Murphy ry saam met vakansie
As jy my luck al raakgelees het, dan weet jy ek het nie veel nie, so die feit dat ek werklik op verlof kon gaan hierdie keer was ‘n wonder. Eerstens, was die hele land oop, nie soos laas jaar toe ek wou gaan nie. En 2dens was die gevreesde toets negatief , nie soos laas jaar toe daardie ‘plus’ my heel onkant gevang het nie. Hierdie was die 2 grootste hekkies om oor te spring. Of so het ek gedink. Toe ruk die petrol prys mos sy gat in ‘n krul, maar ek kon nie dat dit my vreugde steel nie. En gelukkig was dit ander kant heelwat goedkoper, so die ding was net om oor die grens te kom.
Maar, as jy al iets van hierdie skribbels gelees het weet jy dat dinge nie maklik is wanneer ek iets probeer nie. So eersten het die verdomde toets op die nippertjie gekom, toe moes ek sukkel om dit geprint en gelaai te kry om die program wat wat vereis word deur die Nam toeriste en gesondheidmense. My medereisiger, het gedink dis OK om ‘n screenshot van ‘n sms by die grens te wys eerder as om die riglyne te volg wat sê jy moet dit elektronies laai en jy moet ‘n hardekopie van die resultate saamvat. Toe wou ek mos al klaar ‘n slang vang, en dit val toe op my om die gemors uit te figure om die sertifikaat in die hande te kry en te laai. Ek was nie ‘n super happy camper op die vooraand van die 3 jaar gewagde verlof nie.
En hierdie het wraggies gebeur met iemad op die Nam grens. Hulle het nie hulle goed geprint ni en het net die elektroniese weergawes gehad. Die beamptes wou hulle nie duerlaat nie, en hulle moes toe omdraai.
Volgende oggend verslaap die medereisiger en ons is laat. Ek moes my kar laat diens voor die uittog en daar was ‘n afspraak om na te kom. 20 minute laat klim ek met baie dun nerwe in die kar om in die pad te val. Toe my hand na die sleutel tas (wat veronderstel was om in die aansitter te wees) was daar net een groot gat. Die sleutel is gonners. Sulke goed is nie ideal vir al klaar dun nerwe op ‘n tydlyn nie. Dis donker en ek is al klaar laat en ek hardloop soos ‘n afkop hoender rond om die sleutel te soek. Op daardie stadium van die geveg het ek gedink dit het geval en die hond het dit opgevreet. Dit is ‘n 100% moontlikheid want hierdie hond sal alles wat op die grond lê vreet. EK het al gesien hoe sy net soos JAWS van onder af opkom, haar bek oopmaak en ‘n voeltje uit die lug vang en heel lewendig insluk sonder om een kou te gee.
Elkgeval, ek gaan kry toe die spaarsleutel, sukkel ‘n bietjie met hom, maar val darm tog 20 minute later in die pad.Ek moes ‘n swaar voet hê, en ek is ‘n pliggie, as die bord sê dis wat mens moet ry, dan doen ek dit, maar op hierdie Vrydag oggend moes ek gasgee soos ek letterlik nog nooit gedoen het nie. Ek kon ongelukkig nie al die tyd opmaak nie, en was op die ou einde 20 minute laat (wat vir die Duitser in my baie erg is).
By die plek gekom help hulle my dadelik en ek betaal sommer ook via eft (want my kaart is klaar gestel om in Nam gebruik te word en ek was bang dit blok sou ek hom hierdie kant gebruik het). Tevrede dat my kar in die garage is en dat ek klaar betaal het, stap ek af in die pad vir koffie. Na dit gaan ek terug na die diensplek. Wag nog ‘n rukkie, en so waar as vet is my kar vroeër klaar as wat hulle geskat het. Wonderlik, want dan kan ons ons verlore tyd maklik opmaak. Dit was die droom elkgeval.
Hulle sê toe my kar is klaar ek kan maar betaal. Daar gee my hart ‘n beat mis. Ek sê dat ek dit klaar betaal het al die oggend. Hulle sê hulle het geen bewys gekry nie.Toe ek om my bank ingaan sien ek ‘n tikfout in die epos addres. Geen probleem, ek stuur net gou weer die POP. Wat ‘n grap. Dis onmoontlik om weer ‘n bewys van betaling te stuur van die app af. Ek maak die internet bank oop op die foon wat dan dieselfde is as wanneer jy op jou rekenaar werk, maar daar is ook geen manier om dit weer te stuur nie. Ek druk knoppies en bel rond. Die geld is betaal, ek kan dit sien, maar daar is geen manier hoe ek vir hulle kan bewys dat ek betaal het nie. Ek wou my foon voor my wiel sit en heen en weer oor hom ry, en dan vir iemand by ABSA gaan gooi daarmee. Flip, ten einde laaste, seker n ¾ uur later, het ek my bank oopgemaak dat hulle daardeur kon kyk en sien dat aan my kant is dit betaal, hulle het toe fotos van my bankrekenig geneem en gesê ek kan maar solank ry. Ek was teen daardie tyd so geirriteerd, dat ek eerstens ‘n tikfout gemaak het en 2dens dat verdomp ABSA my nie kan help met ‘n heruitreiking van ‘ n bewys van betaling nie. Ek dink hulle het my laat ry oor ek so onlekker gelyk het.
Toe ek daar in die kar klim was my meter in die rooi, maar steeds bekommerd dat die geld om een of ander rede dalk nie deurgegaan het nie, en dat hulle my nie gaan kan kry nadat ek eers deur die grens is nie en dat hulle dalk gaan dink ek het hulle vir ‘n ride gevat. Het maar toe die broer laat weet hy moet opvolg met hulle.
En toe kon ek eindelik in die pad val. Teen hierdie stadium van die geveg was ek gereed om te sê, weet jy wat, dis nie hierdie schlep werd nie, ek gaan eerder leeglê by die huis. Maar gelukkig het ek nie so n groot vloermer gegooi nie, en ek is baie dankbaar dat ek tot deur die grens kon gaan. Wat n belewenis was dit om vir Nam na die reën te sien. Dit was goed vir die siel.
Soveel reis drama, dit lyk asof dit al is waaroor ek kan skryf, gelukkig sien ek die silver rand in die vorm van ‘entertainment’ want as ek nie iets vreemd oorgekom het nie, sal ek niks hê om te vertel nie. 😉
Hoe ‘n hele vakansie afgestel word
Drama kom al jare der jare saam
Die derde dogte se trou ekspedisie was ook een vir die boeke van Murphy.
This vespa tour was supposed to be the highlight of my trip, but it took a 180 degree turn.
Getting sick and sopping wet while trying to go on a hike
Hierdie was ‘n epiese flop soos die een na die ander ding ‘n ge-domino het, oppad na La Spezia
Lost and the confused in Germany
.
Follow me here