Lockdown

Wat ‘n vreemde konsep. Daar is nie ‘n SOP vir dit nie. Niemand weet hoe lank dit gaan nodig wees nie alhoewel, teoreties dit net 21 dae sal wees. Mens kan maar net kyk hoe die ander lande dit gedoen het. Waar ek hier sit en tik het China hulle lockdown na 76 dae gelig. Italie is môre al op ‘n 1 maand lockdown en hulle is nog nie seker hoe lank hulle dit gaan moet hou nie. So, ‘only time will tell‘. Daar is nie data oor hoe dit ‘die vorige keer’ geïmplimenteer is nie, want daar was nie ’n vorige keer nie. Almal moet nou maar net oë toeknyp en deurdruk.

Sommer maar net ‘n mooi deur vir ‘lockdown’

Op die vooraand van hierdie veemde ding voel dit of mens in ‘n ‘bunker‘ gaan wegkruip en wag vir die ‘all clear‘. Niemand weet wat om te verwag nie. Hierdie onsekerheid het baie mense hulle varkies laat verloor. 🐷🐷Die week voor lockdown was chaos. Die paniek het vinniger verprei as die kiem, en ek glo in die paniek het die kiem lekker versprei tussen almal wat hulle varkies rondgejaag het tussen die winkelrakke. Ons sal seker in die volgende week die gevolge van daardie paniekgevulde week sien soos wat simptome begin uitpeul.

Vir my persoonlik was die lockdown ‘n vreemde gedagte al is ek van nature nie ‘n rondloper is nie. Die idee dat ek nou wetlik verplig word om by die huis te bly sorg vir bietjie benoudheid. Dis soos wanneer mens ‘n pleister aan ‘n vinger of toon het. Jy dink nooit daaraan om jou vinger of toon te buig nie, en dan skielik, wanneer daar ‘n pleister aan is voel jy asof jy gaan mal word as jy nie konstant buig en reguit maak nie. Why is that ?

En toe begin Lockdown

Die eerste dag, Vrydag 27 Maart 2020 was abnormaal stil. Dit was net die voëltjes en die wind. Ek kan verseker so lewe. Dit het ongelukkig nie lank gehou nie wat die ouens hier skuins oorkant het opgestock met speakers en drank. Ek wil oorloop en op hulle gaan hoes. Ek glo nie ek sal mag nie…

Iemand het hierdie aangestuur

Skielik voel die dae ongejaagd. Niks hoef gedoen te word nie. Môre is nog ‘n dag. En oormôre ook. Ek is nie te veel gekomkommer oor die by die huis bly ding nie. Dit is maar die storie van my lewe, en soos die mense sê: Introverte oefen al hulle hele lewe hiervoor! Die mense wat nie kan stilsit of in hulle eie geselskap kan sit nie, glo ek kry baie swaar. Ek hoor ook dat oumense en depressieleiers onder andere baie swaar gaan kry. En op daardie oomblik vn die geveg is ek baie dankbaar dat ek op die platteland bly en darm mede gevangenis het om mee te praat. Hier op die platteland het ons arm meestal tuine en spasie en kan mens uitkom en vitamien D vervaardig om te help om daardie lastige varkies op hok te hou. As ek kyk na die arme Italianers wat in hulle boksies vasgekeer is kan ek niks anders as dankbaar wees vir spasie en natuur in hierdie ongekende tyd nie.

Dinge van Lockdown

Baie groot dinge wat altyd sal onthou word van hierdie tyd is:

  • Paniek – van die eerste aankondiging oor inperkings het die paniek nog nie bedaar nie, en ek dink dit is die brandstof vir die oormaat fake news en conspiracies.
  • Fop nuus – dis nou al so erg dat mense wetlik aangekla kan word vir die produsering en verspreiding daarvan
  • Sameswerings teorië -hoeveel keer kan ek my oê rol?
  • Ipekonders – almal wat snuffel wonder of hulle nou gaan omkap
  • Nies of hoes nie waar mense jou kan sien is uit – almal glo dan dat jy die ‘grim reaper ‘ brin
  • Introverte kla die minste
Hierdie het iemand aangstuur.

