Caesarea
Vandag is Caesarea net ‘n oorblyfsels van die hawedorp wat deur Herodes gebou was. Ruïnes van sinagoges, ‘n amfiteater en ‘hipodrome’ staan nou as bewys van die hawestad wat eens op ‘n tyd, soos ook Jaffa, een van die belangrikstes van daardie tyd en omgwing was. Caesarea was een van die grootste in- en uitvoer stede van die tyd vanweë die feit dat dit ander hawens ligjare vooruit was wat argitektuur en ontwerp betref het.
Herodes die Grote het hierdie hawestad, en ook die Fort van Masada, gebou. Hy het die hawestad vernoem na die Romynse keiser, Caesar. Verskeie stede in daardie tyd is na Caesar vernoem, elkeen het net ‘n ekstra beskrywing bygekry. In hierdie geval ‘Maritima‘.
Caesarea is bekend as die plek waarheen Petrus saam met Kornelius gegaan het nadat hy in Jaffa die beeld van die doek met die onrein diere op die dak sien neerkom het. Kornelius was die eerste ‘heiden’ wat tot geloof gekom het hier. Nog ‘n bekende Bybefiguur wat daartoe bygedra het dat ons die naam Caesarea ken, was Paulus. Paulus het van hierdie hawe af op sy reise gegaan en is ook hier gevange gehou. Dit is heel moontlik dat hy sy laaste briewe van daar af geskryf het.
Que sera, sera
Die uitstpraak van Caesarea is ‘whatever will be, will be’. Ek het gesukkel om gehelp te word as ek na Se-Sa-Re-A verwys het. Ek kon netsowel gevra het waar Kakamas is. Wanneer ek egter vir iemand die naam gewys het het hulle gesê: ‘O , KAE-sah-rea’. En komaan, nou kan jy verstaan hoekom ‘Que sera’
Alles hierbo genoem is nou goed en wel en histories, maar vir my lê die wonder van die plek in die blote feit dat ek daar uitgekom het. Wanneer ek dink aan Caesarea, dink ek nie aan die argeologiese wonder of geskiedenis nie, ek dink aan die , kom ons noem dit maar ‘avontuur’, om daar uit te kom.
Laat die avontuur begin.
My foon het al in Nasareth begin ingee toe daar rook uit dit gekom het. So teen die tyd wat ek Ceasarea toe wou gaan, het ek nie tyd, ‘n ‘of-line’ kaart of Google vermoë gehad nie. Gelukkig is ek bietjie van ‘n ‘control freak‘ en moet ek alles vooraf weet wat ek kan. Ek het na ‘n lang gesoekery hierdie skakel van Irael rail gekry wat sê watter treine en busse mens moet gebruik. En die grootste hulp was die foto van die busstop, anders sou ek dit gemis het. Met daardie inligting het ek toe die datum waarop ek sou gaan se busse en trein skedules geprint saam met die foto en saamgvat. Dankie tog daarvoor.
Ek het dus hierdie inligting by my gehad , maar omdat ek dit ‘n maand voor die tyd gekry het, was ek nie seker of enige iets intussen verander het nie. Daar moes opgevolg word in ‘n meer ‘real time, time’. Ek sit toe af na die Hostel ontvangs die aand voor die tyd.
By die vorige hostel in Haifa het hulle my baie mooi gehelp toe ek verduidelik dat my foon buite aksie was, so ek het aangeneem dat hierdie groot Hostel in Tel Aviv dieselfde diens sou lewer. Ek was verkeerd
Die vrou by ontvangs was baie bot en net gesê dat sy my nie gaan help nie want ‘without a cellphone it is impossibe’.
As mense so is, trek ek mos rebel op myself. Ek besluit toe, ‘come hell or high water‘, ek sal by Caesarea uitkom.
Al was ek ‘n rebel, was ek baie op my senuwees om ‘blind’ na hierdie plek te gaan soek. Die treine en busse se koordinasie is redelik belangrik, so as mens iewers iets sou mis, sou dit ure vat om op ‘n volgende geleentehid af te kom. Dit was dus uiters belangrik dat ek op die regte tye op die regte stoppe moes wees.’No pressure‘.
Fase 1 :Die reis na Caesarea
Vroeg die more is ek en my papierwerk na die treinstasie toe. Die trein kry ek maklik en dit was nie 3 draaie nie toe is ek op die Binyamina stasie. Ek gaan soek toe die plek op die foto wat ek geprint het en kry dit vinnig. Sedert dit gepubliseer is het dit ‘n busborjie gekry, en ek wou nog ‘n foto neem daarvan, maar het nie.
