‘n Paar dae in Florence

Florence is bekend vir sy kuns, maar ek is ‘n pleb op daardie gebied en dit was glad nie hoekom ek my daar bevind het. Florence was vir my eintlik ‘n bysaak. Ek wou bitter graag die Toskaanse platteland gesien het. Groen heuwels, bome soos soldate by die ingange van plase, ou toskaanse huise met terracotta teeldakke en ou Italianse ooms en tannies wat gelukkig en stadig verbygaan asof tyd hulle nie skeel nie(as jy al deur Jamie’s italy geblaai het sal jy weet wat ek bedoel).

Om dit te beleef het ek gereken dat Florence die maklikste basis van sal wees (omdat ek van publieke vervoer veratwoordeik was). Op die einde van die dag het ek meer van die dorp as van die platteland gesien. As ek braaf genoeg was om daar ‘n tjor te huur sou ek graag net deur die platteland wou ‘cruze’. Maar het jy al probeer bestuur as alles van jou kar aan die verkeerde kant is en dan moet jy boonop agterstevoorom ry. Dit is effe vreesaanjaend vir my. Ek het dit 2 keer probeer op die Duitse platteland. Gelukkig was die verkeer min daardie tyd. So nee, om uit besige Florence te probeer kom met myself as bestuurder….ai kona.

My beste 2 ondervindings in Florence was die pizza en gelato klas wat ek bygewoon het (dit was darm op ‘n plaas buite die dorp) en my wandeling deur die roos tuine.

Dis maklik om al die hoof toeristeaantreklikhede te sien. Alles is stapafstand van mekaar af (ek moet dalk net noem dat my staapafstand en die volgende ou s’n nie noodwendig dieselfde is nie. As ek byvoorbeeld aan die ouers dink….. ek glo nie hulle sal gelukkig met my gewees het as ek hulle op my ‘stapastand’ saamgesleep het nie).

Toskaanse platteland

Wat om af te merk van jou ‘ek- was- in- Florence lysie.

Die Duomo.

Dit is die ikoon van die dorp en dit steek orals iewers uit. Ek wou graag die Duomo en die Giotto’s Campanile (toring reg langsaan) gaan uitklim het. Ek het tot geoefen daarvoor, want ek wou nie graag uitasem raak in ‘n klein benoude spasie nie. Ongelukkig het ek nie vooraf die kaartjie gekoop nie want ek wou nie ‘n spesifieke tyd bespreek nie. Toe is dit vol bespreek tot lank nadat ek daar weg was. So as jy hou van klim soos ‘n bok, bespreek liefs vooraf jou kaartjie.

Ek het nie gaan klim nie, maar dit beteken nie dat mens nie die Duomo kan bewonder van buite af nie. Mens kan ook gratis na binne gaan. Ek het nie lus gehad om ure in ‘n tou te mors nie, het dus maar by die buite bly bewondering gebly.

En net ‘n random gedagte. is dit nie bietjie weird dat mense tou staan om in ‘n kerk te gaan fotos neem nie, maar daardie selfde mense tou nie om na ‘n diens te gaan nie? Ek wonder sommer maar net hardop. En ek weet dit gaan oor die argitektuur, dit is immers baie indrukwekkend, en as daar nie ‘n tou was nie sou ek ook ingegaan het. Ek kan net nie help om oor sulke random dinge te wonder nie.

Views of Florence
Die Duomo en die ‘bell tower’

Die Ponte Vecchio

Of die ou brug in die Moedertaal 👵. Dis regtig ouer as oud en net so ‘n groot ikoon soos die Duomo. Ek dink die 2 stamp koppe oor wie van hulle nou eintlik die meeste ‘Firenze’ is. Die brug is bebou met allerhande oer oue winkels. Dit is meestal juweliers waar jy net kan windowshop, want tussen die swak Rand en die plase se pryse wat hulle daar vra, gaan ons net uitgelag word.

Maar die brug kos niks so ek het ‘n paar keer oorgestap want ek was dan nou daar. Net so was ek ook ‘n paar keer oor die Rialto brug in Venesiê. Mens will immers die ervaring vaslê in die geheue, nes mens soos ‘n pappagaai geleer het op skool.🐦

Dag in Florence

Ponte Vecchio

Piazzale Michelangelo

En van waar sien mens die ikone? Van die Piazzale Michelangelo (die Michelangelo Plein). Die, is hoog op ‘n heuwel, Suid van die Arno Rivier en die groot besienswaardighede. Ek het sommer net gemik vir die heuwel en daarheen gestap. Daar is ‘n busstop daarbo, maar teen die tyd wat ek die bus sou gekry het wat daarheen gaan,kon ek al lankal daarheen gestap het. So ek het.

Giardino delle Rose

Hierdie pragtige tuin is net weg van die die Piazzale Michealangelo. daar het ek my verkyk aan die rose, die kunstigheid en die pragtige uitsig oor die dorp. En dit was gratis! Ek snuffel daai G-woord dinge uit. Mens kan nie anders wanneer mens reis met Rande in jou sak nie.

