Een dag in Haifa
Na die oggend se maraton staptog Kapernaum toe, daag ek op in Haifa. Teen daardie tyd was my foon hoekal stukkend en gelukkig het die beheervraat beplanner in my, die busrooster, stoppe en die kaart na die Haifa hostel. geprint vooraf, anders waas ek gesnoeker. Daar wass een klein glitch. By die eerste busstop waar ek busse moes ruil, het ek op die verkeerde rigting se bus geklim. Ek het dit gelukkig vining agtergekom, en by die eerste stop afgeklim en vir die volgende terugwaartse bus gewag. Hierdie dorp se publieke vervoer was die mees georganiseerd van oral waar ek was. Dit moet wees omdat die dorp nog ‘n ‘spring chicken’ is. Hierdie stad is gebou met publieke verkeer in gedagte en nie die publike vervoer met die antieke dorp in gedagte nie.
Die hele middel van die pad is net uitgesit vir die busse. Hulle sit nie in verkeer vas nie en hoef nie vingertekens vir ander voertuie te gooi omdat hulle voor hulle inry nie.
Die volgende stasie waar ek moes afklim was die treinstasie, wat ook die busstasie was, en al was dit dieselfde plek, het dit anders op die bus gestaan, en was ek nie heeltemal seker of ek moet ry of bly nie. Maar met hoe maklik die busse hier was het ek maar afgeklim. Dit was die regte besluit (ek kon eintlik nog ‘n stop verder gery het en tot op die voorstoep gekom het).
Haifa
Vergelyk met al die ander dorpe is Haifa ‘oop’. Alles lyk nuut en skoon. Die strate is breed en gemaklik en mens voel asof mens mens se rigting baie beter kan hou. En die seebries is ook ‘n welkome toevoeging.
Omdat dit so verskriklik warm was, en ek al die hele dag in die son gedapper en stapper het, het ek sonder enige seremonie in die naaste stoel in die ontvangs neergeval en my asem en temperatuur probeer terugkry.
Hierdie hostel se mense was die behulpsaamste van almal al was hulle ‘n bietjie vreemd. Ek het verduidelik dat my foon net ‘n papiergewig was en hulle het my baie gehelp met busse en plekke en tye – alles op piepklein ‘postits‘ geskryf.
Na ek my yskoue kamer gekry het, is ek uit om te kyk wat te siene is. En wat te siene is is indrukwekkend. Wanneer mens voor die hostel staan en met die pad opkyk, kyk mens die hele ent op na Mount Carmel en na waar die Bahai tuin van bo na hier onder drapeer word teen die hange van Carmel.
Bahai Tuin
Hierdie tuin is daar vanaf 2001 en behoort aan die Baháʼí. Ongelukkig het ek eers na toemaaktyd in Haifa aangekom, ek kon dus nie in nie, maar het tot teenaan geloop en ek kon die aand bewerige nagfotos neem.
Die volgende dag was ‘n Maandag en dan is hulle toe. Mens mens kan wel ingaan by die ingangshekke, maar nie verder as dit nie omdat die binnekantste hekke toe is. Dit is soos om net tot in die ingangsportaal van ‘n huis te gaan, jy weet nie of jy moet wag of moet loop nie. Maar om die tuin se ‘portaal’ te sien is al klaar beter as om deur die tralies te loer soos ‘n tronkvoël.
Ek het op een van die busse geklim en gery tot by die helfte hoogte van die tuin. Mens kan nie veel sien nie, maar dit wat in die ‘ingansportaal’ is, is besonders. Daardie is ure en ure van groen vingers se werk. Ek het weer afgery met die bus tot by die onderste ingang, die een naaste aan my blyplek. Ook daar kon ek my voet oor die drumpel sit maar nie ingaan nie.
Daarna stap ek rustig af met die breë pad terug na die blyplek toe. Hier stap mens deur die Duitse Kolonie. ek het niks ‘Duits’ gesien nie, maar dit kan wees omdat die meeste nie meer hier is nie, of omdat ek nie van die hoofpad afgedraai het om te gaan soek nie.
Stella Maris Monastery tot Elia se grot.