Daar sit ek toe tydloos en wag vir die nommer 80 bus. Ek wil nie my boude beweeg vanaf die koue sypaadjie nie. (Dit is nie ‘n busstop met ‘n bankie en ‘n bord nie, dit is die sypaadjie). Skuins oorkant die pad is ‘n herkenbare busstop, en daar stop redelik gereeld busses, maar nie aan my kant nie.
Ek het gewag wat soos ure gevoel het, seker omdat ek geen verloop van tyd gehad het sonder ‘n horlosie nie. Op ‘n kol was ek redelik bekommerd dat die bus nie meer kom nie, of dat ek op die verkeerde kant wag, maar sit het ek gesit want ek het net een kans gehad om daar uit te kom.
En toe sien ek die 80 bus, maar hy gaan stop aan die ander kant van die pad, en daar sien ek hom wegry en hoe ek my enigste kans om Ceasarea te gaan sien, gemis het.
Gelukkig toe nou nie, want die bus het ‘n ent aangery, omgedraai en gestop waar ek gestaan het. My vet! Toe is ek oppad. Ek het skuins agter die busbestuurder gesit nadat ek vir hom my papier met die naam van Caesarea op gewys het. Alhoewel ons tale nie mekaar verstaan het nie, het hy geknik vir my, en na seker ‘n halfuur se ryery het hy beduie dat ek moet afklim.
Fase een was voltooi. Dankie tog.
Fase 2: Die besoek aan die Caesarea Nasionale Park.
Ek kon ‘n sug van verligting slaak. ‘I made it!‘. Volgens die koördinering van die vervoerplanne, kon ek 2 ure rondloop voor ek die bus terug moes kry, as ek hom gemis het sou daar eers na nog ‘n verdere 2 ure ‘n bus kom, en dan sou ek nie die regte trein kon kry nie met nog ‘n ekstra gewagtery, en sou ek eers in die nag terugkom in Tel Aviv. So dit was ‘n hele domino van gebeure wat of skeef of goed sou loop.
Caesarea Maritima
Dit was n pragtige dag. Die son het geskyn en ek moes aanmekaar sonbrand smeer sodat ek nie terugkom met my ‘skil’ wat afdop nie. Die wind van die see af was verbasend warm. My mense weet dat as ‘n luggie trek, trek ek al my rooi truitjie aan, maar hier was die wind aangenaam warm, vriendelik eintlik. Ek het nie eers gedink aan ‘n truitjie nie. Ek het langs die see gestap en die vriendelike wind op my voel waai en gewonder watter tipe stad hierdie moes wees toe hy nog heel was. Het die mense daardie tyd oor die see uitgekyk en die mooi blou van die water en vris seebries waardeer, of was dit net vir hulle ‘n plek wat ‘n doel was tot ‘n middel?
Die hawe
Herodes het die hawe ontwerp. Hy het fondasies in die see laat bou sodat die hawe kon uitbrei in die see in, met die gevolg dat meer skepe kon anker nader aan die land. Hierdie hawe was sy tyd vêr vooruit.
Ek het by die besoekersentrum ingeloop en was toevallig net betyds vir die video vertonig van hoe Herodes in bewind gekom het en hoe hy die hawe laat bou het. Dit dra baie by dat mens kan ‘conect the dots’ tussen wat oorgebly het en wat was. Hier is ‘n skakel met ‘n kort video.
Die hippodrome
HIer was resiese gehou asook ander publieke ‘vertonings’ soos byvoorbeeld terreggestellings. Ek hou noggal van die direkte verrtaling van Grieks: ‘Horse Course‘.En ‘’horse’ is wat jy hier sal sien. Daar is 2 kunstige perde met ‘n strydwa gereed vir aksie net buite die ovaal aangebring. Soos wat ‘n mens met die lengte van die baan afstap, kan mens nie help om te wonder oor die gebeure wat hier plaasgevind het al die jare terug nie.
En hierdie is nie die enigste hippodrome nie. Ek is bevoorreg genoeg om drie van die bekendes te kon sien: die Hippodrome van Caesarea Maritima, die Circus Maximus van Rome en die Hippodrome of Constantinople in Istanbul. Dit wys mens net hoe groot die Romynse Ryk was en hoe lief hulle was vir ‘sport’.
