Edinburgh

En dan is hierdie die laaste. Die laaste van Edinburgh. Laaste dinge van ‘n verkenningstog in die land van haggis en manne met rompe.😉En die laaste van die vakansie deur Verenigde Koninkryk. Na die ‘straight stripe‘ van die vorige skribbel, is hierdie die ‘zig zags’ van die Royal Mile af. Dit is al die grotes, Arthur’s seat, Carlton Hill en Princess Street Gardens🌲🌹🌸🐝. En net om vir oulaas kultuur en kennis in te werk was daar ook ‘n besoek aan die Scottish Museum.

Arthur’s seat

Ek is ‘n sucker vir dinge soos hierdie. As ek iewers ‘n stappie en ‘n klim kan inwerk dan gaan dit gebeur. Aan die einde van die Royal Mile, het ek regs uitgedraai en geloop na waar die voetpaadjies begin opkronkel na die sitplek van Arthur. Hier loop ek so waar as vet ‘n meisie raak wat in Belfast in die selfde backpackers gebly het

Dit was die laaste dag van hierdie besige vakansie, en na ‘n paar dae van winterkoue en reën, kon hierdie koppie uitgeklim word in die mooiste weer. Die laaste keer wat die weer so mooi was was in Dingle in Ierland. Arthur, was nie daar bo nie, maar die uitsig het daarvoor opgemaak.

Arthur's Seat
Arthur's seat
Amper bo
Edinburgh
Eindelik bo. Doer skuins voor is die kasteel waar die dag se uitstappie begin het.
Edinburgh

Carlton Hill

Carlton Hill is ‘n hill😉 . Dit is nie so dramaties soos daar waar Arthur sit nie, maar hier is 2 dinge wat ek dink te noeme is. Mens kan Arthur’s Seat baie mooi van hier af sien, en dit is ook waar die ‘bal val’ wat die skoot vanaf die kasteel elke dag laat vuur.

Edinburgh
Uitsig vanaf Carlton Hill in die rigting van die kasteel
Edinburgh
Arthur’s Seat van Carlton Hill af
Die Nelson Monument van waar die bal val as aanduiding dat die kanon by die kasteel kan vuur

Princess street gardens

Orals was daar mooi parke en tuine en hierdie een het ook nie telleurgestel nie.

Edinburgh
Kyk net hoe mooi
Edinburgh
Hierdie is ‘n werkende horlosie
Edinburgh
Edinburgh
Die Scott monument
Edinburgh
Hansie en Grientjie se huis
Edinburgh
Edinburgh

Die museum van Skotland

Hierdie was die heel laaste stop voor die terugtog Afrika toe, en ek wens daar was meer tyd. Hierdie plek het my brein laat spring soos ‘n hiperaktiewe kind op rooi koeldrank. Daar is so baie om te sien, en dit is interaktief. Jy mag druk en trek en vat. En niks is stowwerig soos wanneer mens aan museums dink nie. Dit is een spiekeries plek, en ek glo mens sal maklik ‘n hele dag hier kan rondloop.maar helaas, die tyd was my nie beskore nie. Ek kan wel sê dat ek vir Dollie en Bobby gesien het.

Dt is nie tipies Skots nie, so jy gaan nie in ‘n museum vol ‘kilts’ en doedelsakke inloop nie. Hier is alles en nogwat vir almal se smaak: geskiedenis, wetenskap en hoe dinge werk. Hier is weird prostetiese arms wat soos ranke lyk en klomp opgestopte diere (behalwe vir Dollie, is taksidermie glad my tipe ‘kuns’ nie.)TE VEEL DINGE! Nadat mens ‘n dag hier spandeer het gaan jy Trivial Pursuit se baas wees.

Edinburgh
Hier is ou Dolly. Shame, die bekendse skaap in die wêreld kon nie eers haar dae uitleef in een van die mooi velde hierlangs nie..
Dan nog ‘n bekende- meneer Dunlop en sy band. Gelukkig het hulle nie vir Dunlop soos vir Dollie opgestop nie.
Edinburgh
Een van die kabels van die brug waaroor ons gery het

En laaste, en buite was daar Bobby. Bobby het vir jare sy baas se graf opgepas. met sy dood het hulle hom ook daar begrawe en hy is nou verewig in Edinburgh as lojale troeteldier.

Edinburgh

Fluit Fluit

Van hier af was dit ‘n malle drafstap om bagasie te kry en die lughawe betyds te haal. Soos dit maar met my geluk gaan, was daar allerhande ‘avonture’ nog lank voor die einde van hierdie reis. Hier is wat ek ‘n vorige keer geskribbel het oor die drama met die vlugte terug.

Follow me here