Eerste indrukke van Israel

Israelis en hulle dinge

Na my onderonsie met die Israeli sekuriteit, was alle aanduidings dat die mense van Israel my uitstappie baie interessant sou maak. En hulle het nie telleurgestel nie…..

So ja, dit is maar hoe mense was. Bot, borderline ongeskik en sommer net plein mislik. Maar hulle sê hulle is net reguit en op die man af. Reguit op die man af met ‘n winkeltrollie!

Op die vliegtuig

Na die kennismaking met sekuriteit, was my volgende kennismaking met die vlugpersoneel en en die op die lughawe. In teenstelling met die oordewe vrolikheid van al die ander lugredery waarmee ek al gevlieg het se vaardinne, was die Isrealis amper nors of soos hulle sê ‘reguit’. Geen onnodige vriendelikheid nie,

Maar ek kon plat lê oor 3 sitplekke en dit was al na 12 die aand, so hulle ‘reguitheid’ kon my nie veel skeel nie. Dit was maar net my observasie. Die personeel was opvallend anderster as ander.

Net ‘n recap van my ‘scarlet letter

Op die lughawe

Kort na landing in die Beloofde Land, was dit ek en die lughawe personeel.. Hulle was nie veel anders as die vaardinne nie, Maar hulle ‘direktheid’ was baie nader aan die ongeskik en kortaf kant. Hulle het nie gehuiwer om hulle stemme te verhef vir die klomp indringers nie.

Die ontvangs het begin met hulle tegnologie wat gefaal het. Die scanner ding* vir die ‘non-biometric’ paspoorte het nie gewerk nie, so almal moes in ‘n ry staan vir ‘n mens om die scanwerk te doen en die visas uit te gee. Eers het niemand geweet waar om heen te gaan nie, en toe ek ‘n klomp groen paspoorte gewaar, toe val ek sommer saam met hulle in die ry. Baie interessant was dat die groen RSA paspoorte agter wie ek indie ry geval het, behoort het aan Jode. Hier in my geweste sien mens hulle glad nie, so ek neem aan in ons stede is daar groot gemeenskappe Jode. Hierdie mense was ook baie vriendelik en vrolik anders as die plaaslikes.

*Hierdie is ‘n behulpsame video oor ‘arrivals’, maar dinge het nie heeltemal verloop soos hier nie.

Nadat my paspoort gescan was en ek my Visa kaartjie gekry het, loop ek maar agter die res aan soos ‘n verlore skaap. Mens drentel aan tot mens skielik kom in ‘n lokaal waar al die vlugte se mense saam konvergeer. Dis deurmekaar soos die toring van Babel. Almal word deur kort- af personeel in verskillende rye ingedeel. Ek verstaan nou nog nie wat eintlik daar gebeur het nie. Die lughawe mense beduie heeltyd dat mens  in ander rye moet staan. Dan loop hulle op en af en deel kaartjies uit. Daar was geen logika wat ek kon agterkom aan hoe hulle kaartjies uitdeel nie.

Een van die Suid Afrikaners saam met wie ek in die ry gestaan het (sy was ook een van die ‘verdagte’ passasiers soos ek die vorige aand) het randomly ‘n kaartjie gekry en kon die ry ‘bypass‘. Sy het nie verstaan wat die kaartjie beteken het nie en het in die ry bly staan totdat die ou wat vir haar die kaartjie gegee het weer verbygekom het. Hy was baie ongelukkig dat sy nog in die ry gestaan het. Sy beur toe deur al die mense en ek bly agter. Ek het aangeneem dat ek met ‘n klomp Russe in die ry was. Die een tannie het land en sand met my begin praat terwyl ek nie ‘n koekie se clue gehad het wat sy gesê het nie. Nie eers toe ek in Afrikaans sê ‘jammer ek verstaan nie’ het sy opgehou met babbel nie.

