Kaarte vir Londen

kaarte vir Londen

Wanneer mens begin Googeleer wat daar is om te doen en sien, pop daar allerhande verskillende kaarte vir Londen op. Hulle probeer noggal smokkel met jou brein want met watter kaart ookal is allerhande dinge goedkoper, of gratis of vinniger. Hier is die vraag. To card or not to card, that is the question. Kommaan, dis snaaks veral gesien in die lig dat ou Willem Wikkelspies daar rondgedwaal het en dat die Shakespear’s Globe ook met een van hierdie kaarte te sien is. Hier is my opinie oor die kaarte van Londen.

Daar steek die Wikkelspeis gebou uit, die een wat oud lyk doer in die middel

London Pass

Hierdie is die outjie wat die meeste sy kop uitsteek. Ek het skoon bomskok gehad toe ek sien wat alles ‘gratis’ is. Die skok was nog groter toe ek die prys van die kaart in Rande omskakel. Ek besluit toe om alles op die Pass te ignoreer en ‘n lys te maak van dinge wat ek nog altyd wou gesien het en bereid was om voor te betaal. My lys was baie korter as al die ‘gratis’ goed wat mens met die kaart kan kry, en baie goedkoper.

Dit beteken nie dat die kaart nie waarde het nie

Maar as jy vir 10 dae daar gaan wees, en klomp van die dinge op daardie London Pass lys is goed wat jy graag wil doen, dan behoort jy voordeel uit die koop van daardie kaart te trek. Daar is regtig baie interessante dinge om te gaan sien met die Pass, maar daar is net so vrek baie dinge waarvoor jy nie die Pass nodig het nie. En moet nie vergeet van al die gratis, goeie kwaliteit dinge wat mens kan gaan sien en doen nie. Hulle is by vêrre meer as die ‘gratis’ goed op die Pass.

Ek stel voor maak ‘n lys met alles wat jy wil sien en waarvoor jy tyd gaan hê. (Die tyd faktor is noggal belagrik, ek het my heel misgis met hoe lank dinge gaan vat, en ook hoe lank dit gaan vat om by plekke uit te kom). Kyk wat die goed op jou wenslysie gaan kos en vergelyk dit met wat die Pass gaan kos vir die dae wat jy daar gaan wees. Vir my is dit altyd die bottom line : kostes. En daarom het die London Pass kite nie by my gevlieg nie.

Die Tower of Londen is een van die plekke wat met op die Pass is. Maar ek het dit gaan sien daarsonder omdat dit vir my doeleindes goedkoper uitgewerk het.

London Explorer Pass

Daar is toe wraggies nog ‘n kaart. Van die bekendste Londen doen-dinge is toe nou nie by die London Pass ingesluit nie soos die London Eye en Madam Tussauds, As jy goedkoper kaartjies hiervoor wil hê moet jy ‘n Explorer Pass koop. Omdat ek reeds besluit het om eerder die gratis Skygarden te besoek as die London Eye het hierdie kaartjie dadelik ook sy punt verloor. (Beide hierdie kaarte maak net sin vir hoe langer jy dit gaan gebruik en hoe meer goed jy wil sien)

Ek het ook al by 2 vorige geleenthede by Mandams verbygeloop, eenkeer in Amsterdam en eenkeer in Berlyn. Dit is seker ‘n belewenis, maar ek sal eerder iets unieks aan die stad wil sien as was mense. Nadat ‘n mens klaar ‘n duik in die ander besienswaardigede gemaak het, go for it!

Op hierdie kaart is daar ook ‘n Shrek en seedier aksie, maar soos met Tussauds, dit kan pret wees (veral die Shrek Adventure 🤢 ⬅ dis veronderstel om Shrek te wees 😉), maar daar is meer Londen -spesifieke dinge om te doen dink ek.

Oyster Card

HIerdie kaart was ‘n no-brainer. Mens het vervoer nodig, en hierdie is die gerieflikste en goedkoopste manier om dit te doen. Jy kan enkel vervoer kaartjies koop sonder ou Oester, maar daar is ‘n massiewe prysverskil tussen die 2 en boonop word die Oyster ge-cap. Dit beteken dat nadat jy byvoorbeeld 4 keer gery het die dag, betaal jy glad nie vir die res van die dag se reise nie. Maar dit hang alles af van watter Zone jy in is. Ek was meestal in zone 1 so vanaf 4 reise, het ek gery soveel ek wil teen geen ekstra kostes nie.

Kaarte vir Londen
Die 2 kaarte wat oral saam met my gegaan het vir 5 dae lank

Waar om die kaart te kry

Ek het met aankoms myne op die lughawe gekoop. Daar is sulke OTM- erige masjiene waar mens die kaarte koop. Jy gee die geld vir die kaart (5 Pond) en die pre-paid vervoer geld, die masjien spoeg die kaart uit en jy is gereed vir aksie.

Daar is ook oral sulke masjiene op die stasies, so daar waar vervoer is behoort ook so ‘n masjien te wees. Dis maklik om waar jy gaan die kaart te top-up. Jy druk jou kaart net teen die geel leser, gooi jou geld of bankkaart in, en jy is reg om weer in die pad te val.

Kaarte vir Londen
Ek het nie self fotos van die masjiene geneem nie en het hierdie foto gesien by die Rome 2 Rio webwerf en hulle het dit weer by ‘n Aude Vauconsant gekry (mens moet maar hierdie dinge noem) . Sien, dit lyk maar soos ‘n OTM, en mens kan hulle nie mis nie.

Daar is baie meer ingewikkelde opsies wanneer jy begin Googeleer. Kry jou kaart daar waar jy aankom. Moenie vooraf iets probeer koop nie. Dis heeltemal onnodig Daar is ook heelwat verskillende variasies, soos a Travelcard en ‘n Visitor Oyster Card. Al hierdie opsies gooi die appelkar heel om. Sit oogklappe aan en mik reguit na die plain straight forward Oyster. En boonop kry jy met hom aan die einde geld terug. Moenie jou kop oor al die res breek nie.

Hoe werk die kaart

Dis super maklik. Jy skandeer net jou kaart by die draaihek waar jy ingaan, en weer waar jy uitgaan. Afhangde van waar jy uitklim, trek ‘n bedrag af. Oor hoe minder zones jy beweeg, hoe minder word afgetrek.

Kry die geld terug

Wanneer jy klaar is, gaan jy net terug na die OTM tipe masjien. Jy skandeer die kaart en vra jou deposito (5 Pond) sowel as die balans wat nie gebruik is nie terug. (Daar moet net nie meer as 10 Pond op die kaart wees nie. Meer as dit is ekstra schlep, jy gaan moet vorms invul en ek weet nie wat anders nie).

Ek het gedink hulle vat die kaart terug wanneer hulle jou deposito teruggee, maar jy kry die kaart terug vir ‘n souvenir. Dit is net nie meer top-up- able nie, Lang storie kort, solank as wat jy hierdie kaart het is die world your oyster. Pun intended.😀

By hierdie Toolkit kan jy nog inligting gaan soek as hierdie nie genoeg was nie.

Kaarte vir Londen

Dit was dit vir kaarte vir Londen

Daar is baie kaarte, maar die een wat ek dink die sous werd is, is die Oyster. Die ander kaarte is voordelig vir wanneer jy lank gaan bly.

Follow me here