Gaan groen met gratis Londen parke, tuine en markte

Ek het baie gratis museums besoek, maar as jy my ken weet jy ek wil weg van die gedruis. En die gratis Londen parke, tuine en markte doen daai ding. Dis gratis en tipies Londen. En dis buite! Jy moet net hoop dat wanneer jy dapper en stapper, speel die weer saam. Of as jy wil sê welakapêla vir die weer, vat ‘n sambreel en reënjas saam

Gratis Londen parke, tuine en markte

  • St James Park 🍄🌲
  • Buckingham Paleis en die Change of the Guards 💂‍♂️🏰💂‍♀️
  • Hyde Park en Kensington Gardens 🌲🌳🌱🚣‍♀️
  • Portobello Road Market 🎭🍅🍆🥒🎶
  • Greenwich Park en Mark 🌲🏙🌲
  • Little Venice ⛵

St James Park

Hierdie was die eerste park wat ek bewandel het. Dis baie vreemd hoe die parke skielik die hele stad uitsluit en dit nie voel asof jy tussen geboue rondloop nie.  In die park het ek amper my kar omgegooi. Ok, as ek bestuur het sou ek dit seker gedoen het. Maar spreekwoordelik, het ‘n klomp mak eekhorings my my appelkar laat omgooi. 🐿

gratis Londen parke

Die naaste wat ek al aan ‘n eekhoring was is die waaierstert meerkat, en dit is nie dieselfde nie. Dis die klein dinge wat my dag gemaak het (soos Pinocchio in Rome). Die verrassings langs die pad. is baie keer die hoogtepunt van ‘n uitstappie. So daar loop ek deur ‘n park oppad na die seker die wêreld se bekendse paleis en ek gaan mal oor eekhorings!

Halfpad deur is daar ‘n brug oor water en eende waarvan mens die beroemde paleis deur bome kan sien. Dit is ‘n heel ander prentjie as wat mens op die TV sien. Mooier dink ek.

Gratis Londen Parke

Buckinham Paleis en die Change of the Guards

Die tuine rondom die paleis was vir my baie meer indrukwekkend as die paleis self. Dit lyk maar regtig soos ‘n boks met goue fieterjasies om.

Die Change of the Guards was maar eintlik ook ‘n ‘snooze fest‘ as iemand sou wou weet. Daar is so baie mense dat mens eintlik niks kan sien nie. Nes jy soortvan ‘n gat in die see van mense kry, lig iemand sy kind of sy meisie of sy vrou op hulle skouers.

Dan probeer jy maar jou kamera oplig oor die skare. soos ‘n periskoop. Die periskoop idee werk egter nie want jy neem eintlik net ‘n 100 ander kameras af. Ander mense het mos dieselfde idee as jy gehad.🤦‍♀️ Mens hoor so af en dan musiek of een of ander bevel maar sonder om te sien wat gebeur is dit maar afgewater. So ‘n lang storie kort, ek het nie eers gebly tot die einde toe nie.

Changing of the guard moet eerder genoem word people everywhere.
gratis Londen parke

Na ‘n telleurstelde ‘wag ruiling’ het ek koers gekies na Green Park net neffens die paleis. Van daar het ek gestap in die rigting van Hyde Park.

Hyde Park en Kensington Gardens

Dis vrek mooi, en groooot en laat mens heeltemal vergeet dat mens in die middel van ‘n groot stad is. Mens kan maklik ‘n hele dag hierdeur dwaal en piekniek hou en dinge doen op die water. Mens kan ook letterlik ‘stop to smell the roses‘ in die pragtige roostuin, as rose in seisoen is bygesê. Dis baie rustig hier al is daar heelwat mense. Die rustigheid is te danke aan al die bome en gras en gras en gras. Mens kan net daar sit op ‘n bankie en staar waarookal heen jy wil..

Die roostuin
Hyde Park
gratis Londen parke
Swane en ganse geniet die lewe. Die mense ook!
Gratis lLnden parke
Iewers hierna word Hyde Kensington

Iewers het Hyde Park Kensington Gardens geword, nie seker waar dit gebeur het nie, want dis eintlik een groot stuk aarde aanmekaar. Maar dit bly groen en mooi en oop. Op ‘n kol is daar ‘n Italian Garden en ‘n baie lang oop stuk gras ‘aanloopbaan’. Aan die einde van hierdie elle lang strook gras (waar ek net gevoel het om te hol en wawiele te maak) is die Kensington Palleis.

Die Italianse tuin binne die Kensington tuin.
Gratis Londen parke
Wat ek die ‘aanloopbaan’ noem. Hier wil mens net hol en spring
Die Kensington woning
Die ek ‘was-daar’ foto

Afrikaans by Kensington

Mens loop rustig af tot by die dam voor die paleis en kan weer vir ‘n wyle sit en staar. Dan gaan neem mens die ‘ek -was- by- die -Kensington- Paleis foto’. Hier het ek die enigste 3 Afrikaanse mense raakgeloop. As ek in die buiteland die moedertaal hoor vergeet ek myself heel en storm op die mense af.

Ons het ‘n paar woorde gewissel en die familie noem toe ook wat ek waargeneem het: daar is baie minder Afrikaanse mens in Londen as wat mens dink. Na hulle 3 was daar nie weer ‘n enkele Arikaanse mens raakgeloop nie (behawe die tannie in Edinburgh wat vir haar man gesê het :’Ek kry nie die blerrie toring in die foto nie’. Maar wees gerus, ek het nie op hierdie antie afgestorm nie)

Portobello Road Market

Vanaf die Kensington Gardens is dit net ‘n paar toonklappe verder na die Portobello Mark wat oor naweke die grootste is. Wat ‘n belewenis! Daar is mense, musiek en die reuk van kos in die lug. Alles is so bont en vrolik, mens kan nie help op te voel assof jy ‘n huppel in jou stap kry wanneer jy die feestelike Portobello betree nie.

