Fases van Corona
What a weird time to be alive!! En dit stel die saak seker matig. Toe kom 2020, ‘n skrikkeljaar wat 29 dae in Februarie gehad het, 60 in Maart en oneindig in April. 😉 Jip, die ondenklike en onbeplande het gebeur. Die wêreld sit met gehandskoende hande in die hare op hope toiletpapier en dink aan Corona.
Ek dink al ‘n hele ruk dat ek iets moet neerskribbel oor hierdie noemenswaardige gebeurtenis wat ons getref het. HIerdie gaan nou geen :Diary of Anne Frank‘ wees nie, maar tog voel dit dat wanneer ons oor 20 jaar terugkyk na hierdie pandemie, sal dit goed wees om te onthou hoe ons ‘in the eye of the storm‘ gevoel en oorleef het. En as ‘n kind my vra oor die ‘ou dae‘ sal ek hierdie kan uitkrap.
Ek het baie gedagtes, so het gedink hierdie kan ‘n laaaaang skribbel wees, want ek het tyd om te tik en amper die hele mensdom het tyd om te lees. flieks te kyk of 5 km in jou agterplaas te hardloop (dis wat die bios doen, ek aan die ander kant kan nie aan iets meer sieldodends dink as om 75895 keer op en af te harloop al verby dieselfde graspol nie). Maar daardie was die goeie ou dae van 2 weke terug, toe almal nog gereed was om die wêreld te versit tydens lockdown. Ek reken nou na amper 2 weke se gehoktheid is dit ‘n ander storie en mense is dalk nou meer frustreerd en te lui om op te staan.. Ek gaan maar dus my maalkolk van gedagtes opbreek in kort kolkies. 😉
Die fases van Corona
Super vroeg in Januarie 2020 hoor ons vae gerugte van siekte in China. Maar wie gee om? Dis die Chinese se probleem en ons gaan aan ‘opps normal’. So nou en dan wanneer mens by ‘n radio verbyloop hoor mens dat China is steeds siek is en dan lui jou foon, of jou vriende dag op, of jy gaan oefen vir ‘n konsert……Die lewe gaan aan hierdie kant van die ewenaar.
Dan een een dag hoor jy per toeval dat daar ‘n paar kieme deurgeglip het Europa en VSA toe. Maar weer eens, dit is hulle probleem. Hulle is darm eerste wêreld lande. Hulle sal tjop tjop die probleem onder die knie hê. En weer lui jou foon, of rustyd by jou opleiding is verby of jy verander net van stasie of kanaal……Die lewe het aangegaan in ons geweste.
Dan skielik hoor jy Italië, Italië, Italië, en dan begin jy effens meer aandagtig luister. Wat het verkeerd geloop in die land van Pizza en Chianti? Maar steeds, is ons ‘untouchable’ aan hierdie kant van die ewenaar……
…tot 5 Maart 2020 van wanneer af dit nie net meer net die eerste wêreld se probleem was nie . Die nuus dat die eerste Corona kiem sy kop hier in sonnige Suid Afrika uitgesteek het, het vinniger as die virus versprei. In my opinie was dit net die eerste gediagnoseerde geval want regtig! 2 maande se miljuisende mense wat heen en weer gevlieg het en dit was die eerste een? Maar dit maak niks aan wat volgende gebeur het nie.
Twee groot dinge gebeur met die aankondiging dat hierdie ‘illegal alien‘ nou ook hier geland het. Grappies versprei soos veldbrande en oornag is daar geen seep in die winkels nie.
Grappies
Iemand het genoem dat ons seker die enigste land in die wêreld is wat die virus met grappies verwelkom. In hierdie stadium van die geveg was on steeds redelik min gespin, want dit is mos net ‘n verkoue wat jy kan keer deur jou hande te was. Grappies was dus volop. En grappies is tog ‘n manier van ‘cope’. Tog sou die grappies binnekort opdroog….