Nog verder links van hierdie tuin is die baie bekende Boboli Garderns. en die Forte di Belvedere. Hier betaal mens ingang, maar jy moet tyd hê om deur die merske tuin te wandel en alles te waardeer. By gebrek aan ekstra tyd en ‘n geldjie, meestal maar oor tyd, het ek nie hier uitgekom nie.

Views of Firenze

Kuns, kuns en meer kuns

Soos ek genoem het is ek nie ‘n groot kenner van kuns nie, ek sal dus nie die ondervinding waardeer het nie. Die bekendste stuk kuns is seker maar ou Dawid (ek mag verkeerd wees want weet weet ek nou eintlik?). As jy nou net moet na hierdie kunswerk gaan kyk, gaan jy hom kry by die Galleria dell’Accademia, of as jy kortpad soek soos ek, kan jy sy ‘kloon’ gaan sien waar hy ewe trots buitekant die Academia staan.

Dan is daar die Uffizi Palace and Gallery. Dawid en die Uffize is seker net so sinoniem met Florence as wat die Duomo en die Pont de Vechio is. Ek was daar verby, so ek kan in alle eerlikheiddat ek die 2 plekke gesien het. Ek was net nie in nie. Maar as kuns jou kielie gaan al die gallerye en museums jou vir dae lank kan besig hou. En dan moet jy dalk maar ‘n FirenzeCard kry anders gaan jy net so kaal soos Dawid met jou beurse aan die anderkant uitkom. Gaan maak maar elkgeval eers jou somme, dit is nie noodwendig goedkoper nie, dit hang af van hoeveel tyd jy onder andere het.

Die Dawid, maar nie die regte een nie.

Die Toskaanse platteland

Dit was mos nou eintlik hoekom ek daar was. Ek wou die platteland op ‘n Vespa platry, maar dit het nie gerealiseer nie en op die einde was dit ‘n groot vermorsing van tyd en geld. Ek gaan nou nie weer die hele relaas hier uittik nie, so gaan gou terrug en gaan lees hier. Hopelik leer jy uit my foute en help die raad in die skakel dat jy nie dieselfde as ek oorkom nie. Wel, ek het darm ‘n bietjie van die platteland gesien en dit was pragtig.

Dag in Firenze

Kos klasse

Ek het redelik op nommer 99, net voor ek gegaan het die bevlieging gekry om te gaan leer kosmaak. Dit was ‘n hoogtepunt! En daar is so baie om van te kies. As jy wil weet by wie ek sulke goeie ervarings bymekaar gemaak het, stuur ‘n epos en ek sal jou wys in hulle rigting. Ek het al ‘n wyle terug geskryf oor die kos-ding so gaan volg hier op en kry luus vir lekkerte.

Dag in Florence

Vervoer en verblyf

Van al die plekke waarby ek was was hulle vervoer vir my die minste goed. Hulle het nie ‘n ‘Metro’ soos die ander groot dorpe nie, en maak meestal gebruik van busse. Maar dit het vir my gevoel na meer moeite om ‘n busstop te soek met ‘n bus wat gaan na waar ek wil gaan dat, ek maar net geloop het. Dit vat seker maar ewe lank.

Omdat hulle vervoer ‘n storie is, stel ek voor, bly maar so naby as moontlik aan een van die treinstasies , die Firenze Santa Maria Novela (Hoof) en die Firenze Campo Di Marte. Ek het die 5 minute treinrit tussen die 2 stasies ‘n paar keer gery wanneer ek nie lus vir stap was nie. Die groot besienswaardighede is naby die hoof stasie en dan het ek van daaraf gestap.

‘n Dag in Florence

As jy net een dag het, behoort jy alles te kan doen soos wat ek dit gedoen het (alles behalwe die Vespa toer). As jy net rondloop, nie in toue staan en tyd mors nie, sal jy alles hier te siene kry en nog meer. Jy sal tot in die aand ‘n kosklas kan inwerk. Onthou, ek het hier ‘n bietjie iets gesien, en dan Pisa toe gegaan. Weer teruggekom. Dan het ek gaan simpel Vespa toer. En weer teruggegaan Firenze toe vir verdere verkenning. Ek sou waarskynlik baie meer van die dorp gesien het as ek ‘n hele dag daarvoor uitgesit het.

Indien jy egter die museums wil besoek, gaan jy defbeslis meer tyd daar wil spandeer. Die oomblik wat jy ‘n museum wil inwerk by jou dag gaan jy ‘n heel nuwe plan moet kry, of meer dae bly!

Wat nog?

Baie! Dis wat! Daar is nog so baie om te sien. Elke straat en plein en kerk is iets om te beleef. As jy eers al die groot besienswaardighede van jou lys af het, gaan loop net rond. Die hele dorp is ‘n ‘museum’. Kyk of jy die ‘lucky vlakvark’ by die leermark sien. Die baie oulike ‘aangepaste’ padtekens. Die argitektuur, die brue en die mense wat mens nie verstaan nie. Verwaal. want jy gaan. maak vrede daarmee en dan het jy dit. ‘n ervaring van Firenze!

En as jy lus is vir later, bêre dit op Pinterest

Follow me here