Paniek is meer aansteeklik as die kiem
In hierdie onseker tyd is ek telleurgesteld in die mensdom. Ek het altyd in my agterkop gedink dat ons in hierdie dag en tyd darm ‘n bietjie gesonde veerstand sal hê, of meer geloof, en nie by die eerste krisis heeltemal van ons kolletiewe trollie sou af nie.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is bewus van krisis. Inteendeel, ek glo dat die gevolge so vêrreikend is dat dit enige een van ons se verstand te bowe sal gaan. Maar regtig! Wat gaan paniek help? Wat gaan ‘conspiracy theories’ help? Wat gaan fop nuus help? En die drank! NIKS NIE! Hierdie is die dinge wat my gedagtes laat gaan….
Paniek is hoogs aansteeklik
Na al die voorafgaande grappies het paniek ingeskop. Big time! Ek kon dit sien van my balkon af in die dorp. Paniek het vinniger versprei as ‘n veldbrand. Elke mens wat met paniek aangehardloop het winkel toe het mense ‘aangesteek’ met paniek en vrees. Elke mense wat fop nuus en sameswerings teorieë opgemaak en aangestuur het, het mense ‘aangesteek’ met paniek en vrees.
Hoe maklik het die mensdom in paniek en vrees verval. Hoe vining is alle gesonde verstand en geloof by die agterdeur uit. En dit is wat my bang maak. Nie die kiem homself nie, maar hoe die mensdom reageer het. ‘Mob mentality’ is toe ‘n realiteit. Almal het op die winkels afgestorm omdat almal dit gedoen het. Almal het net laat die golf hulle saamsleur.
Skielik wou almal net hulleself versorg. Niemand gee skielik om vir sy naaste nie. (Ek moet wel sê dat 2 weke in lockdown in het ek baie mense sien geld en kos gee aan mense wat nie het nie. Dus, toe die stof gaan lê het, het mense gesien hulle naaste staan ook nog daar, wat my hoop vir die mensdom gee. Ongelukkig ‘in the heat of the moment’, die paar dae voor lockdown, was dit ‘n heel ander storie.) Almal het alles gekoop wat hulle kon en het nie ‘n dooie duit omgegee vir die mense wat na hulle sou kom nie. En die leë rake het op sigself paniek veroorsaak. Wat ‘n bose kringloop. Nou 3 weke in lockdown het dinge winkelgewys baie kalmeer.
So waaroor was almal angsbevange? Die winkels het oopgebly. SOOS AFGEKONDIG.
Ek het geweier om dorp toe te gaan toe almal gestorm het. Eerstens, so baie mens wat teen my druk en stoot sal my my varkies laat verloor het. Tweedens, hoekom wil jy bondel saam met klomp mense waar die kiem vinng versprei kan word. Derdens, ek wou glad nie ‘aangesteek’ word met paniek nie, want hoe dan nou anders? As jy in paniek staan gaan jy waarskynlik paniek word.
Conspiracy theories
Almal is nou al klaar na al die oorspronklike paniek in konstante ‘veg of vlug’. Dan besluit een of ander peanut om mense te ‘kick while they are down’, die paniek uit te buit en sy samesweringsteorieë aan die wêreld bekend te maak. Ek is nie simple genoeg om te glo dat ons die volle waarheid vertel word nie, maar wragtig! As een mens nog ‘n ‘conspiracy theory’ vir my aanstuur!!Ek maak nie eers meer voicenotes oop nie of videos van mense wat bestuur nie (hoe het dit ‘n ding geword elkgeval?).
Dit is baie moontlik dat die waarheid agter hierdie kiem, nie is wat ons vertel word nie. Maar dink nou logies. Daar kan nie 100 verskillende oorsake wees nie. Dus kan hoogtens een van die ‘teorieë’ wat versprei word waar wees. Great, redineer by jouself, maar hou dit ook vir jouself. Jy gaan elkgeval dit wat jy dink gebeur het nie kan ‘prove of disprove’ nie, gebruik eerder jou tyd om iets konstruktiefs te doen. Hou ook op om elke sameswering wat jy sien aan te stuur. Laat die ‘buck’ stop by jou. Watter doel dien hierdie teorieë elkgeval vir die situasie waarin ons nou is? Die pôpô is klaar deur die ‘fan’. Dit gaan defbeslis nie keer dat jy siek gaan word nie. Dit bring nie hulp, of geld of vrede nie. Dit saai net paniek. Net soos die leë winkelrakke 3 weke terug….
Fop nuus vuur paniek aan
Selfde vir fake nuus. Dit die geen doel nie. Ek kan nie verstaan hoe mense sulke snert uitdink nie. Verlekker mense hulle daarin om mense die skrik op die lyf te jaag? Ek kom agter hoe ‘gullible’ of kwesbaar mense op die oomblik is, hulle sal enige iets glo om die paniek seker maar te probeer verduidelik. En dan stuur hulle net aan en aan en aan…. Veldbrand! Dit is glad nie ‘rocket science’ om gou te googeleer of iets waar is of nie. Maar die conspiracy ouens sal seker weer sê dat mens nie ware nuus sal kan googeleer nie. En die paniek en hopeloosheid hou net aan.
