Van kamp en koringkrieke

Spitzkoppe

Gewoonlik as mens ‘kamp’ met ‘n klein kattebak voertuig, beteken dit jy lê onder ‘starry starry night’ op een van daai oefen of stappersmatjies wat meer troos is dat jy nie plat op die grond lê nie, as ‘n matras.

Maar nie hierdie keer nie…….

Spitzkop kamp
Spitzkoppe

Na die pragtige paar ure deur die Spitzoppe park, was die dors erg en die voorkoppe warm. Tyd vir sit in skaduwee waar die briesie mens kan afkoel en die son jou nie klits nie. Maar ongelukkig nie op die Spitzkoppe gronde nie.

Dit sal ‘n pragtige plek wees om te kamp, as jy all die ‘bells & whistles’ het. En dan bedoel ek alles van water tot braaier en alles tussen in. My tjor sal ‘n ‘bell’ en ‘n ‘wistle’ kon saamdra, solank beide om my nek hang want andersins was daar nie plek vir ‘n muis nie. Maar kamp wou ons kamp…..

Toe kry ek hierdie kamplek direk langsaan wat vir jou tente met beddens en al opslaan, Jy hoef net op te daag. Briljant dink ek. Ek het nog nooit so luuks in ‘n tent geslaap nie. Gewoonlik lê ek op een van daai ‘verskoning matjies’. Hierdie keer was daar ‘n stretcher met ‘n matras en fancy wit beddegoed op. Bid jou aan! Wit beddegoed vir kamp. Vergelyk met my eie kampbeddegoed was dit super luuks. Gewoonlik, saam met my ‘verskoning matjie’ lê ek in Bush Baby slaapsak wat ek in die laerskool gekry het. Diè se zip het al jare terug die gees gegee en nou is die sak op baie plekke vasgewerk . Die slaapsak kan seker nou maar ‘slaap kous’ genoem word. En elke keer wat ek uit hom klim lyk dit soos iets wat uit ‘n papie uitbroei.

Spitzkop kamp
Spitzkop kamp

Na aankoms by die kampplek, was die eerste order van besigheid, koue koeldrank. Ons het hande vol koue blikkies by ontvangs weggedra en toe gaan sit in die skaduwee op die Spitzkoppe rivier bedding. Salig.

Volgende aksiestap was ‘n vuur, want wat is kamp sonder ‘n vuur. Ons het ‘n goeie bonfire aan die gang kry. Die geselligheid rondom die kampvuur lok mos toe allerhande gediertes. Sulke groot pers gepanserte koringkrieke. Ek ken ‘n koringriek. Ek hou nie van hom nie. Nie eers wanneer hy diep pers gekleur is nie. En daai goed verstaan ‘n mens. Mens moenie së ‘squash’, dood, of enige iets in daai lyn nie, dan lyk dit of daai ding mos soos ‘n stout kind wegloop en tong uitsteek. En dan skel hy jou mos ook nog, mens kan daai tjierie tjiere van hom vêr hoor veral wanneer wanneer hy ongelukkig is met jou.

Spitzkop kamp
Spitzkop kamp

Tewyl ek daar om die kampvuur sit en koringkrieke ‘dodge’ onthou ek my eerste kamp in die Kalahari. Ek dink ek was 7, want dit was net na die groot trek. Die bure het gesê ons kan vir die naweek op hulle plaas gaan kamp dat hierdie stadskindertjies kan sien hoe dinge in die platteland werk. Als was goed en wel op hierdie eerste opelug avontuur van ons….. tot die koringkrieke ons omsingel het. Ek onthou die hessian wat my pa om ons ‘long drop’ gespan het, was ‘n koringkriek paradys, en mens wil nie gaan piepie met honderde grillerige gediertes wat al om mens hang nie. So, dit is wat ek onthou van my eerrste kamp. Kringkrieke.

Koringkrieke
Koringkrieke hang soos ryp vrugte aan al wat ‘n boom, tak of bos is. Daai een doer regs lyk asof hy pull up doen, hy kort net ‘n help-my-sterk-lyk hempie.

