Kosmaak soos die Italianers

Ek is ‘n aanhanger van koolhidrate. There! I said it! So moet asb nie by my kom met blomkool pizza nie. Ek soek die regte ding. En so ook die Italianers. Moenie mors met hulle kos nie!

Met hierdie liefde vir koolhidrate moet ek noem dat ek nog altyd my eie pasta wou maak. Dit lyk altyd so mooi en maklik as iemand dit doen. Baie jare terug het ek vir die ma ‘Jamie’s Italy’ gekoop en heel eerste die boek geblaai na die pasta deel.

Dit het maklik genoeg geklink, maar dit het nie gewerk nie. In plaas van pasta het ons eerder ‘n soort kluitjie gekry. Ons meel werk nie so lekker nie. Maar nou, na al die jare weet ek hoekom.

When in Rome…

Ek was al amper oppad toe ek skielik die bevlieging kry om kosklasse te gaan bywoon. Ek gaan immers na die land van pasta en pisa. Toe ek eers begin soek kry ek ‘n magdom van verskillende kosklasse en toere. Ek besluit toe op 2 wat die sak soortvan pas (kyk, om ‘n klas by te woon is maar ‘n luukse wat ek sterk ge-mmmm en ge-haaa het oor, maar die behoefte aan hierdie ondervinding het op die einde die begrotings ‘rede’ oorkom).

Die 2 wat ek gekies het was ‘n ‘Pizza & Gelato’ klas en ‘n ‘Pasta making’

Pizza & Gelato

Hierdie klas het in Florence plaasgevind. Ek het ‘n aandklas gekies sodat ek eers al my dag se verkennings kon verken. Die klas het egter geskuif die dag voor die tyd na die dag voor die oorspronklike. Dit was super fynsny om toe betyds daar uit te kom, maar dit was een van die hoogtepunte van my tyd in Italië.

Ons het geleer van pizza en gelato op ‘n plaas buite Firenze. Ek was in die 7de hemel, platteland, mooi natuur, lekker kos, oorgenoeg ‘poeding’ en as bonus 3 Suid Afrikaners na amper ‘n week alleen. Een belangrike les wat ek hier leer is dat ons meel en hulle meel nie dieslefde is nie, en ek kan dit dadelik sien en voel toe ons die deeg aanmaak. G’n wonder ou Jaaamie se pasta wou nie in die Kalahari vorm aanneem nie.

Blomkool en Pynappels? Ba!!

Ek het vroeer genoem dat ek nie wil blomkool pisa hê nie, en die Italianers lag vir jou oor daai grappie. Hulle maak ‘n pizza traditioneel, met wat hulle ken, en bewaar die ou se siel wat durf vra vir ‘n ‘hawaian pizza’. Want ananas hoort nie op ‘n pizza nie, want pizza is nie nagereg nie. Dit was hulle antwoord nadat ek hulle direk gevra het wat is hulle wrewel teen pynappel. Hulle sal dus defbeslis nie blomkool pizza ooorleef nie!

Hier is my hele Pizza & Gelato storie. Ek was so in my knoppies met my nuwe kennis, die ervaring en die resepte wat hulle vir ons ge-epos het dat ek na ‘n nuwe spaarveldtog vir my ‘n ‘pizza stone’ en ‘n ‘Gelato maker’ gekoop, ek hou dus redelik gereeld die Italianse kant bo by die huis!

Pasta in Rome

My Rome pasta storie sal oor ‘n paar weke volg, hou maar gerus die spasie dop. maar tot dan moet julle maar die ‘crib notes’ lees.

Die pastaklas in Rome het ‘n ete ingesluit. Ek was onder die indruk dat ons soos met die ander klas van ‘scratch’ af ons eie kos sou maak. Die klas was egter net so halfuur lank. Ons het darm ons eie rou pasta gemaak. Weer het ons die meel gebruik wat ons nie hier op enige rak sal kry nie, ‘n eier ingemeng, gerol en geknie dat jou arms bewe, en toe is dit verby.

Toe vat hulle die rou pasta en sê dat ons moes wag vir die geregte wat hulle nou gaan maak. Toe sit ek daar soos Piet Snot alleen by ‘n tafel en wag vir ‘n 4-gang ete en koffie. Dit was goed om ordentlik te eet, want as dit van my afhang sou ek ‘n brood iewers in die verbygang gegryp het en aangehol het

Die halfuur pasta klas het dus uitgeloop in ‘n ete van bruchetta (en net vinnig, ons almal spreek dit verkeerd uit, dit moet ‘broe-sketta’ nie ‘broe-chetta’ nie. En daar het jy ‘n vinnige uitspraak les tussendeur). Daarna het ek ‘n bord pasta carbonarra gekry. Toe volg daar n bord met ‘n stukkie varkvleis en ‘n ‘polpetta’ op en heel laaste was die tiramisu. Dit was heeerlik!!

So ‘n sappie!

Dringgoed was ingesluit maar ‘n ander storie. Toe ek daar aankom vra die ou of ek ‘n glas ‘prosecco’ wil het. Ek sê nee dankie, waarop hy antwoord: ‘but I am offering!’. Toe ek weer nee sê kyk hy my aan asof ek hom geklap het, draai om en loop weg.