Die fop nuus is nou al so erg dat mense gearristeer kan word vir die verspreiding daarvan, en inderdaad is daar verlede week van ‘n saak teen ‘n man gemaak wat versprei het dat die staat ons almal gaan kom infekteer met tuistoetse. Double wammy. Sommer ‘n concpiracy en fake nuus.
Drank en kankerstokkies
Nog ‘n ding wat my komkommer is hoe mense heeltemal van hulle trollies af is oor die verbod op drank en sigarette. Ek dink dit wys net dat veral drank, ‘n baie groter probleem is as wat ons besef. In my dae van navorsing het ek dit al raakgesien, maar het nooit gedink mense sal in ‘n flatspin gaan en trollies vol drank gaan koop nie. So, ek is telleurgesteld dat drank in hierdie tyd ‘n prioriteit vir ‘n komp mense is. Ek reken hierdie is die perfekte geleentheid om bietjie uit te droog of om longe te laat asem kry. En boonop gesien in die lig van finansiële onsekerheid in die nabye toekoms, hoekom gaan jy enige sente wil mors op onnodige gesondheidrisikos soos drank en sigarette?
Dit sal nooit gebeur nie, maar dit sou noggal gaaf gewees het om hierdie 2 errnstige probleme op een of ander manier aan te spreek wanneer hierdie pandemie oorwaai.
Menslike optrede is erger as Corona
As jy nou al tot hier gelees het, weet jy dat ek van mening is dat paniek ons grootste probleem op die oomblik is. En, ja, die toekoms is onseker….maar is dit nie ook in normale omstandighede nie?Almal word gebombardeer met nuus, fop nuus, conspiracies, haatspraak en alleerhande ander nonsense. Niks van dit help die situasie nie. Dit laat mense net op moedverloor se vlakte. Hopelos en bang.
Ek onthou toe ons op die balkon gestaan en uitkyk het oor die malligheid wat onder en oorkant ons aangegaan het, het ons gepraat oor hoe maklik mens ‘walk by sight and not by faith’. Wat het mense gesien in daardie week voor lockdown? Mense wat mal rondharloop oor hulle bang is. Jy sien paniek so jy glo paniek.Geloof is by die agterdeur uit.
Ons as ‘n sogenaamde ‘Christenland’ moes tog eintlik eerder soos 2 Korintiers 5:7 sê ‘We live by faith and not what we see’. Hier het ons Christenmensdom die eerste toets dink ek gedop.
Dit bring my by ‘n volgende punt aangaande nuus, fake of nie. Ek is al ‘n hele ruk af van nuus af. Nuus steel mens se vrede. Ek sal so nou en dan ‘n oog daaroor gooi ,maar glad nie ‘n punt daarvan maak om daarmee op te volg nie, want dit steel mens se vrede. Dit sluit aan dan my die punt hierbo oor sien en glo. Dit wat jy sien in die wêreld kan jou van jou geloof laat vergeet. Elgeval, ‘n ruk terug lees ek weer die gelykenis van die saaier. Hoeveel keer het mens dit al gehoor, gelees of gesien? Hierdie keer hak my oog vas by die gedeelte wat gaan oor die saad wat tussen die onkruid geval het, die onkruid is die sorge van die lewe wat die woord verstik. En toe dink ek , my magies, dit is wat nuus is, waar of fop nuus, dit druk die sorge van die lewe in jou keel af en jy vergeet dat jy moet leef deur geloof en nie deur wat jy sien nie.
Ek sien nou die dag ‘n video ook van iemand wat praat oor die onnodige paniek. Hy noem toe dat as jy ‘n Christen is gaan een van 2 dinge in hierdie tyd met jou gebeur, jy gaan of huistoe gaan na jou familie, of jy gaan huistoe hemeltoe gaan. Dit klink vir my na die manier hoe mens na hierdie hele pandemie situasie moet kyk.
Laastens
Nou sit ons hier in ons ‘bunkers’ in isolasie. Niemand weet wanneer ons daar gaan mag uitklim en wat ons gaan kry wanneer ons weer uit ons bunkertjies uitklim nie. Net tyd sal leer. Tot dan, moenie soos ‘n hamster wees wanneer jy winkel toe gaan nie, los iets oor vir die ou agter jou, doen iets vir jou naaste wat nie het wat jy het nie, lewe in geloof en nie met dit wat jy sien, hou sommer heeltemal op om te veel te wil sien (sit af die nuus, hou op statistiek googeleer) en hou seblief op om paniek te versprei, ek glo die duiwel sit lekker en lag in sy mou oor hoe die mensdom agter hulle varkies aanhol. As daar nou al ooit ‘n toets vir jou geloof was, dan is dit nou.
Follow me here