Vroeg op my enigste oggend, het ek in ontvangs gesit en na al die toeriste brosjures gekyk, en notas gemaak van wat ek wil gaan sien. Toe ontvangs oopmaak, storm ek af op die vrou wat oopsluit met al my vrae. Sy help my met ‘crib notes‘ op klein papiertjies nadat ek haar van my foon konsternasie vertel het. Die beste raad wat ek by haar gekry het is om af te stap na Elia se grot toe.
Ek bevind my toe op ‘n bus wat kronkel al op teen die berg dat ek op ‘n kol ‘n hol maag kry. Maar die uitsig oor die see is pragtig. Ek klim uit by die Stella Maris Monistary waar die ikoniese ‘bobbel’kabelkar heen ry. Die meisie by die hostel het gesê dis heeltemal te duur om die kabelkar te ry en dat die staptog baie beter is. En was sy reg!!!
Daar staan ek toe op die hange van Berg Carmel en stap die kronkelpaadjie af terwyl die liefike seebries oor my waai. Dit was salig. Ek kon daar stap op my tyd en die uitsig geniet. Ek was oppad na die grot van Elia. Die storie loop dat hy in hierdie grot weggekruip het voordat hy met die Baal Priesters afgereken het. Hy mag dalk ook hier weggekruip het met ander tye. Maar dit kan nie die plek gewees het waarna 1 Konings 17 verwys nie,
Ek sou graag na die plek wou gaan waar hy aan die Baal priesters gewys het wie se God die enigste een is, maar om daar uit te kom met publike vervoer is amper onmoontlik. Almal wat egter op ‘n terrgroep is, ry met hulle bus daarheen. Dit is nou een ding wat ek as enkel reisiger op uitgemis het.
Elkgeval, terug waar ek op die hange van Carmel af stap na die see toe……Ek het die ‘grot’ amper misgeloop. Toe ek weer sien loop ek by ‘n gebou verrby en toe is ek by ‘n straat en amper onder. Ek ‘backtrack‘ toe en storm op die eerste mens af wat ek sien en vra waar die grot is. ‘Surprise, surprise‘. Die gebou is die grot. Die grot is toegebou en is ook nou ‘n ‘kerk’, Die grot is dus nie meer ‘n grot nie. Ek het nie eers fotos geneem nie.
Die Carmel Beach promenade
En daar op die pragtige Maandagmôre, kon ek met my voete in die see staan. Dit is alles wat mens wil hê van ‘n strand. Sagte sand, warm branders en die gevoel van die seebries en die gedruis van die branders. Ek het my skoene oor my skouer gegooi en gestap deur die water. Ek sou die hele dag hier kon speel soos ‘n kind, maar daar was nog heeltemal te veel dinge om te sien en ek moes nog die trein vang Tel Aviv toe. My salige strand ontspannig was maar armsalige kort. En toe sukkel ek my boude af om die sand van my voete af te kry. Dit was een of ander taai skulpie sand wat plak asof hulle ge-superglue was.My voete het die res van die dag geskuur teen onafveebare sand.
Daar klim ek toe weer op die verkeerde rigting bus saam met ander toeriste. Die oom en tannie verduidelik dat hulle na die treinstasie gaan so dit is die regte bus. Maar, toe die bus in die pad in draai, toe weet ek sommer klaar hierdie is nie die regte rigting nie, maar met die maklike uitleg van alles het ek net saamgery tot by die volgende stop, oor die middel busbaan gestap en in die volgende bus geklim. En in die proses nog ‘n ietsie eksta van die dorp gesien.
.
Kabelkar
Ek die bus gery tot by die ander kabelkar se stasie, my Rav Kav geswipe en ingeklim. Ek het nie ‘n idee gehad van hoe hoog of vêr dit gaan ry nie. Die kabelkar is oorspronklik gebou om die studente heen en weer na die Universiteit te ry. Nou is dit steeds vir die studente, maar ook vir toeriste want mens kan myle vêr sien, en dis noggal ‘n ondervinding om daar te hang en swaai.
Ek was bietjie benoud, want die karretjie lyk asof hy aan ‘n hanger aan die draad hang terwyl die seewind hom heen en weer waai oor dieptes. Ek het nie hoogtevrees nie, maar die gedagte aan val staan my glad nie aan nie. Veral nie as dit voel asof die ‘hanger’ gaan afgly van die draad nie. Ek weet dit beteken niks nie, maar ek het soos ‘n klouapie geklou aan my sitplek.