Op ‘n kol sien ek weer ‘n lughawe mens wat die rye patroleer en ek hou my paspoort uit. Op daardie stadium was ek die enigste een met ‘n groen paspoort, die res rondom my was almal rooi. Sy kom toe na my en gee my ‘n kaartjie en beduie dat ek maar kan verbygaan.

Ek gaan toe verby, net om ‘n paar meter verder weer die kaartjie vir ‘n wag te moet gee. Ek weet nou nog nie wat die doel van die kaartjie of die metode was nie (net soos met my stickers die vorige aand). Die wee van El Al en Ben Gurion is maar vir my duister.

Jerusalem Israel Boom teen muur
Sommer net ‘n mooi boom terwyl daar nog nie fotos is wat met die woorde saamgaan nie

Bagasie en vervoer

Aandie ander kant van die kaartjie ingee-ery, kon ek my tas optel. Dit het ‘n wyle gevat voordat ek op hierdie punt kon kom. Ons was amper ‘n halfuur laat met die landing, en al die toue en bondels het ook nog baie tyd gevat,. En dit was Vrydag. ‘n Belangrike feit om te weet vir hierdie skribbel.

Ek het ge-Googleeer wanneer die treine ophou op daardie spesifieke Vrydag, en volgens die Rome2Rio website sou daardie dag se treine net na 13:00 ophou en eers weer die Sondag begin. (Dit was voordat ek die allerbelangrike Moovit app ontdek het). So dit was noggal belangrik om die tyd dop te hou want ek wou nie graag op die lughawe slaap nie. (taxis ry wel Vrydae en Saterdae, maar dit kos dan letterlik soveel , of meer as my vliegkaartjie, so nee).

Toe ek eindelik my tas het, het ek geweet dis nou tyd om ‘n weg te baan, en daar was ‘n dringentheid in my stap. Ek het nie eers regtig ag geslaan op die indrukwekkende ‘arrivals hall‘ nie Ek moes by die trein uitkom. Stap een was om geld te trek. Check. Dit was maklik. Stap 2 was om met daardie geld ‘n Rav-Kav kaartjie te koop by ‘n masjien en dan ‘n treinkaartjie daarop te laai. Uncheck. Met my geluk wou die kaartjiemasjien nie werk nie Ek moes toe noodgedwonge in die ry gaan staan om weereens ‘n mens te vra om my te help toe tegnologie gefaal het. Liewe ouers! Wat ‘  storie, en my eerste ernstige ontnugtering in Israel.

Hierdie is ‘n foto van Tourist Israel van die lughawe. Ek wou nie hanna -hanna met my kamera op die lughawe en my vervoer mis nie.

There are no trains today

By die glasvenster van die RAV-KAV kantoor is daar 2 werkers. Die een aan die een kant het op sy ruit geplak ‘ I am not info, don’t ask me anything’ .Wowzers, wat ‘n manier om vreemde mense in jou land te verwelkom. Sê sommer klaar vir  hulle ‘ ek kan nie minder omgee nie, gaan weg. . Daar sit hy, agter sy ‘voertsek’ bordjie en speel op sy foon.

Langs hom is daar ‘n Moslem vrou neem ek aan na gelang van hoe sy aangetrek was. Ek staan 2de in die ry, en op ‘n kol sê-vra die man voor my vir haar ‘ So you are you going to help me are you?’ maar met nog ‘n paar woorde en desibels by, en ek voel effens jammer vir die vrou…… tot dit my beurt was. Toe verstaan ek al te wel….

Ek kom toe voor en vra vir ‘n RAV-KAV want ek wil ‘n treinkaartjie koop.

There are no trains today, you must take the bus.

Net daar kry ek ‘n ligte aanval en ‘n brain freeze, want die enigste manier wat ek weet van is die trein, en ek het die skedule uitgeprint en alles. Van die busse het ek egter niks geweet nie. En toe sit ek mos sonder internet en moet probeer uitfigure hoe om voor 13:00 in Jerusalem te kom. Maar toe besluit ek maar om die Olifant stukkie vir stukkie te eet en net eers die Rav-Kav te kry.