Roetine

Na die eerste paar dae, kom ek agter hoe vinnig mens gaan verval in staar na niks vir dae aaneen, en ek besluit toe om soveel moontlik by my normale roetine te bly. (later hoor ek hoe belangrik roetine veral vir depressieleiers is). Elkgeval, so die doel van my roetine is om dinge gedoen te kry en nie te verval in een laaaaang dag nie. As mens eers begin niks doen, is dit maklik om daarmee aan te hou en dan na 3 weke is niks gedoen nie wat mens met al hierdie tyd kon doen nie. Hoeveel keer in die lewe kry mens tyd persent? Just saying.

Ek sit 8 uur voor my rekenaar want tegnies ‘is ek by die werk’, Dan lees ek CPD artikels tussendeur e-pos en navrae. Ek weet, ek weet. Dis baie vervelig MAAR nog nooit was my CPD punte al so vroeg in die jaar amper op datum nie. Ek hoef net nog 4 te lees dan is Bob my uncle! Dan oefen ek ‘n knertsie. Net ‘n knertsie. Ek gaan vir geen geld in die wêreld soos die voorbeeldige Bios 5 km draf of hasie hop al in die ronde nie. Sulke repitisie sal die wit waks uit my uit frustreer Dan lees ek of kyk ‘n storie (en beplan allerhande uitgooi aksies- maar het nog nie tot dit oorgegaan nie) en ek probeer by my gewone slaaptyd hou. Maar ek moet erken, soos die dae aangaan bly ek al later wakker, want ek doen nie genoeg deur die dag om moeg te wees nie.

Soos die weeksdae, probeer ek die naweekdae ook in’roetine hou. Ek hanna -hanna oor die naweek dae in die bed, sit nie my rekenaar aan nie, en maak naweek ontbyte dat dit steeds voel soos naweek. Sondae word Christen DVDs gekyk net om die dag nie deur die ‘cracks’ te laat glip as ‘n gewone dag nie. Gewoonlik is Sondae ‘n baie kenmerkende dag. Of jy ‘n Christen is of nie. Kerkklokke. Kerk. Meeste mense werk nie. Sondae aande is altyd die geskarrel om dinge reg te kry vir vroeg opspring uit die blokke van Maandag. En skielik is daar niks. Geen klokke, geen geskarrel, geen familie etes en geen Maandae om na op te sien nie. Sondae het ‘incognito’ gegaan.

Die roetine ding werk sovêr redelik goed. Ek lê nie in die oggende tot ‘whenever’ in die bed en wonder wat in die lewe ek gaan doen met die nuwe dag nie. Ek hoef ook nie verlore te gaan in Mawoenvrydag. Roetine beteken dat ek nog glad nie lus het om teen die mure uit te klim nie. Maar ons is nou eers by week 2……

Iemand het hierdie aangestuur

Lockdown inkopies.

En toe breek die dag verlede Vrydag na een week van lockdown aan. Ek moet dorp toe gaan. Hoekom? NIe omdat my toiletpier op was nie, maar omdat die dierasies se kos in die rooi was. Dit sou die eerste keer in 3 weke wees wat ek die dorp sou aandurf. Was glad nie betrokke by die paniek trop nie: want 1, so ‘n klomp mense op ‘n gewone dag sou my laat hol het in die teenoorgestelde rigting; 2 ek het geen begeerte gehad om deel te word van die ‘mob mentality’ wat paniek aanbetref nie; 3 of om ‘n maklike teiken vir ‘n kiem te word nie en dan 4 ons is verseker dat die winkels sal oopbly en dat kosproduksie sou aanhou.

Na 3 weke, was dit tyd om weer die winkels aan te durf. Dit was vreemd in die dorp. Baie meer mense as wat ek verwag het, het orals rondgeloop, Ek het half verwag dat daar tolbosse moes afrol in die strate. Maar die vreemdste ding vir my was al die mense wat orals rondgeloop het met maskers en handskoene. Die realiteit van die kiem slaat my toe vir die eerste keer regtig in die gesig.