Mens kan rondkrap vir amper enige iets tussen die miljuisend stalletjies. Ou plate, T-hemde, souvenirs, die mooiste grootste groente wat ek al ooit gesien het, tot allerhande ander kos-, nuwe en tweedehandse dinge. Mens wil net alles koop wat oulik is. Maar mens kan nie, want die mark hou net aan en aan. Jy sal bankrot wees en swaar dra lank voor jy by die kwart merk uitgekom het!

Op ‘n kol kom mens by die Travel Book Shop uit wat in die fliek Nottinghill was, maar wat baie telleurstellend nie ‘n boekwinkel is nie.

Kleurvolle mense in die kleurvolle mark
Alles en nogwat
Daardie boontjies is amper bome!
Bont Notting Hill huisies

Na kilometers se stap die dag met my af knie, het ek seker soos ‘n seerower met ‘n houtbeen gelyk. Maar stap sou ek stap want hierdie geleentheid sal waarskynlik homself nie weer voordoen nie.

Portobello was my eerste kennismaking met die markte aan doerie kant van die wêreld, en ek was gelukkig genoeg om deur die verloop van die vakansie nog te beleef soos die bekende St George’s Market in Belfast.

Nog ‘n paar dinge

Na ‘n hele dag op die voete, het ek nie kans gesien om weer al die pad terug te stap soos ek gekom het nie, en het by die eerste en beste stasie in te gaan en ‘n entjie te sit en reis. Hierdie stasie was die Notting Hill Gate en iewers het ek toe uitgeklim by Picadily Circus en daarna afgestap na Trafalgar Square waar ek in is by die National Gallery soos ek in my vorige skribbel genoem het.

Na die gallery was ek op soos ou brood. Ek was die oggend vroeg uit die vere om te begin loop en het al die pad gestap van Westminster stasie, waar arme Big Ben bedek staan tot wanneerookal hulle hom restaureer het, tot by Buckinham. Van hier stap ek al die pad deur die tuine en parke to die einde EN weer die begin van die Portobello Mark. Daar het ek begin kroek met die stap vir ‘n klein weile en met die ‘underground‘ gery tot by Picadilly waarna ek weer (lekker stupid) gestap het tot by Travalgar en die Gallery.

‘n Bus by Piccadilly Circus

En steeds is einde niet

Na die gallery stap ek to so waar as vet weer al die pad terug na die Westminster stasie. Oja, en oppad terug na die stasie stap mens by Downingstreet verby. Dan sien mens eers hoe misleidend die nuus kan wees wanneer hulle iemand daar afneem. Die plek is toe agter tralies en wagte, Ek het juis altyd gewonder hoe hulle die mens wat daar bly sommer net so oop en bloot laat lewe. Dit is toe nie so nie.

Ek is baie spyt dat ek vergeet het om my polar saam te vat. Sou baie graag wou weet hoe vêr ek en my seeroweer been gestap het.

Die Downing hok

Greenwich Park en Mark

Ek het my Karliener ontmoet op die Sondag wat ek daar was en het haar gevra om my te wys waarvan sy hou en nie noodwendig waarheen die toeriste stroom nie. Sy vat my toe Greenwich toe en ons ry met die DLR tot by Greenwich of Cutty Shark stasie. (Kan nie lekker onthou nie maar as ek moet wed, sou ek sê die haai ene.🦈 En ek sê dit net omdat ek onthou dat die simpel Baby Shark liedjie op daardie stadium van die geveg in my brein was. Iets moes dit ge-trigger het)😁.

(Dis is vir my vrek snaaks. My kariener het laat weet dat dit eintlik Cutty Sark is en nie shark nie, my brein het ge-autocomplete. Ek gaan dit net so los, vir die grap en vir memorability)

Die DLR het meestal op straatvlak gery so ek kon bietjie dorp vanuit ‘n ander oogpunt sien. Die bo-op die straat ding is vir my elkeval baie beter as die ‘underground‘ ding. Ek is immers nie ‘n mol nie.

Hierdie area is effens uit die pad uit, maar die moeite werd. Ons stap deur die klein Greenwich mark oppad na die park toe. Die uitsig oor London deur die bome en heuwels deur is pragtig en mens kry ‘n meer geheel prentjie van die stad se wolkekrabbers.. Dan, as jy lus het om op die 0˚ lengtelyn te gaan staan, sal jy die ‘Prime Meridian Lyn‘ hier kry. (dit tel seker as die ‘ewenaar’ van die lengtelyne). Die park is ook naby die gratis toegang National Maritime Museum. Maar ek is verby hierdie skip in die bottel want ons twee Karlieners wou nog gaan ‘afternoon tea‘ en London museum.

Oppad na die mark
Gratis Londen parke
gratis Londen parke
gratis Londen parke
Gratis museums in Londen

Little Venice

Hier was ek ongelukkig nie. As ek tyd kon inwurg sou ek nie omgegee het om hier rond te gaan dwaal nie. Aangesien ek darm al die regte Venesië gesien het glo ek dat ek hierdie sou geniet het.

En net soos met die gratis museums wat ek voorheen genoem het en die en gratis Londen parke, tuine en markte , is daar ook nog talle ander gratis dinge om te doen, Ek kon net nie by almal uit kom nie. Daar is regtig net te veel goed om te doen. My volgende skribbel sal gaan oor ander gratis dinge wat nie noodwendig onder die kultuur of buitelewe kan val waarvan ek die gekryf het nie. So vasbyt, volgende keer noem ek van wragtig waar nog gratis dinge, En een glo ek is selfs beter as die London Eye!

Follow me here