Belfast
Daar het niks ‘storie waardig’ in Belfast gebeur nie. Ek het nie geval nie. Ook nie weer my sak op die lughawe vergeet en moes daarom my paspoort stempel kanselleer en uit die lughawe uitgaan net om weer van vooraf deur die hele rigmarol te gaan nie. Ek het nie weer in die verkeerde helfte van die trein gesit wat afgesplit het waarheenokal toe nie. En my tas se wiel het klaar in Dublin afgebreek. ‘Been there,done that, got all those T-shirts’. Belfast was maar net ‘T-hemp-lose Belfast (Ek aan die anderhand was ten volle geklee 😉😜)
Daar was nie veel beplanning vir die Belfast uitstappie nie, dit was meer ‘n ‘come what may’ tipe plan. Behalwe vir 3 dinge, was dit ‘vat dit soos dit kom’. Die 3 dinge op die lys was: Holywood, Titanic en Giants Causesway. Maar ook hieraan was nie veel beplanning nie. Toevallig was Titanic en Holiwood op dieselfde trein lyn so dit het homself toe sommer vinnig uitgesorteer.
FYI – vir die wat wonder
Met die aankoms in Belfast was ons weer terug op Verenigde Koninkryk bodem. Ek het agtergekom dat Noord Ierland mense kwaai konvoes. Noord Ierland is nie ‘n noordelike provinsie van Ierland nie, Dis ‘n hele eie land net soos Suid Afrika. (Ek het eendag ‘n baie lang verduideliking aan ‘n Rus probeer gee dat ‘South Africa is a country, not a direction’. Sy kon dit nie verstaan nie), Maar elkgeval, Noord Ierland is net soos Suid Afrika sy eie land, en in hierdie geval deel van die UK wat Ierland nie was nie. Dit was hoekom ek my Euros wou uitgee in Dublin.
Holywood
Hierdie was die eerste stop. Ek was van plan om Ulster Weaver souvenirs te gaan kry en daarvoor moes ek die trein klim Holywood toe. En nee meneer, mens spreek dit nie uit soos die plek van films nie, want toe ek daarna vra het hulle my aangestaar en seker gedink eks net nog ‘n simpel toeris. Wat presies die uitspraak is, sal ek nie kan sê nie, maar ek het daar uitgekom en ‘n happy snappy by die Holywood teken geneem. Dis seker die naaste wat ek aan Hollywood sal kom.
Elkgeval, ek spoor toe die Ulsters op, net om telleurgesteld te moet omdraai want dit is net hulle kantoorgebou. Oi! Hulle verkoop nie hulle ware daar nie en het ook nie ‘n winkel nie. Daar gaan al my souvenir idees. Maar, ek het ‘n deel van Belfast gesien wat ek nie anders sou nie. En blybaar is Holywood ‘…rated the best place to live in Northern Ireland‘ . Ek kan dus sê ek het die beste gesien🏆.
Titanic
Jip, die einste skippie van ‘My heart will go on’ en ysberge.
Die bekendste skip, naas Noag se Ark, is hier gebou, en op daardie plek is baie goeie interaktiewe museum gebou. Dit was nie een van die miljuisende gratis dinge wat die UK aanbied nie, maar dit was vir my ‘money well spent’. Daar is soveel meer agter Titanic as net ‘die skip wat gesink het’. Die stories agter die storie is baie interessant, maar ook hartverskeurend. Daardie mense het swaargekry. Die fotos wat daar is spreek boekdele en ek kon nie daardie mense se mismoedige gesigte nie uit my gedagtes kry nie. Dit het heeltyd vir my gevoel mens moet in ‘hindsight’ vir al daardie mense ‘n gebedjie opsê by gebrek aan die vermoë om enige iets anders vir hulle te doen.
In hierdie museum kon ek kan voel, vat en hoor. Mens kan ‘n hele dag daar wees as jy alles wil lees en luiser en beleef. Dit was ‘n hoogtepunt van Belfast, en as ek ooit weer die fliek kyk, sal ek defbeslis met nuwe oë daarna kyk.
Botaniese tuin
Die bekende tuine was gesluit vir konserte, en daar het ‘n horibale geraas oor die stad gehang die aand. Ek het nog nooit so iets beleef nie. Maar verkenning was die plan, so ons het net rondgeloop en gekyk wat daar was om te sien. wat ingeval het by die plan van ‘vat dit soos dit kom’ Ons het wel benoude boude begin kry toe die selfoon met die kaart op pap geword het en ons nie ‘n idee gehad het van waar ons was nie. Hoe ons die aand by die ‘backpackers’ uitgekom het sal ek nie weet nie.
St George Mark
Hierdie is ook ‘n tipiese landmerk om te beleef, en dit was Saterdag. Dit is tipies basaar. Kos en handwerk. Die reuk van vleis, gebak en koffie het in die lug gehang, en mense lag en gesels. As jy al by ‘n basaar of boeremark was, dis net so. Net in Engels😊.
Dit was glad nie doelbewus beplan nie, maar baie gelukkig dat ek op Saterdae by plekke was waar beroemde markte was. Ek was die een Saterdag by St Georges Market en die vorige Saterdag by die Portobello Road Market. Daardie was ook noggal een vir die boeke.
Stadsaal toer.
Hierdie was ook een van die goed wat net gebeur het. By die backpackers was oral goed opgeplak wat mens kan doen, en een van hulle was die stadsaal toer. So na die mark, wandel ons al deur die dorp na die stadsaal toe vir die toer. Oppad soontoe was daar heelwat landmerke en hulle was almal ge-kiek.
Beacon of Hope Albert Memorial Clock
Die stadsaal het ook ‘n museumerige afdeling. Daar is verskeie vertrekke wat uitstallings het waar mens kan rondsnuffel voor die toer begin. Hulle het die mooiste ‘stained glass’ vensters wat elkeen iets anders kenmerkends van die stad uitbeeld. Daar was ook van dieselfde hartseer fotos wat by die Titanic museum op was. Daar is een van kinders wat mens orals sien, so ek neem aan dis een van hulle berugste fotos wat tyd vasvang. Soos daardie foto waar die aasvoêl by die opgekrulde kindertjie sit in Sudan, of die een waar die soldaat oor die draad spring in Berlyn.
Potato Vamin Alles Belfast
Die toer was oulik en alles, maar as ek terugdink sou ek eerder ander dinge wou gaan soek het, soos die oorblyfsel van hulle muur of ‘peace lines’. Jip, net soos Berlin het hulle ook ‘n muur gehad wat die dorp verdeel het. Die Ulster museum en die CS Lewis gedenk park sou ek ook graag wou sien. En sommer net omdat ek hou van random feite: John Dunlop het die eerste oppompbare wiel hier bedink….. ‘and the rest is history.’
En dan was daar die Giant’s Causeway Ek dink dit verdien sy eie bladsy, meer vir die kiekies as vir die storie.
Follow me here