Pompeii: Begrawe deur Vesuvius

Pompeii

Hierdie antieke besoek was my laaste een vir Italië, en ‘memorable’ as mens dit nou so kan noem.

Om by Pompeii te kom met mens met ‘n streekstrein ry. Dit is glad nie gekoppel aan die nasionale treine nie. Hulle doen dus hulle eie ding. Ek het noggal wilde stories gehoor oor sakkerollers en warm kry op hierdie trein. My sak is darm nie gerol nie, maar ek het ander probleme gehad.

Staking! Ek kon dit nie glo nie. Ek kom nou net van die huis af waar daar ‘n baie groot, langdurige staking was. Dit was so erg dat ek nie kon deurry lughawe toe nie. En so waar as vet loop ek my vas in ‘n staking op die laaste dag. Met die situasie by die huis in gedagte, was ek vrek benoud om gestrand te wees by Pompeii die dag voor my vlug. Gelukkig is hulle stakings meer ‘gentelmanly’ en het dit bepaalde tye en niks word gebrand, gegooi of verwoes nie.

Uitgekrap uit Vesuvius se as

Voor die staking die wind uit my seile gehaal het, het ek Pompeii verken. Die stad wat begrawe was deur Vesuvius. Dit is ‘n baie groot area om te verken. Die wielespore lê nog in die paaie. ‘n Paar pleke het heel behoue gebly. Die bes bewaarde plek is ironies genoeg, die bordeel en daar was ‘n die enigste tou mense op die perseel.

Maar fotos is ‘n duisend woorde werd, so ek sal laat hulle die storie vertel.

Sorrento

Ek kan nie veel van Sorrento vertel nie aangesien die staking my van my hele middag en amper al 9 lewens beroof het. Die dorpie teen die hange is bekend vir sy Limonchello en was pragtig vir my in die mooi sonskyn wat oorgebly het die middag. Ek het afgestap tot waar ek kon uitkyk oor die see, net gestaan in die vars sonskyn middag en my toe weer teruggehaas na die stase vir ingeval hulle dalk besluit om weer te staak. Gelukkig was hulle gentleman en kon ek darm in Napels uitkom.

Napels

Gagga plek. Ek sal niemnd aanbeveel om daarheen te gaan nie. Bly eerder in Salerno daar naby, of begin jou reis in Napels, dat jdie ander mooi plekke nie die standaarde so hoog stel dat napels soos n annekek op die vloer val nie.

Follow me here