Amfieteater
Aan die onderpunt van die hippodrome is daar nog ‘n paar ruïnes waarvan een nog onder ‘konstruksie is. Dit is die tronk van Caesarea waarin Paulus waarskynlik opgesluit was. Ook is daar die oorblyfsels van ‘n paleis as ek reg onthou, en langsaan nog hengelplek. En dan is mens my die Amfieteater heel aan die onderpunt van die park. Die teater is die grootste struktuur in Caesarea alhoewel dit nie die oorspronklike is nie. Oor die jare heen was dit vernietig en vandag is dit ‘n samesmelting van oud en nuut. Die Amfieteater is vandag in werkende toestand en baie konserte word hier gehou. En vir een of ander rede het ek nie ‘n foto daarvan geneem nie, so hier is ‘n skakel na ‘n kort video van Caesarea met die Amfie.
Badhuis, huise store en strate
Van die teater loop mens weer terug deur die hippodrome se gronde. Langs dit en aan die ander kant is die oorblyfsels van huise, strate, sinagoges en die beroemde badhuis. Die badhuis is waar die rykes gaan lê het in water, gestoom het en ek kan net wonder wat nog.
Sekere van die vloere en mure tussen ruines is ook nog baie goed behoue. Al wat egter nou hier ‘n tuiste het is vet akkedisse en duiwe.
Die Akwaduk
Ek het by niks ge-hanna-hanna nie, omdat ek ‘tydloos’ was. Het elke nou en dan op iemand afgestorm en gevra hoe laat dit was. Toe ek weer by die beginpunt was, was daar seker ‘n halfuur na ¾ uur oor voor die bus (teoreties) weer sou kom, maar ek moes die kus ophol om die akwaduk te gaan sien.
Met die oplees oor Israel het ek gesien dat daar oorblyfsels is van ‘n akawduk. En vir geen rede nie, fassineer ‘n akwaduk my. Ek wou dus met alle mag en mening dit gaan sien.
Om daar uit te kom, moet mens die met die kus opstap vir so ‘n kilometer. Om nie tyd te mors nie het ek daardie moeilike spoedstapper stappie uitgehaal. Ongelukkig het dit vir my gevoel soos in ‘n droom wanneer mens haastig is en nooit uitkom waar jy moes wees nie.
Ek het my skene kramperig gestap maar nie gevoel asof ek daar gaan uitkom nie. Daar kronkel ek toe deur die veldpaadjie langs die kus op. Ek kon darm nog die veld en die uitsig waardeer (al lyk my fotos na ‘n pragtige veld van onkruid).
En aan die einde van die veldpad, kniediep in seesand, staan die akwaduk. Dit is noggal iets om te waardeer. Die kant wat na Caesarea to gegaan het is weg, maar die deel wat opgaan, strek op die oog af nog baie vêr. Dit sou interssant gewees het om ‘n ent daarlangs te loop en die argitektuur wat die eeue bly staan het te waardeer. MAAR busse wag vir niemand nie.
Met die wete dat busse nie wag nie, spoedstap ek weer terug na die park se hek toe. Het darm ‘n paar keer gestop to ‘smell the roses‘ of die onkruid in hierdie geval om ‘n paar kiekies te neem. En so waar as vet, was ek nog betyds. Dit hele tydlose ding het my noggal verwonder. Ek kon nie verstaan hoe tyd so stadig kon voel as jy nie weet hoe laat dit is of wat die duur van een ding na ‘n volgende ding is nie.
Fase 3: die terugtog
Ek het gou weer iemand voorgekeur vir die tyd en toe uitgestorm na die busstop toe. Daar het ek gewag en wag. Weer was ek bekommerd dat my papier wat ek van die huis af gebring het verkeerd was, maar ek kon nie loop nie vir ingeval die bus wel sou kom.
Ek het regtig baie lank gewag. Daar is nie regtig ‘n manier om te beskryf hoe verlore mens voel nie. Eerstens is hierdie plek heelwat uit die pad van alles uit. So die enigste vervoer hier is toerbusse, huurmotors en die nou en dan se 80 bus. Tweedens, het ek geen manier gehad om iemand te kontak nie. Derdens, ek kon nie eers stap nie? Waarnatoe sou ek kon?