Toe sê ek “OK then, may I please have a RAV-KAV and a day ticket?’

Nee, dit werk nie so nie sê sy, ek moet die RAV-KAV koop en 30 Shekkels oplaai. Ek het nie lus om te stry nie en sê toe net ‘ja’ dat dit gou klaar is en ek kan probeer uitfigure hoe om per bus Jerusalem toe te gaan.

Die ATM het vir my n 100 Shekkel noot gegee. Wat ek toe vir die kaartjie tannie gee.

Die RAV-KAV kos 5 shekkels en die hoeveelheid wat sy opgelaai het was 30 Shekkels. Dink gou aan daardie som. 100-35=??

Sy gee vir my die RAV-KAV en 50 Shekkels kleingeld. Ek staan en wag. Sy kyk my aan en vra ;Is that all’. Ek sê toe vir haar ek wag vir my kleingeld. Sy sê sy het mos my 50 vir my gegee. Ek sê en die res? Sy sê sy het alles vir my gegee, 5 +30 se kleingeld is net 50. Ek vra haar weer vir my kleingeld en ek begin die som verduidelik. Sy begin skreu-erig word en skree al harder 5 +30 is net 50 kleingeld. Die tou agter my slang die vêrte in. Die tyd loop nader aan 13:00……..

Toe ek voel hoe my bloeddruk in my ore opstoot en stoom begin uitkom, toe ek voel hoe my stem desibels begin optel., toe staan ek terug. Ek het besef ons sal daar staan en skreeu op mekaar, en ek gaan niks uitgerig kry nie, behalwe dat ek die bus wat ek moet gaan soek gaan mis. So die plan met die maklikste uitkoms sou wees om die bus te gaan soek en die 75-80 Rand wat in haar sak was maar daar te los. But wait, there is more!! Ons kom nounou terug na hierdie 30+5 Shekkel wat eintlik 50 gekos het.

Waar die bus?

Ek stap toe by die deur uit en die hitte tref my vierkantig soos ‘n vollyf hammer. Dit het so bewolk gelyk toe ons land dat ek noggal gedink het dat ek dalk my getroue pienk sambreel moes inpak (hierdie was die eerste reis waarop hy nie ingepak is nie want- woestyn!). Maar toe ek uitstap voel ek dis nie bewolk of reënerig nie. Dis verdomp warm (en later toe hoor ek die wolke was besoedeling wat oorgekom het van Egipte se kant af, daar was n brand of ‘n storm of ‘n ding.)

Elkgeval, terug na die bus soektog. Daar staan klomp wit busse, maar nie een het ‘n nommer of ‘n bestemming op nie. Ek loop op en af en besluit toe om iemand te vra vir hulp want ander gaan ek net soos ‘n idioot op enaf loop.

And what do you know! Al die mense met wie ek praat is vriendelik. Dit is nou die ander toeriste, nie die ‘offisiële’ mense nie.

Hulle sê toe, eerstens, omdat die treine nie loop daardie dag nie, is al die busse verniet (en die RAV-KAV vrou het dit geweet- so ‘n skerminkel, so sy hoef vir my net die 5 shekkels vir die Rav Kav gevra het, en nie die ekstra 30 wat sy aangedring het ek met laai nie!!), en tweedens, al die busse het nie nommers nie maar hulle ‘deligeer’ mens. Jerusalem- Tel Aviv -Jerusalem- Tel Aviv. Amper soos ‘ he loves me, he loves me not’.

Nadat ek dankie gesê het loop vra ek ‘n man wat lyk of hy die bus deligeerdeer is. En die ou is weer kortaf, of ‘direk’ en wys my waar ek moet inklim. Ek het net my tas ingelaai in die ‘belly of the beast’ toe die ‘deligeerder’ vir my skree. ‘Get off!! get off!!’ Met piering oê gryp ek my tasse en is skaars terug op die sypaadjie of die bus trek weg.

