Hooikoors in die voetspore van die dorslandtrekkers

‘Dors’ het hierdie dag ‘n heel nuwe betekenins gekry. Dit en hooikoors.

Wonder bo wonder is die meeste van die vorige dag se skete en kwale weggeslaap en ek kon met nuwe moed en krag die dag aandurf. Maar eers nadat ek my stapskoene gekruis het met n bol duct tape sodat ek nie weer hoef te ge-tekkie het nie.

dorslandtrekkers
Een van vele ‘patch jobs’
Gou ‘n kiekie voor die dag begin

Ons ontbyt by koplamplig soos, ‘dear in the headlights’  en val vroeg in die pad, lank voor die son sy kop uitgesteek het. Die oggend was vris en vars en na die goeie nagrus was die pas snelvoetig. Maar maak nie saak hoe vining die voete geloop het nie, my neus het baie vinniger gehol. Ek het jare laas sulke erge hooikoors gehad.

Snuffels

Wanneer ek aan erge hooikoors dink, onthou ek dood warm Januaries in die laerskool. Ons moes voor skool in die oggende op die aletiekbaan wees. Die atletiekbaan was omring deur heuphoogte gras waardeur ons moes loop. Ek onthou dat die hooikoors my oë al jeukend laat uitpeul het soos twee pienk albasters terwyl ek genies vir die eerste span. Ek was nooit eerste met die hardlopery nie, maar niemand kon by my hooikoors kers vashou nie. Goeie tye.

Terug by die Kunene, jare na die atletiek trauma….…. My neus het gehol soos  Bolt en teen 10 uur die oggend het ek al 4 Allergex ingehad en al my tissues opgebruik. Gelukkig kon ek oral iets bedel anders sou ek my neus aan my mou moes begin afvee. Dankie vir al my tissue en neuspil helde!!

Sonop en stroomversnellings

Teen die tyd wat die son sy kop uitgeteek het, het ons ons eerste pitstop gehad.

Eerste stop vir die dag was langs die rivier net toe die son sy kop oor die rand uitsteek. Hier het ons gou gehidreer, skoene weer geplak en blase gedokter.

Ek is telleurgesteld in die ‘indestructible duct tape’. Ek kan nou sê dat dit defbeslis nie is nie, ek gee dit so 5 km dan is dit kas toe gestap, maar al moes dit gereeeld vervang word het dit darm gemaak dat ek kon aanhou met my stapskoene stap.

‘n Ent se stap verder, kon ons ons sakke neergooi en oor die rotse geloop na ‘n moeilike stroomversnelling. Daar het ons gehipnotiseer gestaar en -luister na die water wat storm en kolk oor die klippe. Ons het die koel lug ingeasem wat oor die water aangewaai gekom het en die natuur bewonder. Vir hierdie belewenis was ons op hierdie staptoer.

Middagete op wit sande

Van die stroomversnelling pitstop het ons verder stroomaf geloop.  Ons het op en af deur die bosse en rante gekronkel. ‘n Paar glye gehad en ‘n paar grype gegryp.  Daar was gelag, gepraat  en  genies. So het ons voortgestap tot by ‘n  wit sandstrand onder groot bome  langs die Kunene. Kampstoele was uitgepak en middagete het ons ingewag. Wat ‘n salige plek vir ‘n middag breek.

Met magies vol, die koel windjie onderdeur die bome en die rivier se kronkel doer neffens, kon mens niks anders verwag as ‘n sieta nie. Onder sonbesiegesang het almal iewers gaan uitspan om hulle oë en voete te rus.  Vir my was dit die ideale geleentyd om my neus te laat ophou loop, want as mens lê, kan hy nie loop nie. Ek het salig horisontaal verkeer op my 9de werwel met my bene oor ‘n tak en my kop weird gebalanseer oor ‘n kampstoel. Daar het ek net in vrede geluister na die middag geluide, my oë  en neus gerus, en net al luier geword met elke salige minuut wat verbygevloei het soos water af in die Kunene.

siesta voor die dorslandtrekkers monument
Hang aan ‘n tak kry ‘n ander betekenis

Terug in die tuig

Stuk-stuk het ons weer aan de gang gekom vir die 2de skof van die dag. Net soos die vorige dag, was dit noggal ‘n skok vir my sisteem om weer na die koel rustigheid in die son in te stap. Die son het weer genadeloos  neergeskyn en die skaduwee was minder as min. Ons was verder weg van die rivier en bome en het meroen klipperige heuwels betree. Op daardie klipperige boomlose heuwels het die gevoel asof die son van altwee kante af skyn.

‘Mam’ het klippe bewonder en saamgepiekel.  Ons radio het liedjies uitgeroep en die koor het ingeval. En voorlooper het net heeltyd gesê ‘net tot daar anderkant’. So het ons koers gehou in die rigting van waar ons paaie sou kruis met die van die Dorlandtrekkers van toentertyd.

Voor ons egter daar kan kom, het ons ‘n paar dapper stappers verloor by die afdraai na die Kunene River Lodge weens onloopbare blase. Hierdie is dieselfde afraai wat voor die sonopkoms net 10km vêr was.

