEUS 16:18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie

Mens stap reguit aan tusen en onderdeur die groen koelte tot mens doer voor langsdie waters van Galilea staan. Hierdie plek is gebou omdat die Katolieke orals kerke bou waar hulle dink iets gebeur het. Hier sê hulle het 2 dinge gebeur wat verband hou. Eerstens dink hulle dis hier waar Jesus die disippels ingewag het na sy opstanding en waar hulle vis gebraai het op die oewer, en 2dens sê hulle dis hier waar Jesus Petrus tot die eerste pous verklaar het.

Ek het ‘n paar jaar terug met skok uitgevind dat die Katolieke glo Petrus was tot die eerste Pous van die Rooms Katolieke kerk verklaar deur Jesus self. Nooit in my lewe wanneer ek hierdie gelees het —–

En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie’.

——-het ek ooit gelees/verstaan dat dit beteken dat Petrus tot pous verklaar is nie. So ek het geweet dat Katolieke dit glo ek het nie geweet dat hulle daarmee saam ‘n daadwerklike plek op ‘n kaart kon aanteken nie., Op hierdie gronde, op die oewer van Galilea is waar hulle glo dit gebeur het. Daar is ‘n bord op met al die Pouse oor die eeue heen, met Petrus as die eerste een. 

Dit is baie geblur ongelukkig, maar hier is al die Pouse se name
Omdat RTD die dassie saam was, moes ek hierdie afneem

Monnike maak mense bang

Op hierdie gronde loop monnike rond geklee in daardie lang bruin jasse met kruise wat hang om hulle nekke. Hulle loop rond en skree op mense. Omdat dit ‘heilige’ grond is, mag mens se skouers nie uitsteek nie, so hulle loop onder ander rond om te kyk dat mense se ‘parte’ nie uithang nie.

Daar staan toe ‘n Oosterse vrou, netjies aangetrek. Niks steek uit nie, nie haar bors of bene nie, net haar skouers. Baie aanvallerig gaan die monnik na haar toe en trek haar aan die arm en beduie sy mag nie daar staan nie want haar skouers is oop. Die vrou verstaan nie Engels nie, so sy reageer nie op sy versoek nie, maar sy beduie met ‘n glimlag en opgtrekte skouers dat sy nie verstaan nie. Haar groep het geloop so sy is agterna en die saak is daar gelaat.

‘n Ander vrou wat die storie aanskou het, loop toe na die monnik en vra hom baie beleefd dat sy nie verstaan waaroor die skouerprobleem gaan nie of hy  vir haar sal sê wat verkeerd was. Liewe ouers, daar begin hy op haar skree. ‘I will not speak about that!’ This is a holy site. Leave!! Leave!! En daar boender hy haar in die blaarbedekte paadjie af en skree sy moet loop. Dit het half gelyk of hy haar op die agterstewe wil skop om sy punt in te vryf. Die arme mens het nie geweet wat haar tref nie. Hy is al die pad agter haar aan tot amper by die uitgang terwyl hy die heeltyd vir haar sê dat sy beter loop en dat sy nie welkom is daar nie.

En al wat ek dink terwyl ek agter hulle aanstap is dat indien hierdie vrou wat net ‘n vraag gevra het, moes besluit op daardie plek om die God van Liefde aan te neem, sy dit nie sou doen nie, want as die monnik liefde aan sy naaste so bewys sou sy daar en dan gedink het die hele storie is sommer ‘n klug.

Die grot en die waterval

Buite, weer terug in die son bly ek opkyk na die heuwels doer links. Ek weet dat daar ‘n grot net buite die oog moet wees. Daar is die wat beweer die Bergrede eerder op hierdie heuwel nader aan die water gebeur het as die een waar ons vroeer was verder terug.

 Hoe dit ookal sy, ons het die trappie gewaar en opgestap na die grot. Wonder oor die jare heen wie almal in hierdie grot gesit het en vir die hitte van die dag  wegekruip het.

Die grot oppad Kapernaum toe
Uitsig vanuit die grot

Weer terug op die pad is daar ‘n bebosde gebed waar daar veronderstel Is om ‘n verskuilde waterval te wees. Hy is defbeslis daar, ek kon die water hoor val, maar kon dit nie deur die bosse sien of daarby uitkom nie. Ek reken mens sal in die meer moet ingaan en om al die plantegroei swem voordat mens die waterval sal sien.