En na al hierdie jare deel ek weer ‘n kamplek met hulle. Al wat verskil is hulle kleur. pers is seker hierdie seisoen se koringkriek mode.

Die beste koringkriek ‘encounter’ kom nog.

So gebeur die amper braai aksie. Ons wag vir die kole om reg te kool, sout en peper die vleis op die tafel langs die vuur. Elkeen draai sy rug op die vuur om ‘kamp dinge’ te doen. Sommiges het opelug storte gaan vat. (Mens stort in donkie verwarmde water tewyl daar letterlik niks tussen mens en die sterre is nie). Sommiges het gaan rondkrap in tente vir iets teen die aand koeligheid en sommiges het gedoen watookal hulle wou. Niemand het die vleis opgepas nie.

Koringkriek
Hulle hang toe nou nie net aan takke nie…Jy moes mooi kyk voor jy sit, of enige iets anders doen.

So gebeur dit toe met my terugkeer na die vuur dat ek iets vreemd sien uit die hoek van my oog. Ek het gaan staan, ‘n Tree teruggegee en my koplamp gemik na ons aandete. My vy! Daar sit die vark mos op my tjop. pens en pootjies. En hy sit nie net nie, hy vreet! Glo dit nou of jy wil of nie, maar ek kon hoor hoe die vervlakste koringkriek knaag. En asof die geluid nie al erg genoeg is nie, kan ek sien hoe die knypers van hom knyp. Dit lyk soos een van daai riller flieks waar die monster op iets toesak en sy gesig afvreet.

Koringkriek

Met dit ingedagte wou ek ‘n video maak van die affëre, maar ek was in 2 geskeur. Aan die een  kant heeltemal uitgegross, en aan die ander kant wou ek bewys hê van hierdie tjop slagting. Die ‘uitge-‘gross’-de kant van my brein wen toe en die gogga word sumier ge-‘launch’ want ek kon toe net sien as ek die tyd sou vat om eers die kamera uit te vis, hom te stel en terug te kom, sou ek terugkom na ‘n kriek en 17 van sy naaste vriende rondom ‘n afgeëette been besig om hulle knypers af te vee.

Wat het van die tjop geword? Ons het hom gewas,weer gesout en gepeper, gemeng met die ander tjops en gebraai. Niemand het geweet watter een was die ‘koringkriek roulette’ tjop nie, so geen vleis is vermors met die maak van hierdie kamp storie nie.

Na die koringkriek debakel, het daar ‘n fluffy wit kieterkat by die kamp uitgeval wat saam met ons vleisies en melkies opgeslurp het. Hy het net gekom om die ewewig te herstel, en vinnig het almal die riller uit hulle gedagtes gesit want ‘it’s so fluffy’, maak alles beter.

Spitzkop kamp
Die laaste bietjie goud voor die sterre uitgekom het.

Iewers In die tussentyd, het daar ‘n groep Gautengers angekom. Hulle is daardie tipe wat maak dat mense hulle oê rol en sug ‘buitelanders!’. Gelukkig is kampreëls 10 uur stilte, en wonder bo wonder het hulle daarby gehou, ongelukkig het die reëls nie ‘n ‘tot’’ klousule gehad nie. 6am-pikgiet -swartnag- donker, staan hulle op, en gil heen een weer vir hulle makkers wat wyd oor die kampplek verspreid is.

Dit laat my dink aan die ‘Wild Dogs’ wat lank, lank gelede, langs ons in Etosha gekamp het. Daardie klomp was buite-buitelanders op ‘n ‘African Safari’  en niemand van die ander kampers sou omgegee het nie as regte wilde honde hierdie klomp in die nag uit die kamp sou sleep nie.  .

Spitzkop kamp
Oggendstond het goud in die mond
Spitzkop kamp

Toe dit begin lig word kry ek toe maar ook lewe en wag effens ongeduldig dat die son uitkom (net na 7am) om ‘n paar kiekies te kiek. Oggendstond het mos goud in die mond en die plan vir hierdie dag was Solitaire, Sesriem en Sosusvlei soos dit al laas jaar die plan was……………………………….

Follow me here