Nog ‘n realiteit wat my tref is die leë rakke. Of die mense hou aan paniek koop, of produksie en vervoer het iewers opgehou of agtergeraak. Die dierekos rak was so te sê leeg, en dit was juis die rede hoekom ek die dorp aangedurf het. Ek kon darm iets vir die dierasies dr uitkrap, (hulle eet ongelukkig langtand daaraan).

Terwyl ek in die winkel is besluit ek om so ‘n paar ekstra goed te kry dat ek darm eers weer oor 2 weke hoef in te gaan dorp toe. Baie goed is missing in action terwyl ander, soos die toiletpapier, bully beef en nudels weer in voorraad is.

Ek vermis eiers, Daar is nie ‘n dooie eier of hoendervleis in die winkel nie. ‘n Eier is so veelseidig, dat ek besluit om ander winels aan te durf opsoek na hierdie skat. NêRENS is eiers nie. Net soos met die loo-paper 2 weke terug, het ek die memo oor die eiers gemis. Het die hoenders gestaak of het die paniekkopers eiers gekoop om te gaan plant? Ek moet tog ‘n knoop in my oor maak om hierdie memos te kry wat blykbaar die hele mensdom van weet anders mag ek dalk net doodgaan van die honger of on-higiëne.

Doomsdayers

Die doomsday preppers ‘laugh & point’ seker al te lekker vir die mensdom. Hulle bunkers is vol kos, medisyne en saad terwyl die res van ons peanuts voor leë rakke staan en wonder wie het die laaste blikkie tuna gevat. Hulle het mos geweet iets soos hierdie gaan gebeur. Maar in alle eerlikheid, ek het geen behoefte om te oorleef in ‘n wêreld wat doomsdayers voorspel nie. ‘Doomsday, by definition’, is tog die einde van die wêreld, en as jy mooi daaroor dink, as jy inkopies doen asof die wêreld môre gaan eindig, wat in die lewe wil jy met al die berge inkopies doen? Jy kan dit nie saamvat na daar waar ons heengaan aan die einde nie. Op ‘n ernstige noot al doomsday prepping wat mens moet doen is om jou saak met die Here reg te hou. Ek glo nie Hy wil hê mens moet opdaag met proviant nie.

Paasfees in Lockdown

Môre is Goeie Vrydag. Die wêreldoor sal nêrens kerkdienste wees nie. Kerkklokke saal nie lui tensy daar dalk spesiale toestemming verleen word nie. Niemand gaan nagmaal of etes hou saam met vriende of familie nie. Dit sal letterlik ‘n rusdag wees.

Dit gaan dalk letterlik ‘n rusdag wees, maar daar sal defbeslis dienste gehou word omdat dienste en preke vlamgevat het oor die internet. Dit is soos afstandsonderrig. Daar pop soveel uitnodigings op dat ek nie weet waar om te vat of te los nie. Ongelukkig is my internet soos die skilpad en nie soos die haas nie, wat beteken dat ek nie die lewendige uitsendings kan kyk nie, maar moet wag tot later. Ongelukkig vergeet ek baie keer om terug te gaan later en op te tel waar ek laas was.

In ander nuus het die minister van gesondheid glo gesê dat die Paashaas vrylik mag beweeg hierdie naweek, terwyl die eerste minister van Nieu Zeeland namens die paashaas om verskoning gevra het dat hy nie gaan eiers bring nie. Hy is blykbaar ‘n kwarantyn konyn hierdie jaar..

Hierdie was my lockdown storie sovêr, 2 weke in die ding in. Daar is ‘apparently’ vanaand weer ‘n aankondiging deur die president. Sal sien hoe verloop dinge verder.

My volgende skribbel gaan wees oor wat ek eintlik wil sê oor hierdie hele tyd, Hierdie een en die vorige een was maar net ‘n baie laaaang aanloop tot dit, ek sal dalk ook eers mooi my eende in ‘n ry moet kry voordat ek daardie een neerpen.

Follow me here