Rome Reisraad : ‘layover’ & langer

Dit was die grootste fout wat ek gemaak het. Om net een middag, een hele dag en een oggend uit te sit vir hierdie stad. Ek het aangeneem dat die stad meer ‘n toeriste foefie is as iets waardigs. En toe bewys die Ewigestad my heeltema verkeerd en nou het ek Rome Reisraad te deel.

Die stad is so histories, met geskiedenis smaak my amper so oud soos tyd. Jy sal dalk net ouer kry in Egipte of Israel. Maar ek was nog nie by een van daardie plekke nie. Ek kan dus eintlik nie kommentaar oor hulle ‘oudheid’ lewer nie.

Die belangrikste stuk raad wat ek kan gee is BEGROOT GENOEG TYD HIER. Meer is beter. As jy net een stad in Italie moet kies, kies Rome. As ek weet wat ek nou weet sou ek ander pekke uitgelos het en meer tyd in die ou stad wou gebly het.

Hierdie is ‘n laaaang ‘post’, so as jy by die ‘good stuff‘ ,die tips, wil uitom ‘scrol’ dan na onder. Anders lees die hele ding, dan weet jy hoe ek geloop het en kan jy in my spore volg. Hier is die verloop van die ‘hoe toe’ van Rome :

  • Volg my voetspore
  • Raad oor : ingang (veral die wat gratis is); vervoer en verblyf
  • Raad vir ‘layovers’ (is daar ooit ‘n goeie woord vir dit in die Moedertaal?)

Hier is hoe my halfdag, vol dag en nog ‘n halfdag verloop het.

Ek het die middag per trein aangekom by die Roma Termini, die hoof treinstasie. By die stasie het ek ‘n 48 uur vervoerkaartjie gekoop. My weg gebaan na die Metro. Daar is darm net 2 lyne, blou en rooi so jy behoort nie te sukkel nie as jy weet waarheen jy gaan nie. (hulle is besig om nog ‘n metro-lyn te bou so dalk is daar teen hierdie tyd al 3).

My blyplek vir die 2 aande was reg by een van die Metro se stoppe. Dit was heerlik om nie my pakasie vêr te sleep nie. Ek kon wel nie die huisbak van die gebou kry nie want dit het soos ‘n gewone deur gelyk. So pôpô wat ek is, het eers gesukkel om by my plypek uit te kom. 😅

Van daar het ek terug op die Metro geklim en gekry na die stop by die Vatikaan. Het bietjie daar rongehang, nie die Pous gesien nie, die tou van mense bestudeer en gedink ek wil nie lewe mors om daar te staan en wag nie en maar eerder ‘n Geocache gaan soek. Ek het ophou soek want ek was bang die weermag wagte wat orals die vrede bewaar, dink ek is besig met iets verdags.

Van daar het ek geloop na die Tiber Rivier se kant toe. Verby die  Castel Sant’Angelo en oor die brug voor hom. Aan die ander kant van die rivier het ‘n wolkbreuk my amper weggespoel en iewers daar het ek op ‘n vensterbank uitgekamp totdat snorkels nie meer nodig was nie.

Rome resiraad

Castel Sant’Angelo

Daarna het ek ‘n pastaklas en ete bygewoon. Na die klas het ek net rondgeloop en by die Piazza Navona aangekom. Daar is ‘n baie groot fontein wat baie mense verkeerdelik aansien as die Trevi Fontein. Al is dit nie is dit ‘n kiekie werd.

Wes (as jy na die kaart kyk, want om straat vir my te sê loop Wes, gaan nie werk nie) van die Piazza Navona kom ek by die Pantheon verby. Ongelukkig is dit klaar toe en te donker. In die daglig verlig die gat in die koepel die Pantheon, en dis sy hele ‘claim toe fame’. ‘n Gat om lig te maak

Rome reisraad
Pantheon
Rome Reisraad

Markus Aurelius pilaar

Van daar wandel ek effens Noord-Wes en kom af op die Markus Aurelius pilaar. Die storie wat daarop uitgekerf is verstom my. Soveel detail. Soveel werk.

