Brûe, aarbeie en velde langs Skotse paaie en draaie

Die kortste afstand tussen punt A en Punt B is ‘n reguit lyn. Dis wat hierdie skribbel gaan probeer wees, ‘n reguit lyn van Cairngorms na Edinburgh. Punt A was ‘n vroegoggend koffie en croissant. Ek het besluit dat as ek ‘n reuk aan Europa/UK moet toeken sal dit moerkoffie en sjokolade croissants wees🥐☕. Alhoewel die lyn in teorie reguit is, was die pad nie. Daar was heelwat kronkels op die Skotse paaie.

Skotse paaie
Kronkels deur Cairngorms

Padlangs

Die lekker ding van jou eie vervoer is dat jy enige tyd kan ‘stop to smell the roses‘. of in hierdie geval velde en bruggies. En nee, ek het nie aan die brug geruik nie 😉. Hierdie bruggies was oral en en mens verwag half dat die sewe dwergies al singend hieroor gewals sal kom. Hierdie bruggies is so eenvoudig en tog so stewig dat hulle al donkiejare daar staan. En dan is die omgewing ook nie iets om jou neus voor op te trek nie. Dit laat mens voel asof jy oop arms moet heuwels op en af hardloop. Dit is noggal ‘Sound of music‘-erig.

Skotse paaie
.Brûe vir sprokieskarakters
Mooi velde in die sonskyn na die vorige dag se ysige weer.

Net soos langs velde bring die Skotse paaie mens ook deur klein dorpies waar mens kan bene rek. Ek kan glad nie meer onthou waar al die pitstops was nie.

Skotse paaie
Ek kan nie onthou by watter plek die aarbeie aanboord geklim het nie, maar ek onthou wel dat dit diep lekker was. Loshande die lekkerste wat ek al ooit geëet het. En kyk daai grootte! Hy is meer as net een suinige happie.
Skotse paaie
Padlangs kiekies
Skotse paaie
Nog ‘n brug oor nog ‘n rivier

Listen to the radio 🎶

Die pad was mooi en rustig. Die mense op die radio was nie. Hulle was hoogs ontsteld oor Frogmore Cottage en die koningklikes. Ek kon nie help om te lag in my mou daaroor nie. Dis die tipe nuus wat ons elke dag hier hoor, belastingbetalers wat vir die een en daai een se watookals betaal.

Queensferry Crossing

En met Edinburgh in die vêrte oorkant die laaste rivier van die dag, die Firth of Forth , is daar ‘n baie indrukkwekkende brug om oor te ry, die Queensferry Crossing . Jy hoef nie argitektuur of ingenieurswese te verstaan om hierdie brug te waardeer nie. Ek was nog nooit oor so ‘n lang indrukwekkende brug nie. Hier is die kiekies so in die ry geneem..

Skotse paaie
Daar voor regs kan mens sien hier kom iets indrukwekkends.
Skotse paaie
En dan is jy op hom….
….en in vervoering oor hoe die kabels hierdie ou in werking hou.
Hierdie plaasjapie se mond het behoorlik oopgehang vir hierdie bouwerk

In die Museum van Skotland is hierdie model van die brug asook die dikte van daardie kabels.

Liewe ouers! Hierdie is een van die kabels.

En toe was Edinburgh punt B . Hierdie was die beste ‘reguit lyn’ wat ek kon trek. Dan is daar nog net Ediburgh oor met die al die mooi van die Skotse stad en die ‘bunk bed’ wat my laat voel het asof ek in ‘n kis slaap.

Follow me here