Toe weet ek nie wat aangaan nie, en ek loop maar na die volgende bus. Ek vra weer vir ‘n random mens of sy my kan help. Sy sê sy dink die volgende bus ry ook Jerusalem toe. Ek sê dankie en stap terug stop toe. Sal die vrou nie sowaar as vet seker 5 minute later van haar stop na my toe loop nie om vir my te sê op watter bus ek moet klim nie. Ek was so verlig, eerstens om ‘n bus te kry en tweedens dat daar tog vriendelike mense is.

Dit was dan ook my gewaarwording oor die volgende paar dae. Almal wat in een of ander offisiële kapasiteit was (kaartjie verkoper, bus bestuurder, kos verkoper, polisieman), is ongeskik en onbehulsaam, maar vra vir ‘n random Israeli vir hulp, dan is hulle baie behulpsaam en vriendelik (soos toe my foon gebreek het en ek elke 5 minute vir mense mense vra vir hulp). Dis vreemd dat wanneer iemand betaal word, hulle nie minder kan omgee nie. (Dit klink eintlik bekend, maar ws nie verwag daar nie).

Eindelik oppad

Ek was skaars op die nuwe bus, toe maak die deur toe en ons ry. En vir ‘n wyle kon ek ontspan. Ek het die bus gehaal en hoef nie op die lughawe te geslaap het nie.

My eerste gewaarwording was hoe mooi en heel die pad was en hoe skoon .(Dis nou weer net iets wat ‘n Afrika kind sal oplet). En toe het ek my net verkyk aan die landskap soos ons ry. Dis beheuwel en begroei en glad nie wat ek in my agterkop gehad het nie. 

Jerusalem

Na meer as 24 uur se reis, waarvan ‘n 3 kwart uur op die bus was kom ek in Jerusalem aan. Die bestuurder beduie dat dit tyd is om uit te klim. Dadelik is die ontspanne gevoel weg, want toe is ek weer terug in ‘uitfigure mode‘.

Effens verward klim ek uit, haal my tas uit die bus se pens en staan ek kyk na al die geboue, mense, verkeer en busse, en voel ‘n bietjie oorweldig.

Ek het nie geweet waar ek was of waarheen ek van daar af moes gaan nie, maar gelukkig was ek in Jeruslem voor die vervoer sou ophou loop, so ek was verlig en benoud op dieselfde tyd. Terwyl ek rondkyk om ‘n plan te maak sien ek ‘n entjie weg die ‘light rail’ (die tram) verby ry. En toe slaak ek ‘n sug van verrligting. Jerusalem het net een spoor en een tram, so as jy daar kan uitkom kan jy nie verwaal nie.

Ek hobbel toe met my bagasie oor die pad tot doer waar ek die tram sien ry het. Daar aangekom, kies ek en kant van die baan. Kort voor lank kom daar nog ‘n trem (hulle ry amper elke 5 minute so mens gaan nie lank wag nie) en ek squish in met klomp ander mense. Gelukkig is my stop net ‘n paar minute verder. En Tada! Daar is ek by die Abraham Hostel.

Uit en tuis

By die hostel is daar weer ‘n vreemde mens wat meer na die bot as die vriendelike kant toe neig.

Maar ek gee nie om nie want ek en my bagasie is by die blyplek voor alles tot ‘n Shabbat stillstand kom, so van hier af is ek op vakansie.

Ek trek gou somer klere aan en val in die pad na die ou stad toe, met dapper en stapper.

Ek verkyk my aan die straat en die geboue en na seker ‘n kilometer doem die ou stad se muur voor my op. Vir een of ander rede is die muur vir my ‘n vrek mooi struktuur. Nugter weet hoekom, maar elke keer wat ek daar verbygeloop het het ek my verkyk aan hierdie muur. Hy is nie oud genoeg om die dinge van die Bybel te gesien het nie, maar oud genoeg om baie ander dinge te deurleef het.