Met ete vra hulle weer om vir my iets te drinke kan bring. Ek vra toe vir sap. Die ou kyk my aan asof ek hom vir ‘n goudstaaf gevra het. Hy kyk my baie verbouereerd aan en sê dat hy nou sal terug wees.

Hy het te met iemand gaan praat en hulle het gereël dat hy by ‘n plek oorkant of langsaan vir my sap sou gaan koop (Kan ek net noem dat die klas in ‘n restaurant was. ‘n Restaurant met geen nie-alkoholiese verversings. Oi!!). So lang storie kort, hardloop die ou uit om vir my ‘n sap te gaan kry. Was ek wragtig die enigste mens wat nog ooit nie wyn wou drink nie? Die sap wat ek op die einde gekry het was iets pers en dit was hond lekker! ( Enige iemand hier wat ken van ‘hond eet sy ouma lekker’ ? As jy doen los asb ‘n kommentaar, dit sal my dag maak!)

En heel laaste toe ek lankal nie meer wil stil sit nie want daar is ‘n stad om te verken, vra die heel oorspronklike waiter, wat gedink het ek is ‘n aap omdat ek nie prosecco wil hê nie, of ek wil koffie drink. Ek was so lus vir ‘n koffie na my heerlike tiramisu en omdat ek nog klam was na die reën (hierdie gedeelte sal ek nog later vertel, hou maar die spasie dop.)

Koffie, blyk toe teer te wees in ‘ espresso’ koppie, wat net kwart vol was! Dit was nie eers ‘n ordentlike sluk nie.

Dit was my kosklas in Rome. Goeie kos, maar die ervaring kon nie kers vashou by die pizza klas nie. Nie eers amper nie.

So wat kan ek jou nou eintlik vertel oor kosklasse in Italië

Belewenis

Dit was ‘n belewenis vir my. So by so, dat ek nou gereeld by die huis hierdie lekker dinge maak en dan reis na Italië van die huis. As jou begroting en tyd enigsins toelaat, gaan woon so iets by. Dit was regtig vir my die moeite werd en ek het ‘n ordentlike ete in die proses gekry.

Fynskrif

Ongelukkig is daar fynskrif. Toe ek begin soek, het ek ‘n paar gekry wat my sak beter sou pas, maar die fynskrif laat nie enkel persone toe nie. Dit was dus noggal ‘n storie om plek te kry waarby ek kon inskakel. Die pizzaklas was een van hulle. ⭐⭐⭐⭐⭐ vir hulle. Enkellopers trek altyd aan die kortste end.

Die Pasta klas het nie fynskrif gehad wat ek kon sien nie. Ek boek toe my plek, by ‘n beskikbare tyd en datum. Nadat ek geboek het stuur hulle ‘n e-pos wat sê dat ek my afspraak moet skuif want die een wat ‘beskikbaar’ was is nie regtig beskikbaar nie. Nadat ek dit geskuif het laat weet hulle my hulle laat nie enkelmense toe nie. Al hierdie dinge het hulle nêrens vooraf gesê nie, en hulle website laat toe dat dit as ‘enkel’ geboek mag word!

Dit het my bietjie boos gelaat. Hulle laat weet my toe dat hulle my sal laat weet indien daar ander mense bespreek, dan kan ek saam met hulle inskakel. Dit alles nadat ek klaar betaal het. Lekker skelm as jy my vra. Maar op die einde kon ek darm die klas bywoon saam met ‘n paar Amerikaners wat glad nie wou hê dat ek saam met hulle moet sit nie. Die Pizza klas aan die ander kant het een tafel vir almal gedek en almal het lekker saam gekuier en geeët.

Internet beskikbaaarheid

Random? Miskien maar ek sou altwee klasse gemis het as ek nie elke oggend toegang tot internet by my blyplekke gehad het nie. My Pizza klas het geskuif, en gelukkig kon ek per e-pos in die oggende met hulle nuwe reelings tref. Die pasta klas het my ook eers die oggend van die klas laat weet dat daar vir my plek is.

Ja mens wil afskakel wanneer mens weg gaan, maar ‘n bietjie kontak maak geen skade nie.

Op ‘n ander storie, 3 jaar terug waar ek in Duitsland was het ek gebly waar daar nie internet was nie, Gelukkig het ek die dag voor die vlug gebly in ‘n plek met internet anders sou ek gemis het dat my vlug gekanselleer was en na vroeër verskuif is op ‘n ander lugredery. Ek kry sommer ‘n naarkol as ek dink hoe ek kon opdaag by die lughawe, min wetend dat ek veronderstel was om teen daardie tyd op ‘n ander redery se vlug te sit al halfpad iewers heen.

So al is internet ‘n moderne euwel, moet mens maar kyk dat mens dit iewers op jou reise het.

Dis dit

My grootste raad vir kosklasse wanneer jy iewers is, is maar net fynskrif en kontak met die mense. EN DOEN DIT!

Hier kan jy solank die hele storie oor die pizza en gelato gaan lees, die pasta les se dag kom nog.

Follow me here