Die Como Meer: bly en ry

Een dag op die meer

Na ‘n verbasende lekker nagrus in my eerste hostel, is ek al weer vroeg uit die vere. Ek geniet ‘n heerlike ontbyt met ‘n pragtige uitsig oor die Como meer en die Alpe. Sal my voortande gee om elke oggend so te kan begin. Dit voel asof mens nie genoeg kan kyk om die wonderskoon in te neem nie.

Ek het al ‘n wyle terug my dag se verloop weergegee in Brits. maar hierdie slag gee ek die detail van die hoe, wat en waar. Ek het ure opgelees oor hoe om daar rond te beweeg en hoe ek gaan besluit waar om te bly en hoe vêr ek my tas gaan moet sleep. As jy dus ‘n kortpad soek, en wil leer uit my foute en ondervindinge, lees hier verder en volg die skakels.

Como meer
Beste uitsig om ‘n dag mee te begin.

Heen en weer oor die meer


Na ontbyt is dit ek en die feerboot. Volgens die skedule wat ek vooraf gekry het moet ek net duskant 8 daar aanmeld om ‘n kaartjie te koop. Daar gekom is ek egter ontnugter. Alhoewel ek betyds was ,volgens my, stem die skedule nie ooreen met die tyd wat hulle vaar nie.

Como meer
Ek kon nie die ding uitpluis nie al lyk dit ‘straight forward’, en het maar die kaartjie tannie elke keer gevra ‘hoe nou’.

Die res van die dag se bootritte verloop dus met rystaan by die kaartjiekantoor waar ek vra vir die volgende boot na waarookal aangesien ek nie die skedule kan uitpluis nie. Maar dit was nie ‘n krisis nie. Ek het orals uitgekom waar ek wou sonder om te veel te wag of om tye te hê.

Om heen en weer oor die meer te vaar agterop ‘n veerboot was die hoogtepunt van my dag. Net jammer elke rit was so vining verby. Daar is verskeie kaartjie opsies om van wal na wal te gaan. Daar is dagkaartjies en enkelkaartjies. Dit het egter goedkoper vir my roete uitgewerk om net enkelkaartjies te koop. Omdat ek in Menaggio gebly het, het ek besluit om ‘n ‘driehoek’ roete te volg. Menaggio na Varenna, Varenna na Bellagio, en dan van Bellagio af terug Menaggio toe. Indien ek ‘n ekstra bootrit/dorp sou wou inwerk sou dit goedkoper uitgewerk het om ‘n dagkaartjie te koop.

Como Meer
In die middel van baie water. Die hoogtepunt van my dag.

Jyt gery, nou waar om te bly? Of eers bly dan ry?

Om in die dorp Como te bly is dalk die minste drama aangesien mens naby die treinstasie sowel as die dokke is. Van Como af kan mens sommer met die trein of met ‘n boot na Varenna gaan en van daar af verken. Of na meeste ander dorpe per boot of bus. Ek het besluit om die gerief van Como se ligging ten opsigte van vervoer, prys te gee vir die pragtige uitsig wat ek van die hostel in Menaggio af sou kon geniet.

Ek het gereken dat as mens langs die pragtige meer gaan bly moet mens die uitsig kan geniet, en al waarvan ek dit af kon doen (wat my sak sou pas) was by die Menaggio Ostelo . Die verkeer soontoe en terug was effens ongerieflik, met die C10 bus, maar die uitsig het heeltemal daarvoor opgemaak. Indien ek weer die geleentheid kry sal ek egter eerder met die duurder boot na Menaggio gaan as met die goedkoop bus.

Vervoer was my grootste uitgawe om die meer te verken. Verder het ek gedapper en stapper na oral waar ek iets interessant gesien het sien.

Voorstelle vir ‘n besoek

As ek een van die dorpe moet uitsonder omdat daar net tyd was vir een sou ek se Bellagio. So as die tyd druk gaan wandel hier. En as ‘n bonus, as jy ‘n soettand het soos ek, het ek hier Nutella calzones ontdek. Vars en warm en smelterig.

Belaggio Como Meer

As jy nie trappe wil of kan baasraak nie, is Menaggio die beter opsie. Die ander 2 dorpies, veral Varenna, se slagspreuk moet wees ‘ hier klim ons trappe’. Varenna, meer as Bellagio is teen die hange gebou op ‘n baie klein oppervlak. Op ‘n klein oppervlak moet mens op bou. En hoe kom mens bo? Kilometers steil trappe. Dis hoe. Menaggio aan die ander kant is op ‘n baie groter oppervlak area gebou en is dus meer ‘been vriendelik’ as jy my vra.