Jerusalem Israel  muur en  die 'I love Jerusalem sign'
En toe is die muur daar
Jerusalem Israel Jaffa Gate
Die Jaffa Gate, want ‘hek’ klink net nie reg in hierdie geval nie.

Ek loop al af met die muur tot by die Jaffa Gate en gaan toe in die ou stad in. Liewe ouers daar is mense. Dis die begin van die mark en dit ruik soos wierook en kruie.(Soos Europa vir my ruik na moerkoffie en croisants, sal wierook en kruie my altyd terugvat na Jerusalem toe). Dit klink soos die toring van Babel seker moes geklink het so tussen die duisende toerriste van oraloor. Almal lag en praat en roep. Die roepe is komende van die 100de mense wat probeer om souvenirs aan mense te verkoop. Die stroop drup van hulle af en hulle is noggal aggresief in hulle stroprigheid.

Israel Jerusalem Mark

Hulle eerste taktiek is om te vra ‘ Where are you from’ Ek het ‘n paar keer geantwoord ‘South Africa’, maar dit spoor hulle net aan. ‘O, so Bafanna, Mandela, the Rand’. (same old same old). Dan kom mens nie maklike daar weg nie. Toe besluit ek ek gaan in Afrikaans praat dan los hulle my dalk uit. So waar as vet het een my teruggeantwoord. Ek  kan nie onthou wat hy gesê het nie, dit was seker ‘buy a donkey’. Ek was noggal onkant gevang.

Maar met al die toerriste van reg oor die wêreld, moes hulle seker ‘n paar tale en feite geleer het van die verskillende lande.. Een het my in sy winkel ingetrek en wou duur armbande aan my verkoop, en hy sou my ‘student discount’ gee, ‘because you are a student, yes?’ Hierna het ek besluit om my doof te hou en net by almal verby te stap. Ek het ’n paar keer ongelukkig verdwaal en weer by die ‘student discount’ ou verbygestap, en elke keer het hy probeer om my in te kry.

Israel Jerusalem, sambrele wat hang oor die mark

Ek het heelwat verwaal, die plek is ‘n doolhoof. Die laaste keer wat ek so gesukkel het om te navigeer was in Venesië. Die verskil hier is net dit is baie smaller en meer toegebou, en daar is nie water oral nie.(behalwe as jy ongelukkig genoeg was om ‘n verstopte drein te kruis- die ou stad is te oud vir al die mense). Dit voel vir my asof seker ‘n kwart van die ou dorp een groot mark is, met straatjies en draaitjies wat uit op en onder in alle rigtings ingaan.

Op n kol kom ek op die Via Dolorossa af, en ‘n random oom probeer my iets verduidelik. Ek het iets van 4 uur verstaan en hy het gewys met die vinger na monikke wat verbygeloop het. Ek het eers aan die einde van my uitstappe verstaan wat hy probeer verduidelik het. Elke Vrydag, is daar ‘n groep monnike wat met ‘n kruis loop van een punt na die ander van die Via Dolorossa. Hulle eindig dan by die Church of the Holy Sepulcher.

Israel Jerusalem 'stations of the cross'
Een van die ‘stations of the cross- Via Dolrosa’. Die kamera doer bo, is een van de duisende. Daar was orals kameras, jy gaan nie ‘n skelm trick trek in hierdie stad nie.

Ek het nie saam met die monnike geloop nie, maar het darm by hierdie kerk uitgekom in my verdwalings. Dit was namiddag, en daar was so baie mense daarbinne. Ek het maar net gou ingeloer, en gesien dat iemand soos ‘n monnik of ‘n priester met rook heen en weer loop voor die gedeelte wat hulle dink dalk die graf kon gewees het.