Daarna het ek hard probeer om die bekende fontein en die Spanish Steps te kry. Om net te wandel en dinge te sien is een ding, maar om na iets spesifiek te soek is ‘n hele ander storie tussen al die straatjies in die nag.

Na ek baie verder geloop het as wat die plan was, kry ek die fontein. Dit is BAIE groter as wat ek gedink het dit is. Ek kon die hele ding nie eers in een foto kry nie. Dieselfde met die Trappe. En was daar nou mens!! Die hoogtepunt van my aand se sienery was die Pinochhio winkel, kompleet met ‘n Geppetto wat poppe maak by sy houtwerktafel. Vir die wat dit gemis het, Pinocchio is ‘n storie met Italianse herkoms.

Na my nagtelike verkennig, was ek op soos ou brood. Gelukkig was daar ‘n Metro-stop net om die draai van die Trappe wat reg langs my blyplek stop. Jackpot!

Toe breek my voldag in Rome aan. Hier was die plan. ¼ dag by die Colloseum, ¼ dag by die Forum, en die hele middag by die Via Appia. Wel, die eerste helfe het volgens plan verloop, maar toe kon ek nie die bus kry wat na die antieke pad toe ry nie!

My voldag in Rome was ook gratis ingang dag by die Colosseum en die Forum. Ek was dus vroeg uit die vere om in die ry te gaan staan. Ook maar goed so want daar was al ‘n hele klomp mense ‘n halfuur voor die tyd. Toe die hekke eers oopmaak, het dit vrbasend vinnig gegaan om in te kom. Ek het so 1 en ‘n half ure binne die Colosseum spandeer, waarna ek oor die pad is na die Forum.

Colosseum
Rome Reisraad
Roman Forum

Die Forum het my besoek aan Rome gemaak! Dit was so ‘n onverwagte wonder gewees en ek het meer tyd daar deurgebring as wat ek beplan het. Ek het myself daar weggesleep om te gaan loop op die Via Appia, een van de oudste paaie, en Sondae is dit gesluit vir verkeer, so voetgangers kan dan bos gaan.

Met al die konstruksie en ander dinge, kon ek nie die busstop kry wat ek moes nie, en na ‘n uur se soek het ek besluit om eerder die ‘middestad’ verder te gaan verken. Ek was baie telleurgetel dat ek nie ook hierdie ou wonder kon kry nie. Die res van die middag het ek net geloop en gesien wat te siene is. En in die Pantheon ingegaan. Mens kan nie glo hoe goed die gat en die koepel beplan is om soveel lig in te laat dat dit lyk of die elektrisiteit aan is nie. En dit was woes bewolk ook nog.

Ek was goed moeg teen die einde van Sondag. My voete wou nie meer. My maag het geskree.

Maandag was ek uit toe dit nog donker was om die wêreld te aanskou sonder al die toeriste. Voor 6 kon ek in vrede die Spanish Steps en die Trevi fountain aanskou. Daarna was ek weer oor die rivier na die St Peter kerk wat al 7 uur oopmaak. Ek wou sien wat die ‘big deal’ is. Die big deal is dat dit ‘n groooot kerk is.Klink my die grootste in die wêreld. Eintlik dink ek nie dit is meer ‘kerk’ in die regte sin van die woord nie. Dis meer ‘n toerisme -ding. En hierna was ek nog betyds terug vir ontbyt by my blyplek.

Ek het my gasheer gevra of hy dink dis doenbaar dat ek na die Via Appia stap en terug voor my middagete vertrek. Hy het my eerder verwys na die Villa Borgese park vanwaar ek ‘n goeie uitsig oor Rome kan kry. Dis toe wat ek gedoen het. Dit was die perfekte uitsig om my besoek aan Rome af te sluit, maar daar was eintlik net nog soveeeeel dinge wat ek nog kon sien. Die park was ongelukkig te groot om te verken in die tyd wat oor was.

‘Click’ op die skakels as jy lus is vir meer ‘detail’ oor die Colosseum en Roman Forum. en as jy meer fotos wil sien kan jy hier gaan loer.

So watter Rome reisraad het ek nou eintlik vir jou?

Ingang

Ek het nie ingang betaal vir enige iets in Rome nie.