Varenna: hier klim ons trappe

Menaggio

Daar is ook nog baie ander dorpies om te verken rondom die meer, maar oor hulle kan ek geen wyshede uiter nie aangesien ek met my 1 dag net 3 dorpies orderntlik kon inwerk.

Wat skeef geloop het

Ek wou die volgende dag Como gaan verken het voor ek my trein gehaal het (dan sou ek darm oor 4 dorpies kon saampraat). Maar die verkeer het ander planne gehad. Dit het my hare laat reis en my kake laat kners. Ek moes meer as een keer my asem inhou toe dit lyk asof ons ‘n muur of ‘n gebou of ‘n ander voertuig sou skep om ‘n baie nou, oorvol draai. En dit is die rede hoekom ek die boot voorstel ,eerder as die bus, as jy nie wil laat wees vir jou trein nie.

My bus was hopeloos laat, Ek kon dus nie in Como gaan rondloop nie, maar erger as dit het ek al my treine die dag gemis oor die, in my oë, berugte C10 bus. Maar ek moet darm vir die busbestuurder ‘n pluimpie gee al het hy my super laat by die stasie gekry. Hy mag bestuur! Ek het nog nooit sulke verkeer, of sulke super impressive manuvering skills in verkeer ervaar nie.

Vir dieselfde rede sal ek nie eers amper voorstel dat jy ‘n kar huur nie. Dis erg genoeg om te moet kophou aan die verkeerde kant van die kar en die pad sonder dat mens nog moet komkommer oor die verkeer en die nou strate.

Daguitstappies


Jy kan sien dat vervoer redelik ‘maklik’ is. As jy dus nie met verbyf regkom nie is die Como meer ‘n maklike daguitstappie weg van Milan. Daar is heelwat dagtoere van ander dorpe ook, Maar ek dink om op jou eie tyd daar rond te dwaal is ‘n miljuisend keer beter as om agter ‘n toerleier met ‘n sambreel aan te hardloop. Ek stem vir doen dit self. Dit is om en by ‘n halfuur se rit na die Como San Giovanni of ‘n uur na Varenna Esino (as jy direk gaan). Dit is dus maklik om in Milan te bly en deur te kom, maar eerlikwaar, wie sal eerder in ‘n stad wil bly as langs die pragtige meer?

So wat kan ek jou eintlik vertel?

In kort, alle paaie lei na Rome, of in hierdie geval na die Como Meer. Dit laat my dink aan die liedjie ‘trains and boats and planes’ 🚂🚤🛫

Hier is skakels vir die verskillende tipes vervoer

Jy kan daar kom met die trein.
Die maklikste stasies sal wees : Como San Giovnni en Varenna Esino

Die bus sal jou ook daar bring Die C10 bedien die een kant en die C30 die ander

En jy gaan by water wees, dus is daar virseker ‘n boot, ‘n hydrofoil of ‘n veerboot.
Volg die skakel om meer te weet, Wat waar en hoeveel,Sal ‘n dagkaartjie jou sak beter pas?

Hierdie kaart wat die boot en trein vervoer aandui is op die webwerf www.palazzodelvicere.com
Gaan loer daar rond vir jou beplanning.In die middel kan my ‘driehoek’ ook gesien word met die veerboot.

Kies jou verblyf volgens jou ( vervoer ) behoeftes.

My behoeftes het ingesluit lae kostes, ‘n uitsig en naby vervoer. Die Menaggio blyplek het aan al 3 voldoen, met die busstop en die veerboot dok NET DAAR!
Kies Como as jy naby die Como San Giovanni stasie en die dokke wil wees. Al het Varenna ‘n stasie moet ek sê dat ek nie dink dit gaan pret wees om met bagasie daar teen die trappe op en af te ploeter nie.


So neem maar saam met die kostes , die vervoeropsies en die schelp van bagasie sleep in ag.
Die meer en alles daarom en in is so pragtig dat ek nie genoeg kan aanbeveel om af te draai daarheen nie. Maak ‘n plan en pas die meer in.

Como Meer

PS. As jy wil sien hoe die dag by die Como meer verloop het gaan ‘click’ en lees hier.

Como Meer vervoer
En ‘pin’ hierdie as jy ‘n plan het om Italië te besoek
Follow me here