Ek het nog n bietjie rondgedwaal en uitgekom by die Western Wall. Om daar te kom moet mens eers deur sekuriteit gaan. Metal detectors en x-straal conveyer belts. Toe ek deur is en weer in die son kom, sien ek die muur. En my eerste gedagte was. ‘Is dit dit?. Dit is baie kleiner as wat ek in my gedagtes gehad het. Dit lyk wel groter as mens teenaan dit staan. Ek het ‘n rukkie in die plein gesit en net gekyk oor al die kom en gaan van mense.  Op Vrydae en Saterdae mag mens nie hier fotos neem nie. 

Israel Western wall
Ek was nie aspris nie, ek het net nie geweet so vroeg in die geveg dat ek nie fotos op ‘n Vrydag middag mag geneem het nie. En dit is al, hierdie is die hele Klaagmuur, dit was uitsteek ten minste.
Western wall Jerusalem israel
Mens kan sien met elke laag het iemand anders die muur gebou oor die jare heen, en ja, daar is papiertjie tussen die krake ingedruk

Toe ek my klaar verkyk het, was ek redelik flou, en dit was darm al laat genoeg dat ek kon ingaan hostel toe. Dit het my ‘n wyle gevat om deur die doolhoof weer my weg te baan na die Jaffa hek. Ek het teruggestap hostel toe deur verkeerlose strate.

Verlate strate van Vrydae middae tot Saterdae

‘n Middagslapie en Shabbat ete op die dak

By die hostel aangekom het ek in ‘n donker kamer ingekom (die ander mense het geslaap) en ek het geen issues gehad om by hulle aan te sluit vir ‘n middag slapie nie.

Die aand sou daar ‘n Shabbat diens en ete gewees het, maar toe ek in die eet/sit/kombuis kamer kom, was daar ‘n toergroep van die VSA wat hulle eie Shabbat funksie daar het. Ek het maar in die agtergrond rondgehang om te kyk of almal mag deel wees, maar na ‘n hele ruk blyk dit toe dat dit hulle eie funksie is.

Ek gaan toe op na die dak toe en sien dat die hostel se Shabbat funksie geskuif is daarheen. En ek die hele ding gemis Gelukkig was ek nog betyds vir die ete. Ek was net betyds daarvoor. Daar sit ek toe op ‘n dak in Jerusalem, onder ‘n amper volmaan en eet Shabbat ete in die hitte van daardie nag.

Ete was ‘n berg geel rys met hoender en slaai, en brood wat oorgebly het van die Shabbat gebed.

Ek het nie oud geword na ete nie. Dit was ‘n lang dag, met baie ‘navigating the waters’ , nuwe en vreemde dinge, met ‘n hele rits van nuwe goed om te beleef wat voorle. Ek was op soos ou brood…

Eerste indrukke:

Die mense, oi, ‘you win some you lose some‘. Jy weet nooit wanneer iemand gaan help, jou skel of probeer ompraat nie. Maar as jy hulp soek, vra maar iemand wat nie in ‘n offisiële kapasiteit daar is nie – univorm, naambalkie, toonbank- vra eerder iemand anders.

Eerste indruk van die land: Dis warm (alhoewel dit nie Kalahari warm was nie- maar dit was maar die begin van hulle somer; die landskap was nie net woestynvlaktes nie, en sovêr wat ek gesien het is die paaie pragtig en daar lê nie vullis rond nie (ek sou wel spoedig die ‘seedy underbelly’ sien); die vervoer werk en die ou muur is vir my pragtig (hoe vreemd is dit). So dit was dag een, daar sou nog vrek baie dinge gebeur, indrukke sou verander en dinge gesien beleef word word.

Die Klaagmuur en die Dome of the Rock. Twee wêrelde reg teen mekaar.

Hieronder is solank 2 skribbels waarna ek hierbo verwys het, die met die drama op die lughawe oppad Israel toe, en die ander doolhof, Venesië

Follow me here