Die gelykenis van die saaier

Hierna stap ons net af in die rigting van Kapernaum. In die hitte van die dag voel dit asof die bestemming net nie naderkom nie. Daar is daar elke dan en wan ‘n bloekomboom vir kol-kol skaduwee.So halfpad na Kapernaum wys Anne vir my ‘n baai wat ‘sowers cove’ genoem word waar die gelykenis van die saad vertel is. Blykbaar relatief onlangs het iemand op ‘n boot geklim en n bietjie weg van die baai af gedryf en toe gepraat om te kyk of mense op die wal dit kon hoor. Hulle was aangenaam verrras om te hoor hoe goed die klank hier versprei het (Daar is ook n soortgelyke ‘toets’ gedoen waar David en Goliat sou geveg het, gaan kyk gerus na die skakel).

pad na kapernaum
Oppad Kapernaum toe
Padlangs, wanneer mens terugkyk oor die heuwels, sien mens waar die Kerk is waar ons die oggend was
Kapernaum
Doer voor is Kapernaum en hier neffens is die ‘Sower’s cove’

Kapernaum

In die hitte van die dag sit ons baie stadig die een voet voor die ander by Kapernaum se hek in.

Die area is baie klein, so die dorp was baie klein en dig opmekaar gebou. Dit sien mens eers nadat mens verby die ‘vliende piering’ kyk. Die piering is ‘n kerk wat bo-oor Petrus se huis gebou is. Ek sou daarvan gehou het om tussen die mure van die reunes te kon loop, in die strate van ouds, maar omdat mens nie mene kan vertrou nie, is dit omhein en moet mens kyk van die kant af. Die dorpie het ‘n baie mooi uitsig oor die See van Galilea en hulle sou maklik van daar af kon uitgaan om te gaan vis vang. Daar is blybaar nog ‘n paar uitgrawings wat gedoen moet word direk langs die area van die huidige gronde, en daar is ook nog , wat van vêr af lyk, na ‘n interessante kerk met sy rooi dak.

Kapernaum
Iingang
kapernaum die kerk bo Petrus se huis
Die kerk is eintlik veronderstel om ‘n vissersboot voor te stel, maar vir my lyk dit soos ‘n vlieënde piering
Die kerk ‘hover’ bo die huis van Petrus.
Kapernaum
Kapernaum
Doer agter steek nog ‘n kerk se rooi dak uit.
Kapernaum
Hierdie was ‘n sinagoge alhoewel dit nie die oorspronklike een is nie. Dit is die enigte gedeelte waar mens tussen ou mure kon rondloop
kapernaum
Kapernaum

Ek het egter nie lank hier rondgehang nie, omdat ek nog al die pad moes terugstap na die busstop toe, wag vir ‘n bus, my goed by die hostel gryp, en dan weer die bus gaan soek Haifa toe. My en Anne se paadjies het hier geskei, so my enigtste tyd verwysing het agtergebly in Kapernaum. Voor ek geloop het het ek net eers my waterbottels volgemaak, my sarong natgemaak en op soveel van ‘n drafstap wat ek kon baasraak, in die pad terug geval.

Terug Tiberias toe

Al wat ek onthou van die terugtog was dat ek warm gekry het, dat ‘n blaas op my warm tekkie omhulde voet begin skuur het, en dat ek nie n idee gehad het van hoe betyds ek by die busstop gaan wees nie.

Die Primacy of Siant Peter was gesluit toe ek daar verby is, so ek kon nie eers gou vining in die ‘oase’ my asem teugkry nie. Gelukkig was die stop nie vêr van daar nie. By die busstop wag ek op hete kole. Dit is verskriklik hoe tyd virewig voel wanneer mens nie ’n horlosie het nie. Ek het daar gewag wat vir my gevoel het na ure, met net nou en dan ‘n kar wat verbykom. Ek weet dit kon nie ure gewees het nie, want die bus is verondertel om elke uur te kom, ek kon dus nie langer as ‘n uur gewag het nie. Vir al wat ek weet was die 15minute.