So met al hierdie in my agterkop was my boude benoud. Op ‘n kol het ek terug na die hek gestap om te hoor hoe laat dit was en of iemand kan kyk of daar nog ‘n bus sou kom. Al wat hulle gesê het is: ‘Just wait‘. Wat ‘n bemoedigende boodskap.
Ek is toe maar terug busstop toe. Om my aandag af te lei van ‘impending doom‘, het ek die wit waks uit my Caesarea voubijet gelees.
En toe wonder bo wonder, baie laat kom die bus aan……maar hy ry na die ander kant se halte. Hy het nie eers gestop nie want daar was niemand nie. Ek spring toe daar op en storm op die amper wegtrekkende bus af met arms wat soos ‘n windmeul swaai.
En toe sien hy my. Ons oë het ontmoet. Maar in plaas van romantiese musiek en hartjies in die lug, sien mens hoe die bus tot stillstand ruk in ‘n bol stof terwyl ek skreeu stoooooop en ek is doodseker skreuende brieke was ook in die mengsel.
Dit was dieselfde drywer as die oggend, en hy het hierdie amper ‘clueless‘ toeris herken en gestop. Verligting kan beskryf word as ‘n bus wat stop. Om te weet dat die oomblik wat jy in die bus klim alles OK sal wees, is ‘priceless‘ soos wat die Mastercard advertensie ons geleer het.
Toe ek my asem kon uitlaat sien ek vir die eerste keer sedert die oggend ‘n horolosie, en sien dat die bus baie laat was. Maar wie gee om. Ek is dan op hom.
Toe die drywer stop by die stasie het ek vir hom baie mooi dankie gesê en het amper ‘n glimlag uit die ou gekry. Teen die tyd wat ek op die trein kon klim was ek op so ‘n ‘high’ dat ek hierdie uitstappie kon doen sonder hulp of ‘n foon, dat ek nie kon wag om by die hostel uit te kom nie. Ek wou baie graag vir die nors vrou wat my nie wou help nie nie van my suksesvolle Caesarea besoek vertel. Maar ongelukkig was sy nie daar vir die res van my verblyf nie. So ek kon nie my sege met iemand deel nie….tot nou.
Daar is dit. ‘n Klein bietjie van Caesarea, ‘n groot deel van die avontuur om daar uit en terug te kom.
Hoe toe
Vir ‘n plek wat net 60 km weg is van Tel Aviv, is dit nie grappies om by uit te kom nie.
Hierdie skakel van Israelrail, het die meeste gehelp. Dit is maklik om vanaf enige treinstasie in Tel Aviv (of Haifa) na die Binyamina stasie te gaan. Die ‘trick’ lê daarin om die regte trein te van om betyds die 80 bus te kry. Die bus ry nie gereeld nie. Google dit of gebruik die Moovit app. Die probleem net daarmee om vooraf die skedule kry is dat dit nie veranderinge in ‘real time‘ aandui nie, soos met die dag wat ek geland het wat die treine skielik nie gery het. En om die Moovit app in ‘real time’ te benut vereis internet.
Die bus stasie se naam is Binyamina Rail Station/HaTahana, dit is by die Westelike uitgang. Op die Israelrail foto is daar nie ‘n bord wat die stop aandui nie, maar toe ek was, was daar een. En as jy wil hulp vra, vir KAE-sah-rea, dalk help dit
Die ander bustop wat jy moet insit is die Caesarea National Park Busstop. Dit is net buite die ingang van die Park.
Om die trein en busse vir die dag te kon gebruik het ek ‘n ‘Daily Pass with Train‘ gelaai op my Rav Kav vir 44Shekels. Dit is ‘n ‘no brainer‘ om eerder ‘n dagkaartjie te koop want om enkelrit kaartjies te koop vir die dag sou my 74 shekkels gekos het 🙀 en daar is nie orals plek om te herlaai sou jy enkel kaartjies wou koop nie.
Caesarea Maritima is ‘n Nasionale Park wat elke dag oop is, die tye wissel net met die seisoene, naweke en vakansies. Ingang kos 39 shekkels, maar as jy ‘n Israel Pass het kan jy gratis ingaan.
In hierdie skribbel het ek na baie van my ou skribbels verwys, so hier is hulle, van die nuwe Israel skribbels oor Masada, Nasaret, Haifa en Jaffa, tot by Rome en Turkye se Hipodromes en die Pompeii man wat waak oor die stad.
Klink of jy ‘n sonwyser moet inpak vir die volgende trip