Maar voor dit gebeur het was daar ‘n paar merkwaardiges. Iemand het genoem dat noudat die eerste geval hier aangemeld is, weet ons dat daar gewerk word aan die dinge van Corona, en dat alhoewel ons almal hoop dat dit die Departement van Gesondheid is, weet ons dat dit eintlik Nando’s is.
En Nando’s het nie telleurgestel nie.’n Paar dae later het die skerpste aanmerking wat ek seker nog ooit gesien het die lug gesien.
Eerste beperkings
‘n Week nadat kiem nommer 1 sy opwagting gemaak het, is daar skielik ‘n lewendige uitsending van die President af een Sondag wat allerhande beperkings instel. Skole word gesluit en daar mag nie meer as 100 mense byeen wees nie. Dit laat my dink aan die ‘5 second rule‘. Die kieme staan almal rondom die kos, tel tot 5 en spring dan op. Corona tel tot by 100 en skree dan ‘ready or not, here I come!
Die bogenoemde is wat die President gesê het in ‘n neutedop (nie die grappies nie, hy was baie ernstig). Wat die nasie egter gehoor het is: stormloop die winkels en gaan koop toiletpapier. Die volgende môre hoor mens net hoe almal gaan paniekkoop. Wonder of die hoop toiletpapier iets te make het met die ‘bake bean’verkope. Of het die eerste ou wat baie toiletpapier gekoop het dit gedoen omdat sy gesin ‘n maagkiem gehad het, en toe neem die mense agter hom aan dit is agv Corona?En toe is ‘Bob your uncle’ en almal stoor witgoud? Wonder maar net….🤔
Volgende aankondiging wat AA gelukkig maak
In hierdie selfde week volg nog ‘n aankondiging wat sê dat geen plekke wat drank verkoop meer na 6pm mag oop wees of drank verkoop nie nie. Die kroegvlieë sit bedroef.
Daar gaan nog ‘n week verby. Ek verjaar in isolasie, maar inderwaarheid is dit maar wat elke jaar gebeur. Hierdie was die eerste jaar wat dit soortvan verplig was.
Die groot aankonndiging
En toe volg die koel deur die kerk skoot. Die president kondig af dat ons gaan lockdown oor 4 dae. Dit was nie regtig nuus nie aangesien die gerugte al ‘n paar dae die rondte doen. Al het mense vermoed dat dit gaan gebeur, het 4 dae van absolute chaos gevolg. My kantoor is bo ‘n apteek en kyk uit oor die parkeerplek van Shoprite. Daar was nog NOOIT so baie mense daar gewees nie. Mens het voor die apteek getou lank voor hulle oopgemaak het.’n Vrou wat daar werk het gesê dat die mense hulle mal gemaak het met ‘google voorskrifte‘. Een mens het blykbaar ‘n R12000 se medisyne gekoop. Dit laat my 2 dinge wonder, wat de flip het hulle gekoop, en wie het R12000 wat net rondlê dat jy random medikasie kan koop (wat jy nie gaan gebruik nie en wat gaan verval voordat jy dait eendag gaan kan gebruik).🤔 Die paaie was stampvol voertuie en mense. Daar was nie parkeerplekke nie en mense het sommer in die middel van die strate parkeer. Paniek het heeltemal oorgeneem. Hierdie mense het heeltemal te veel zombie stories gekyk.🧛♂️ Teen hierdie tyd was alle grappies op ‘n stokkie.
Die grootste paniek, klink dit vir my, het gevolg toe daar afgekondig word dat daar nie drank of sigarette verkoop mag word tydens lockdown nie. Het mense nou nie wragtig terduisende rande se drank gaan koop nie!! Wragtig, weereens, wie het so baie geld wat rondlê en dit om te mors op iets wat sinneloos is. Ek dink hierdie wys dat alkohol regtig ‘n baie groter euwel is as wat ons gedink het.
Dag voor ons in ons bunkers sou klim
Vir my en my werksmense was die dag voor lockdown ‘n dubbeldoor van drama. