Toring van David, Jerusalem

Vroeg uit die vere op my eerste oggend in die Beloofde Land. want al was dit Saterdag, was daar baie dinge om te sien. Die Toring van David en die muur om die stad en alles wat daar rondom is, was om my doen-lys vir die dag.

Smake van Jerusalem.

My eerste kennismakling met die smaak- dinge van die land was 7 uur by ontbyt.

Dit was ‘n vreemde versameling van dinge wat ons aan hierdie kant nie as ontbyt sal identifiseer nie. Goed soos tunaslaai, mielies, peppers, bulgar wheat en olywe. Behalwe die olywe, het ek al hierdie groenterige-bedrywe op ‘n pita brood gelaai saam met ‘n ‘soft cheese’ en tamatie en komkommer en dit was baie lekker.

Dinge wat ons aan hierdie kant ken as ontbyt was ook beskikbaar: eiers, hardgekook nie ‘sunny side up‘ nie, verskeie brode, musli, jogurt en vrugte.

En dan was daar goed wat ons nie ken nie soos rys toegedraai in druiweblare, tahini smeer en halva stukke, Al die ‘sout’ kosse was ge-olie en gekruie met smake wat ek nie ken nie.

Ek moet sê die rys in druiwe, glad nie my smaak nie. Dit was vreemd gekrui en ook ‘n bietjie slymerig van die olie sous waarin dit gestaan het. Ek het dit weer ‘n paar keer probeer, maar die smaak het net nie op my gegroei nie.

En ek het glad nie die tuna probeer nie, ek kon net nie die tuna asem ding vir ontbyt verwerk nie. Dit het my ook gad nie aangestaan toe ‘n ou een oggend langs my kom sit met sy tuma aroma nie. Die ‘gel’ net nie met die reuk van ‘n lekker koffie nie.

Die laaste vreemde ding by ontbyt was koek. Alhoewel ek nie gekoek en ontbyt het nie, het ek het ‘n paar oggende vir my ‘n stukkie koek uitgesmokkel vir teetyd.

Na ontbyt het ek amper gerol af in die pad na die Toring van David.

Die Toring van David

So op ‘n Saterdag oggend in Junie daag ek toe eerste op in die ry by die Toring. Early bird. Ek was nog nie eers by  die deure in nie toe begin dinge al gebeur. Die ingang het al klaar die eerste geskiedenisles en mini ‘light shows’ .Orals in die land het ek van hierdie ‘lig episodes’ gesien. Dit is verskriklik goed gedoen en verander enige plek in ‘n amper lewendige les.

Toring van David
Wag om in te gaan vir my geskiedenis les

Die Toring van David het eintlik niks met die bekendste David te doen nie. Hy het dit nie gebou of beman nie. Dit is donkie jare gebou nadat sy voetspore daar gelaat is. Dit is wel vernoem na hom in meer ‘onlangse’ geskiedenis. Die Toringgronde is as ‘n fort gebou deur koning Herodes en is deur die jare, maar net soos die res van Israel, gebou en afgebreek en weer herbou.

In hierdie museum oorkant die Jaffa Gate, leer mens meer oor die algehele geskiedenis van die Jerusalem eerder as oor die toring self. Hier sien mens die tydsverloop en bewindverandering oor die jare heen. Voor ek hier opgevoed is, het ek nie geweet dat daar so baie verskillende bewinde oor die jare was nie. Dit  is net ‘n Wonder dat die land van Israel weer Israel is.

Ek wil sê dat die museum uit 2 gedeeltes bestaan, die ou murasies, en dan al die nuwe uitstallings. Die uitstallings is baie interaktief. Soos wat mens loop luister mens na die ‘audio guide’, ligte gaan aan en af om dinge uit te wys en stories te vertel. Daar is ook heelwat argeologiese fondse wat daar gevind was, uitgestal. Meeste is vegters fondse. Pyle, garanate (nie die wat mens eet nie), ‘sling bullets’ en ‘balista stones’. Die toring was defbeslis nie ‘n speelplek nie.

Toring van david
Van binne na buite, oud en nuut
Die binnekant van die Toring van David kompleks.
Toring van David
Die hele binnekant verander snags in ‘n filmskerm

In die stilte van die môre het ek tussen die reunes rondgeloop, Op en af by trappe. In en uit al die vertrekke met uitstallings. Al om die mure om die uitsig oor sowel die ou en nuwe stad te waardeer. En dan ook belangrik was die in en uit skaduwee gevlegtery. Die son het begin byt. .

Toe ek klaar verken het, het ek met Ramparts walk begin wat op die App was wat die lughawe sekuriteit gedink het nie die waarheid is nie. Mens kan direk begin vanuit die Toring van David gronde en opklim na die muur van Jerusalem en dan om loop.

