Die Toring van Pisa : Hoe kom jy daar?

Hoeveel mense het jy al sien lawwe fotos neem by bekendste skewe toring in die wêreld? Genoeg om, as jy eendag Italië toe gaan, ook ‘skewe’ fotos te wil gaan neem? Die Toring van Pisa is effens van die pad af, maar met eerste wêreld organisasie is dit geen probleem om daar uit te kom nie. My uitstappie na Pisa kan jy hier gaan sien, maar die ‘hoe toe’ is volg hieronder.

Die ‘hoe toe’ van die Toring van Pisa

Die toring is in die dorpie genaamd Pisa. As die toring dus in Upington skeefgetrek het, sou dit die Toring van Upington gewees het.😉

Daar is seker ‘n hele paar goed om in die dorp self te sien, maar aangesien my tyd beperk was het ek gekies om nie daar te slaap nie, maar eerder ‘n kort uitstappie te doen vanaf Firenze.

Mens behoort van meeste groot stasies direk daarheen te kan ry. Dis wat ek gedoen het. Ek het van die Firenze Santa Maria Novella stasie na Pisa Centrale gery met die trein. Van die stasie af kan mens stap na die toring toe, maar weereens, my tyd was min en ek is geneig om te verdwaal in al daardie smal kronkelende straatjies. Ek het dus besluit om my beursie bietjie te skud en met die bus te ry tot daar.

Toring van Pisa vervoer
Dit het ‘ n wyle gevat voor ek hierdie gesnap het😅.As ek reg verstaan is dit hoe mens van die lughaee af inkom.

Die LAM Rossa is alles behalwe lam

Die busstop is regoor die ingang in die ou muur waaroor mens die skewe top van die toring kan sien. Mens kry so ‘n effense opgewondenheid wanneer mens die skeefheid die eerste keer aanskou. Oppad soontoe loop mens deur ‘n magdom souvenir stalletjies. Wat ‘n verrassing toe ek sien hierdie souvenirs is die goedkoopste wat ek tot dusvêr op enige plek raakgeloop het! Ek het dus van die geleentheid gebruik gemaak om hier ‘n paar dinge vir die mense by die huis in te pak.

Wanneer mens deur die ou ingang kom tref al die mense jou. Krom mense, mense met hande in die lug, langs die kant en voor hulle. Jip, hier is ‘n jy op die regte plek vir ‘n ‘beroemde’ weird foto.

Ek het al bewonder- bewonder afgestap na die kantoor om te kyk of daar nog kaartjies beskikbaar was. Vir ‘n slag was ek gelukkig. Ek kon die laaste kaartjie kry vir die volgende beskikbare tydgleuf.

Toring van Pisa

Kaartjies, bagasie en tydgleuwe

Met die kaartjie kan mens ook by die Duomo di Pisa, ingaan, maar ongelukkig was hulle besig om te bou en te breek, daar was dus nie te veel om te sien nie. Voor mens in die tou gaan staan om te klim moet ‘n mens eers jou tas gaan bêre. Moenie dink dat jy jou tas voor ‘n halfuur voor jou klimtyd mag gaan bêre nie. Hulle kyk na jou kaartjie en die horlosie en dan stuur hulle jou terug na die einde van die tou todat jou tyd reg is🤦‍♀️. Op die kop. Nie ‘n minuut voor dan nie.

Daarna kan jy eers afsit na die toring ry. Ek het dadelik my balans verloor toe ek ingaan. Mens sien die toring is skeef, maar vir een of ander rede het ek nie gedink dit gaan skeef voel nie. Nadat ek klaar vir myself gelag het, klim ek toe die skewe spiraal uit.

Is jy klaustrofobies?

Ek het ‘n effens probleem daarmee, en alhoewel klomp mense gesê het dat dit ‘n probleem kan raak, het ek nie een keer benoud geword nie. Ek dink dit is omdat daar nie baie mense op een slag mag klim nie. Dan is daar baie gereeld vesters, en nie ruite nie, oop vierkante, daar kom dus die heeltyd lig en lug in. So, moet dus nie kokommer nie🥒🥒!

Na die klimmery het ek net weer ge-backtrack al die pad stasie toe, sodat ek die res van die dag nog ‘n paar van die miljuisend dinge van Firenze kon gaan sien.

Toring van Pisa

Die cribnotes van die Pisa uitstappie:Hier is nou die ‘hoe toe’

Die trein

Gaan na die Pisa Centrale (dis die treinstasie se naam, en hier is die Trenitalia skakel)

Die bus

Buite die stasie, regs voor sal jy die bus kry, die Lam Rossa. Jy kan vooraf by die stasie ‘n kaartjie koop, of by die busbestuurder. Maar om veilig te wees stel ek voor om dit by die stasie te koop vooraf.

Klim op die bus wat gaan in die rigting ‘Park Pietrasantina’ dat jy nie in die verkeerde rigting gaan nie. Ry tot by die Torre stop. Dit is by die ingang langs die toring. Jy sal elkgeval weet wanneer jy daar is want die bus sal skielik leeg raak😀. Wanneer jy terug ry is dit dan net logies om nie weer op ‘Park Pietrasantina’ bus te klim nie nê!?

Vervoer Toring van Pisa

Die lughawe

Mens kan van die lughawe ook daarheen gaan. Ek sal nou nie kommentaar hieroor kan lewer nie, aangesien ek nie self probeer het nie. maar as die lughawe jou opsie is, gaan googeleer die Discover Tuscany webwerf vir hulle ‘hoe toe’ om daar te kom.

Die kaartjies

Daar is ‘n paar maniere om kaartjies te kry om die toring te gaan uitklim as jy ‘n klimmer is. Jy kan oor die internet boek, of by die kaartjie kantoor reg langs die toring. Jy sal dit nie mis nie.

Boek internet kaartjies deur die opapisa webwerf.Hulle is die offisiële kaartjieverkopers van die Toring van Pisa. Al die res van die webwerwe se kaartjies is baie duurder omdat hulle middelmanne is. So hou dit maar in gedagte.

Ek het direk by die kaartjiekantoor gekoop want ek wou nie gebind wees aan ‘n tyd nie. En ek was gelukkig om te kry. Dit was baie minder besig daar as by die ander torings waar ek was, en nie kon gaan klouter nie.

Souvenirs – of aandenkings in mooi Afrikaans😊

Oja, en baie mense is ontsteld oor die baie aandenking stalletjies wat voor by die ingang staan, maar ek het lekker ge-‘windowshop’ (ek kan nie dink dat venster inkopies enigsens na goeie Afrikaans klink nie). Ek het ook ‘n paar dinge gekoop omdat die aandenkings hier baie goedkoper as op ander plekke was. Hier kon ek 3 koop vir dieselfde prys as wat ek op ‘n ander plek een sou kon koop. Ek sê maar net.

Dit was my vreemde kiekie.Daar is ook net soveel dinge wat jy kan probeer as jy solo is.

Dit is dit. Dis redelik maklik om die Toring van Pisa van jou emmerskoplys af te merk. En as jy lus is vir die vleis om hierdie ‘hoe toe’ geraamte, gaan lees hier die res.

As jy eendag wil gaan Pisa, bêre een op jou Pinterest

Follow me here