Die Colosseum en Roman Forum was gratis (elke eerste Sondag van ‘n maand is gratis toegang).(Jy hoef nie eers in te gaan nie, mens kan baie sien van buite af, maar dit is lekker om in te gaan en nader te staan)

Die Vatikaan se museums waaronder die bekende Sistine Chapel is weer gratis die laaste Sondag van die maand

St Peter’s Basilica is altyd gratis, maar as jy wil opklim tot bo in die koepel kos dit ‘n paar rand. Ek het gespeel met die idee, maar op die einde daarteen besluit. Dalk as ek meer tyd en minder engte issues gehad het.

Die Via Appia Antica is gratis en op Sondae is dit gesluit vir verkeer. Ek kon ongelukkig nie daar uitkom nie. Ek kon nerens nuwe webwerwe kry wat verduidelik hoe om daar uit te kom nie. Die wat ek wel kon kry is so verouderd dat die bus wat ek moes haal volgens hulle, nie meer was waar hulle gesê het nie. Mens moet dan seker maar Uber of Taxi totdat een of ander slimjan opgedateerde inligting kan weergee. Gehoop dit sou ek wees, maar toe nou nie.

Ander tipiesse Rome dinge is ook gratis: Trevi, trappies wat Spaans is, Piazza Nuova, die St. Angelo Bridge, die Pantheon. Te veel om te noem. As jou tydsberekening reg is kan jy ‘n goeie duik maak in Rome se dinge om te sien en beleef sonder om enigsens jou sak te skud.

Deur net rond te loop in die strate en die tuine en af te draai en trappe te vat, beleef en sien jy dinge wat geen geld kos nie. En die bietjie tyd wat ek daar gehad het was wraggies nie genoeg nie om alles in te neem nie.

Vervoer

Vervoer is redelik maklik, as jy die Metro gebruik bygesê. Ek kon glad nie die busding uitfigure nie. Die busstoppe wat ek raakgeloop het het geen inligting op nie, so ek het gestap en mol gespeel op die metro. En ek is nie ‘n voorstaander van die bustoere nie. Jy betaal ‘n arm en ‘n been en jy ervaar nie ‘n stad soos wanneer jy loop of van die publieke verkeer gebruik maak nie (wat in elkgeval BAIE goedkoper as die Hop on Hop of storie is.

Koop ‘n kaartjie vir die hoeveeheid dae wat jy daar gaan wees. Dan kan jy net opklim en ry soveel jy wil. Ek het ‘n 48 hour ticket gekoop, en hom goed gebruik. Daar is ook enkel , 24- & 72 uur kaartjies.


Die metro is by verre die maklikste vervoer in Rome. Hulle stop naby die meeste groot aantreklikhede wat ‘n mens graag sl wil sien. En daar was net 2 lyne, blou en rooi toe ek daar was, so dis nie moeilik om uit te figure nie.

Belangrike stops

Ottaviano op rooi. – Vatikaan en St Peter’s Basilica

Spagna (Span – ja, nie Spag-na soos ons dit wil sê nie.) op die rooi. – By die Spanish Steps en oploop na die Villa Borgee Tuine en die uitkykpunt. Van Spagna af kan mens gaan na die Fontana de Trevi, Pantheon, en ‘n magdom ander pekke om te sien.

Termini is by die treinstasie en hier kan mens die blou of rooi lyn klim

Colosseo is op die blou lyn, en soos die naam aandui is dit by die Colosseum. Dis letterlik net daar as mens uitkom staan daai ou gebou in al sy glorie daar. Net soos wanneer mens by die Köln stasie uitkom en die Kölner dom staan in al sy glorie daar. So ook wanneer mens by die Metro uitkom en die eerste ding wat mens gewaar is die Millan Duomo. Ek kry noggal ‘n ‘kick’ daaruit om dadelik ‘n landmark voor my te sien en nie daarvoor hoef te soek nie.🤸‍♀️

Hier klim jy ook af om die Roman Forum en Palatine Hill te besoek.

Van hier af kan jy loop om die Circus Maximus te sien, of as jy moeg geloop is kan jy net op die volgende metro stop, die  Circo Massimo (Blou lyn) afklim.