Tower of Dawid
Uitsig oor die Ou Stad tot by die ‘Dome of the Rock’
Die Ou Stad en die Church of the Holy Sepulcher
Uitsig oor die Nuwe Stad

Night Spectacular- Tower of David

Een van die somer aande wat ek daar was . was ek terug na die Toring van David vir die ‘Night Spectacular light show‘. Die naam sê dit alles. Dit was spectacular!!

Terwyl die lug van skemer na donkerblou na nag verkleur, loop mens in die Toring van David gronde in. mens sien dadelik dat iets baie opwindend gaan gebeur. Daar is ‘water’ wat teen al die mure afloop. Dit voel amper asof mens moet koes. Almal voel die opwinding en die wonder in die lug en kriewel opgewonde tewyl ons wag vir die skouspel om te begin. Dit stel nie telleur nie.

Pragtige blou lug soos wat ons wag om in te gaan na die vertoning toe.

Die oomblik toe dit begin, hoor mens die opgewondenheid. Die beelde word al om die binnehof van die Toring geskyn. Mens weet nie waar om te kyk nie aangesien die hele muur oortrek is van kleurvolle beelde. Die storie gee die geskiedins deur van al die bewinde oor die jare heen. Dit is dieselfde tema as die museum self, net baie meer kleurvol en ‘larger than life‘.

Die kleurvolle uitbeelding is pragtig. En met sekere tye is die beelde net te realisties. As daar mense se skaduwees oor die muur loop, moet ek myself keer om te kyk wie agter my staan. En die venster… Op ‘n kol het ek gedink dat die lig so goed saamspeel met die strukture wat klaar in die muur was, soos een van die vensters. Toe die gewone lig na die tyd aankom, sien ek dat daar geen venster was nie. Op daardie selfde tyd hoor ek ‘n ou skuins voor my sê: for the longest time I could not decide if there was a real window there or not, and now I can see that there is none’.

Dit was ‘n belewenis om so ‘n moderne weergawe van historiese gebeure teen ‘n ou fort se mure te sien.’ Die belewenis was ook om te sien hoe ‘ n lig, ‘n 3D uitbeelding kan gee en net kleurvolle kinderlike opwindinging te kan wees.

Ek was terwyl ek in Jerusalem was by twee van hierdie ligskouspelle. Die ander een was by die Stad van David en is ‘n skribbel vir ‘n ander keer. Hieronder is ‘n video wat ek op die internet gekry het van die skouspel en ‘n geddeelte van die program sodat mens die gebeure kan volg.

Toring van David

Hierdie was dan my eerste oggend en een van die aande by die Toring van David. Elke dag het ek hier verbygeloop en dit is een van die ikoniese silhoeëte van Jerusalem. Nadat ek die oggend klaar was by hierdie museum, het ek op en om die muur van die Jerusalem se ou stad geloop, en dit sal my volgende skribbel wees, want ek het net te veel goed gesien om hier in te pas.

Hoe toe vir die ‘Tower of David

Die laaste keer wat ek ge-hoe-toe het was toe ek in 2019 Engeland toe was, so my uitstappie Israel toe bied ‘n gulde geleenthid om te sê ‘how to do it yourself’. So hier gaat hy….

Koop vooraf kaarjies vir die Toring van David vanaf hulle webwerf. wanneer mens ‘n kombinasie kaartjie koop vir die museum en die ‘lightshow’ is dit goedkoper as om dit appart te koop. Lightshow kaartjies moet liefs vroeg bespreek word anders gaan daar nie plek wees nie. Ek het ‘n Italiaanse meisie saamgevat wat net voor ek uitgegaan het by die hostel aangekom het, ongelukkig toe sy ‘n kaartjie wou koop, sê hulle vir haar dat al die aand se kaartjies klaar uitverkoop is.

Die kaartjies vir die museum en die liggiefees, hoef nie op dieselfde dag te wees nie. Ek het op 2 verskillende dae gegaan. Ek het wel baie gesukkel met die webwerf, so by so dat ek hulle later moes epos om my te help. Hulle kon nie en ek het letterlik meer as 1 dag probeer om kaartjies te koop (ek het net so gesukkel met die City of David se webwerf). En toe ek dit eindelik regkry, kry ek een kaartjie in Junie en een in Mei.

Ek spring toe inderhaas op my epos en vind toe uit dat die stelsel party in die Amerikaanse datum formaat deurgee. So alhoewel altwee kaartjies aan hulle kant gewys het dat ek in Junie kom, het dit aan my kant gelyk sof ek 1 kaartjie al verpas het. En net nog een stukkie raad, print maar die eposse uit, hulle het my gevra daarvoor

Ek kon nou hierdie oorgetik het, maar wou die regs na links wys wat mens orals sien.
security
Muur van Jerusalem

Follow me here