Die prentjie mooi Amalfi kus

Hierdie is ‘n pragtige deel van die wêreld. Die Amalfi kus was vir my mooier as die Cinque Terre kus. Prentjie mooi met al die piekenienie dorpies wat hang aan die kranse, die geel van suurlemoene orals en keramiek prentjies wat orals uitsteek.

Amalfi Kus

Skop af by Salerno

My dag het begin waar ek uitstap uit die Salerno stasie. Die hawe is ‘n klipgoi vêr en nadat ek my kaartjie vir die veerboot gekoop het, het ek ontbyt terwyl en die wêreld annskou, die vars seelug inasem en die wolkies sien laer trek rondom die koppies.

Ek het besluit om die veerboot te gebruik eerder as ‘n bus, want klink my die busse vat ‘n vreesaanjaende pad om uit te kom war hulle wil wees. Plus die bus ry nie op die see nie. Dis ‘n bonus! En dis vinniger wat meer tyd oorlos vir ontdekking.

Die vaart was heerlik! Mooi blou waters en net ‘n effens koel luggie al het die son nie heel geskyn nie. Die dorpies al langs die kus af klou vir lewe en dood aan die heuwels vas terwyl die mis oor hulle hang.

Die swaeltjies van Positano

My eerste afklim is in Positano met sy swart strand en pienk blommedak. Die son wil wil uitkom en dra by dat die dorpie net nog gelukkiger lyk. Hier loop ek net rond sonder ‘n plan. Hier is baie keramiek winkeltjies en uitstallers. En hoe verder mens oploop hoe mooier word die uitsig. Dit moet  heerlik wees om in een van hierdie huisies wat teen die heuwel hang te bly vir vakansie. Of vir ewig.

Ek hanna-hanna terug na die verboot se kant toe sodat ek darm nog na die beroemdste dorpie van hierdie geweste kan gaan, Amalfi. Jip, dis nie net die kus nie, maar ook ‘n dorpie op sy eie.

Amalfi is toe nou nie net die kuslyn se naam nie.

Na nog ‘n kort rit op die veerboot, klim ek af in Amalfi. Dis net so ‘n oulike dorpie. As ek terugdink aan hom sien ek suurlemoene, teëls en donkies. Hulle is ook bekend vir hulle kerk of Duomo. In Amalfi se nou straatjies kom ek af op ‘n donkie winkel. Perfekte present vir die donkie liefhebbende ma. Maar hulle is toe. Die bordjie sê dat hulle sal terug wees teen 3. Fair enough. Ek kan nog ‘n paar draaie loop.

Op my draaie kry ek ‘n klein geboude Amalfietjie, sien die Duomo en eet een of ander ham calzone thingy. Brand my mond. Toe die halfuur om is loop ek terug na die Donkies. Nope. Hulle is steeds toe. Sal maar nog ‘n draai loop. Na nog ‘n draai is hulle steeds toe. Hulle werksure begin vir my al mer lyk na Afrika tyd. Ek gaan kry toe vir my ‘n Peska Gelato (wat die duurste bolletjie roommys van die hele 2 weke was! En peska is nie kaviaar nie, dis plyn perske!).

Die tyd wat die veerboot vertrek Salerno toe kom al vinniger nader, sonder dat die donkie winkel oopmaak. Dit sou ‘n groot skade wees as ek nie kon ingaan voor ek in die pad val nie.

Die donkie is Amalfi se mascot omdat die donkies help bou het aan die dorp.  Wens Afrika wil ook sy donkies eer!

Op nommer 99 maak die winkel oop. Dit was ‘n hit & run gekiesery, maar ek is daar uit met n rooi keramiekdonkie in my rugsak, wat wonder bo wonder die duisende kilometres, en ‘n paar harde houe oorleef het.

EK het nou weer net Sacrum gesien en gewonder wat dit is. Blykbaar beteken dit ‘sacred’, so jou laer werwels is almal sacred of ‘your soul resides in it? So pas jou rug op!😁😉Hy is sacred!

Terug na Napels

Die rit terug Salerno toe was vol nuuskierige skoolkinders. Toe hulle hoor die mense langs my praat Engels, het hulle hulle omtrent oorval, so by so, dat die Amerikaners nooit die uitsig kon geniet nie. Ek het dus nie n dooie woord gesê nie.

Amalfi kus is pragtig. Ek dink as mens dit regtig wil ervaar, moet mens vir ‘n paar dae in een van daardie oulike klein dorpies bly en net op ‘n slow strike deur die strate wandel of net sit en uitkyk oor die see. Dit is hoe ek dink mens die Amalfi kus eintlik met beleef.

Follow me here