‘n ‘Straight stripe’ deur Edinburgh

As jy jou uitstappie soos boelie beef moet wees – stampvol, dan is die ‘straight stripe’ opsie ‘the way to go’ deur Edinburgh.

Vroegoggend, na ‘n nag in ‘n stapelbed wat my laat voel het asof ek in ‘n kis slaap, is ons voor die deur van die kasteel op die heuwel. Vroeg, want oggenstond het goud in die mond, en die ‘early bird’ en die wurm ‘and all that’, maar laat ek nie jok nie, kisslapery is nie vir sissies nie, dan spring jy maar elkgeval vroeg uit die vere.

Edinburgh Kasteel

Die kasteel was die wegspringplek van die dag, en daar was baie te verken. Daar is allerhande museum utstallings en dinge, maar bitter min van hoe dit oorspronklik was. En dit is eintlik wat ek wil sien- hoe dit in 19 voertsek gelyk het. Nietemin is dit ‘n laaaang uitstappie want daar is orals draaie en trappe en dinge om te sien. En die hoogtepunt, die ‘Noon Gun‘.

Eintlik wat dit beteken, is dat ek verken het tot die kanon gevuur het 13:00, ek wou dit graag sien. Dit is een van ‘n handjievol plekke in die wêreld waar dit nog gebeur, soos by ons eie Kaap, wat ook daar genoem word. Die enigste verskil is dat die Kaap nie ‘n bal het wat val nie. (nou moet ek nog eendag ons eie Kaap se middag vuur gaan sien in lewende lywe)

Die kanon afvuurder hou Carlton Hill dop, en wanneer die bal val, vuur hy. Al het ek in spanning daarvoor gewag, het ek steeds geskrik toe dit gebeur. Die video wat ek geneem het lyk of daar ‘n aardbewing was. En nadat my hart weer sy ritme terug gekry het was dit tyd om af te stap met die ‘straight sripe’ aka die ‘Royal Mile

Die regte egte doedelsak manne wou nie dat ek so naby aan hulle staan nie.
Die kanon en die toeriste gereed sodat almal hulle horlosies reg kan stel
Hierdie was nie die middagkanon nie

Royal Mile

Van die kasteel af, stap mens letterlik af met die pad. Daar is ‘n miljuisend dinge om padlangs te sien, en as mens orals ingaan gaan jy bankrot wees en jy sal nie die einde van die myl teen die einde van die dag maak nie.

deur Edinburgh
Net buite die kasteel
deur Edinburgh
Nog ‘n entjie verder
deur Edinburgh
En nog verder.

Daar is kerke langs die pad en kersfees winkels (jy lees reg). Daar was die ‘museum of childhood’ en aangesien dit gratis was was ek gou daarin. Behalwe by Hamleys in London, het ek nog nooit so baie speelgoed gesien nie. Dit is egter nie die goed waaroor vandag see kinders droom nie. Dit is van die speelgoed wat saam op die ark was, en van daai poppies lyk of hulle in nare flieks kan lewendig word. Die outydse poppies was baie teneergedruk. So hierdie was net ‘n woerts warts uitstappie.

deur Edinburgh
deur Edinburgh
Hulle lyk al te veel Grafsteensangerig.

Dan kom mens eindelik by die Holyrood House wat die koningin se amptelike woning in Skotland is. Daar was ‘n bouery aan die gang, so daar was nie veel te siene nie. Daar het wel ‘n paar ‘marching band’ lede rondgestap so iewers sou iets of het iets gebeur.

deur Edinburgh
deur Edinburgh
Haggis padlangs vir wanneer daardie myl net te lank raak. En dan het ek net een vraag, as daar vegan haggis is, kan dit nog haggis genoem word?

Einde van 1 myl

En hier was die einde van die ‘straight stripe’ deur Edinburg. Al was dit net een myl, het dit ‘n goeie tyd gevat om hier te stap. Al wat nou nog oor bly van Edinburgh, die stad van Mary Queen of the Scots, doedelsakke en Cashmere , is die dinge wat weg is van die ‘straight stripe’, Carlton hill, Princess street Gardens, en my gunsteling, Arthur’s seat.

Follow me here