Die son was nog nie eers uit nie toe ons die 10km bordjie gesien het, Wie sou kon raai dat ons amper dubbel dit sou loop, want ons het nie die ‘straight stipe’ ding gedoen nie

Net daar anderkant

Die res van ons het aangestap na waar die Dorslandtrekker monument is, wat  veronderstel was om ‘net daar anderkant’ te wees. Ek kan loop tot ‘net daar anderkant’. Dis geen probleem nie. Die probleem was egter toe ‘die heuwel net daar anderkant’ die ‘ hoë boom wat jy daar sien’, word en toe nog later die ‘heuwel met die bome op’ word. En so het die son water getrek. Ook my water…

Oppad na die dorslandtrekkers monument
Genadelose pad na ‘net daar anderkant’, en nee, dit was nie bewolk nie.
Zebra berge oppad na die dorslandtrekkers monument
Die Zebra berge wat lyk asof hulle gestreep is

Die koor se ‘beat’ het nie my bene geinspireer om vinniger te loop nie, en dit was nie lank nie toe bevind ek myself alleen op ‘n klipperige grondpad iewers in noordelike Nam met die son wat my koggel.

Ek is nie ‘n huiler nie (al lyk ek soos ‘n ‘whiner’ wanneer ek hier skribbel), maar dit het gevoel asof hierdie die regte geleentheid sou wees om op ‘n klip langs die pad te gaan sit en huil en wag tot iemand agter gekom het dat ek weg was en my kom oplaai. Maar ek het die nie gedoen nie en een voet voor die ander voortgesleep.

Net duskant moedverloor se vlakte sien ek eindelik ‘n bord langs ‘n heuwel wat wys ‘dorsland trekkers links’. Net daar is die murg terug in my pype want die einde is dan in sig. Die murg het vining orals uitgepeul toe ek op die heuwel staan en geen Dorslandtrekkers sien nie. Al wat daar was, was die uitsig oor nog ‘n stuk pad met ‘n klomp stapper spikkels doer vêr voor.

Dorslandtrekkers

My spoed was gebreek. Nog ‘n heuwel, nog ‘n bordjie. Die son was al oppad om nie meer water te trek nie toe ek onder by ‘n Everest van ‘n heuwel aankom en die bus sien staan doer vêr bo.

Ek het agteruit ten daai bult uitgeloop want dis al hoe ek daar bo sou kom. Dit laat my aan ‘n stuk onthou wat ons gelees het in die skool in ‘Die uurwerk kantel’ waar hulle agteruit deur modder moes ry om op die plaas te kom. Toe sê die ou dis partykeer al hoe mens vorentoe kom…om agteruit te gaan. En hier onder die Dorslandtrekker monument, was dit in my geval 100% waar.

Eindelik!! Ek het my sak afgegooi en al die water wat die son van my getrek het, het gemaak dat ek ‘n koel briesie op my rug voel. Salig. Ek het die dorslandtrekkers monument gaan besigtig. Dis nou my 2de dorsland belewenis. Baie jare gelede was ek saam met my mense in Etosha, en net voor die vloed ons amper weggespoel het, het ons gesien waar die trekkers daar deurgegaan het.

Daar waar ons gestaan het daardie middag na die lang stap af langs die Kunene, was waar die Dorslandtrekkers deur die Kunene is. Blykbaar is hierdie plek, Swartbooisdrif, die nouste deel van die Kunene en dis hoekom hulle daar kon deurgaan.

Wanneer mens daar op die heuwel staan en kyk oor die vlaktes, veral nadat mens self deur hierdie klipperige, ongenaakbare warm area gestap het, dan het mens nuwe waardering vir waardeur die Dorslanders was. Hulle het hierdeur gekom, deur die boendes, geen paaie en geen ondersteuningsvoertuie en geen beskawing nêrens nie. Per voet en per dier. Hulle is daardeur in omstandighede wat my bene onder my sou uitgeslaan. En dit moes baie van hulle se bene spreekwoordelik onder hulle uitgeslaan het soos die vele grafte van getuig. Mens moet hulle staal bewonder.

dorslandtrekkers
Die monument op die heuwel
dorslandtrekkers grafte
Grafte getuig van hoe hard die reis was
Dorslandtrekkers uitsig oor Angola
Tuur uit oor Angola aan die ander kant

Dors les en voete rus

Ek was gelukkig genoeg om my dors te kon les vanuit die bus se koelkas, iets wat die trekkers nie kon doen nie, ek kon in die bus klim en aangery word na ‘n kamp.

Na ‘n kort ‘roller coaster ride’ in die bus kom ons by die Kunene River Lodge aan. Wat ‘n oase na ‘n lang dag in die droë son. Ek dink die beste ding van hierdie kampplek was die gras onder mens se voete. Na ‘n dag se ‘akkupunktuur’ op warm, harde klippe, was die koel lafenis van die gras soos om op wolke te loop. Ek het amper weer ‘n huppel in my stap gehad.

Lafenis vir die voete…..
……en oë
Nog ‘n sononder vir die boeke

Daar was weer ‘n pragtige sononder na die weste en ‘n heerlike aandete om al die gate te vul.

Ons kon ook ons basse was….in styl.

Na die vorige dag se ‘wilde’ badkamer, was hierdie een iets vir die boeke. Daar was deure, en warm water en toiletpapier. Daar was ook ‘n monster van ‘n padda in die badkamer wat liefderyk gevang was, nie om te soen nie, maar om te ‘free willy’. En nee, dit was nie ek wat so gaaf was nie. Terwyl Juffrou die padda probeer red het, het ons banker pragtig gesing. Ongelukkig het die ander kampers nie die akkustiek waardeer nie en moes daar stilte neerdaal. En toe word ons ook stil onder die sterrehemel van Noord Nam.

Hieronder👇 is skakels van die ander skribels waarna hierbo👆 verwys word’

Follow me here