Nog ‘n stop verder by Piramide, is daar so wragtig waar ‘n piramied. Ek was daar om die bus te soek na die Via Appia toe, ek het dus nie te veel aandag aan die Pirmied gegee nie.

Verblyf

Al wat ek hier kan voorstel is bly naby ‘n metro-stop. Rome is groot, so jy gaan vêr stap.

Kaarte vir Rome

As jy langer daar gaan bly, kan jy kyk of die OMNIA kaart of Roma pass vir jou van waarde gaan wees. Vir my sou dit glad nie van nut gewees het nie, so ek het dit glad nie gekoop nie, maar dalk het jy ander planne as ek. (So ‘n ‘dorpskaart’ het nog net een keer vir my waarde gehad, en dit was die groep Frankfurt kaartjie, daardie kaartjie het sy waarde verdien al klaar van die lughawe tot in die dorp)(Ek moet seker iewers nog vir Frankfurt neerpen voordat ek met my volgende avontuur begin)

‘n Klompie ure op die lughawe ✈

‘n Vriendin het my gevra wat ek voorstel as sy ‘n lang wagtyd op die Rome lughawe gaan hê.

Hier is my raad.

Errste hang dit af van hoe lank die tydpwerk is – dis seker ooglopend.

Kom by Roma Termini uit, van daar is Rome jou oester 😉

Koop ‘n enkel kaartjie (jy sal waarskynlik nie genoeg ry om ‘n 24 uur kaartjie te regverdig nie) en besluit wat jy die graagste will sien, die oudhede rondom die Colosseum (blou), of die meer ‘nuwe’ oudhede soos die Spanish Steps en die Trevi Fontein (rooi). Mens gaan waarskeinlik net tyd he om of op die bloulyn te klim of op die rooi een.

As jy St Peters of Spanish steps/Trevi wil sien: Kies die rooi lyn in die rigting van Batttistini en klim af by Ottaviano vir St Peters. (Volg net die bordjies en die klomp toeriste en jy sal vining uitkom by St Peters plein en die Basilica), of Spagna (vir die Trappe en die Fontein).

Die terugtog van beide Spagna of Ottaviano is dieselfde. Klim weer op die rooi lyn, maar die keer in die rigting van Anagnina. (Ana-niena nie anan-giena soos dit vir ons lyk nie).(Dit laat my dink aan die klomp suid Amerikaners wat vir ons 2 Afrikaanse kindertjies gese het ons gorrel te veel  g g g g). Klim af by Termini. Van hier af kan jy weer terug lughawe toe.

As jy egter eerder die Colosseum wil sien, klim op die blou lyn in die rigting van Laurentina en klim af by die Colosseo. As jy nie net van buite af wil waardeer nie, en jy gaan genoeg tyd hê, koop ‘n skip the line kaartjie vooraf anders gaan jy al jou tyd mors om in te kom en gejaagd moet deurhol.

Na die tyd klim net weer op in die rigting van Jonina of Rebibbia en klim af by die Termini stasie om van daar af weer te backtrack na die lughawe toe.

Afhangde van hoeveel keer jy gaan ry kan jy besluit om enkel kaartjies te koop soos wat jy aangaan (@ 1.5/keer) en of jy eerder n 24 hour kaartjie @ 7 euros wil koop. As jy meer as 4 keer gaan ry, is dit beter om n 24 uur kaartjie te koop.

Hop on hop of bus. UUUMM?. Jy kan sker, maar hulle is ook verbonde aan verkeer, en jy het nie regtig beheer oor jou tyd soos wanner jy self besluit waar jy gaan nie. Ek sal net bang wees daar is een of ander verkeer issue, en dan mis mens mens se vlug. Vir my is die Bus toere te veel van ‘n dobbelry as jou tyd beperk is. En ‘n onnodige uitgawe al het jy tyd. Mens kan met die Metro en te voet orals kom waar jy will vir n fraksie van die prys wat so n busrit kos. En jy gaan nie vassit in verkeer nie.

My grootste tip vir rome is dus: gebruik die Metro, bly naby n metro stop en goeie skoene, want jy gaan baaaiie stap.

Follow me here