Die kabelkar het verskeie stasies waar dit aandoen oppad na bo. Ek het dit nie geweet nie en amper by die eerste een uitgeklim terwyl ek gedink het dat dit heeltemal te ‘n kort rit was vir al die ‘hype’ . Met een voet klaar uit keer die stasiebeampte my en verduideik ek moet bly sit, en toe gaan die kar verder op. oor bome, strate geboue, weer bome. So ry mens net al hoër en hoër op.
Na ‘n goeie lang tyd se ry, was ek bo. Ek uitgeklim, ‘n klein draai geloop in die parkeerarea want ek was nie seker waar mens mag loop nie aangesien dit Universiteitsgronde is. Ek het gekyk na die voëls wat ek doodseker indian mynas en mossies was. Na die vinnige draai is ek weer terug na die stasie vir die aftog. Kom ek mos daar aan toe daar ‘n horde skoolkinders op ‘n uitstappie daar aankom. Gelukkig kon ek op my eie ‘n karretjie kry en hoef ek nie ‘n kar te deel met ‘n klomp wilde seuntjies wat die ding probeer wieg nie. Dis een ding om daarrdie te probeer op ‘n hangbrug, ‘n ‘hanger’karretjie?…. Ek dink nie so nie.
En toe is dit na die laaste stop Tel aviv.
Dit was al wat ek kon sien met my dag in Haifa. Die stad het my verras met sy spasie, goeie uitleg en hoe skoon dit is. Mens kan defbeslis sien hierdie is die ‘baba’ van al die stede en dorpe.
Met al my grappies op die stokkie, ploeter ek en my afwieltas na die treinstasie. By die stasie moes ek eers weer deur sekuriteit gaan. Ek beur toe my tas in die scanner in en die sekuriteit ou besluit om my te help. Sal die vrou wat saam met hom aan diens is hom nie begin mock omdat hy my help nie. G’n wonder daar is al minder manne in die wêreld. Hulle word uitgehaal wanneer hulle probeer. So na daardie ongemaklike ondervinding kon ek in vrede vir die trein wag.
Dit was my eerste trein ondervinding in die Beloofde Land. Dit kon netsowel ‘n Europese trein gewees het. Al wat aandui dat jy nie iewers op die Deutsche Bahn ry nie is dat die name van die stoppe op die skerm in Hebreus en Arabies is. Na al die ‘oud’ wat ek gesien het was Haifa ‘n vars bries. Dit het seker gehelp dat daar letterlik ‘n bries was…..
Hoe toe van Haifa
Haifa is eintlik Gaifa maar vir een of ander rede het hulle dit ‘ver-Engels’ Haifa toe, seker om die ‘Britte’ nie regtig die G- gorrel doen soos ons nie.
Ek voel hierdie is a maklike dorp om jou rigting te behou, en dit voel maklik om van punt A na B te gaan. Hier is ook weer Rav Kav masjiene by die stoppe soos in Jerusalem, so mens kan maklik jou kaart op top (as jy kontant gebruik en nie kredietkaart nie, myne wou nie werk nie).
Ek het in die Haifa hostel gebly net a in die pad van die HaShmona /Haifa Centre trein stasie (ek dink dit beteken die 8ste stasie?, ek mag horibaal verkeerd wees) Die busstop is net buite die treinstasie, maar hulle gee ‘n ander naam daarvoor.
Die pad in lyn met die Bahai tuin, het heelwat busstoppe op, asook die een wat loodreg met hom loop en voor die treinstasie verbygaan. Mens hoef dus nie vêr te soek vir ‘n busstop amper enige plek heen nie.
Op die stapding te doen of om met die bobbel- kabelkar te ry, kan mens die bus vat tot by die Stella Maris stop. die voetpad begin links van die Monastary.
Dan die ander kabelkar wat ek gery het wat na die Universiteit toe gaan is heel aan die ander kant. By die ander groot busstasie. Ek het met my dag kaartjie wat ek op my Rav Kav gelaai het gery. As jy nie ‘n dagkaartjie gekoop het nie, gaan jy vir die rit moet betaal.(ook met die Rav Kav)
Die Bahai tuin is gratis om te besoek, binne besoekure, en nie op ‘n Maandag nie, dan is hulle toe, dan gaan mens net kan inloer. Ek sien wel nou, tydens die oorlog, is hulle toe behalwe by die uitkykpunt heel bo.