Naby die busstop
Baie busstoppe is so in die middel van nêrens

Toe ek eindelik op die bus klim was dit salig koel. Ek kon darm ‘n paar goed gesien wat op die dag se plan was, en ek het amper 10km in die somerson gestap en was noggal gaar.

Hierna het alles redelik tjop tjop verloop. Terug by die Tiberias Hostel kon ek iemand vra hoe laat dit was, en ek was toe heel betyds vir die bus Haifa toe, ek hoef nie eers lank te gewag het nie. Op die bus kon ek vir die eerste keer op daardie dag ontspan omdat ek nie meer hoef te komkommer het oor die tyd wat ek nie kon sien nie.

En toe Haifa toe

Die busrit Haifa toe was sonder enige drama. Ek moes net een aansluiting maak, het op die verkeerde kant van die busstop opgeklim. Het dit gelukkig vining agtergekom en by die eerste stop uitgeklim en teruggery tot waar ek moes uitklim duskant die Haifa Hostel.


Hoe toe van Kapernaum en die Berg van Saligsprekinge.

Die gemaklikste om daar uit te kom sal per voetuig wees, maar as mens ‘n ander plan moet maak sal die busnetwerk ook doen.

Per Bus en voet

Weet vooraf, jy gaan baie stap.Die bus waarmee ons gery het, het by die hoof busstop in Tiberias weggetrek en gery in die rigting van Kiryat Shmona en ons het afgeklim by die Har HaOsher/HaBeatitudim busstop. Van daar af volg mens net die 1km pad tot by die Berg van Saligsprekinge se ingang, .

Dieselfde bus kan ook Kapernaum se kant toe ry, dan klim mens net af by die Kfar Nahum Junction (en as mens mooi kyk en daardie woorde saamsit is dit Kapernaum: Nahum se dorp). van daar af stap mens langs die meer af Oos verby Tabgha, waar die vermeerdering plaasgevind het, die Primacy of Saint Peter, skuins oorkant die pad van dit is daar ‘n handreëling wat opgaan, as mens daar opstap kom mens by die grot, en weer skuins oorkant dit kan mens die waterval gaan soek.

En dan hou mens net aan en aan met die voetpad tot by Kapernaum. My stapmaat het die middag oppad terug ‘n video gemaak van die stap al die pad van Kapernaum af tot by Tabgha.Sy loop en wys alles uit wat ek hierbo genoem het en dit gee ‘n baie beter 3D prent van wat ek alles hierbo geskribbel het.

Per voertuig

Raad vir die huur van ‘n motor, indien moontlik vat 2 kredietkaarte van 2 verskillende verskaffers saam. Net omdat hulle geld afgetrek het om jou kar te bespreek, beteken nie dat hulle jou kaart gaan aanvaar nie.

Dan, parkeerplek is ‘n ernstige probleem, googleer voor die tyd waar jy mag stop en waar jy gaan moet betaal vir parkeerplek. Hierdie is die video van die pad wat ek gekyk het van Tiberias verby Mount of Beatitudes. Hierdie ou het ‘n horde videos gemaak, so ek reken enige pad wat mens sal wil ry gaan hy vir jou kan wys. Vir my help dit net om te sien, buiten ‘google maps‘ hoe die pad regtig lyk.

Ingangsfooie

Mount of Beatitudes*

Ons het 5 Shekkels ingang. betaal alhoewel mens blykbaar gratis moes kon ingaan te voet. dalk was ons bevark. Per voertuig moet mens 30 Shekkels betaal

Primacy of Saint Peter*

Ingang is gratis, maar hulle is nie altyd oop nie, hulle is meeste middae toe.

Kapernaum

Ingang by is 10 Shekkels.

Wanneer mens nog verder verby stap is daar ook die Kapernaum Nasionale park, maar ek het nie daar uitgekom nie

Hierdie is die kaart op die Tiberias Hostel se webwerf wat wys waar ek rondgeloop het.

.

.Hieronder is die skakels na my vorige 2 dae rondom die See van Galilea. En dan is jy meer wil uitvind oor die Petrus Pous ding, is hier ‘n skakel, as jy net die ‘bottom line‘ wil sien, gaan kyk vanaf die 50minute merk, anders, die hele video is noggal insiggewend, Katolieke glo klomp goed wat ek glad nie geweet het nie.

Follow me here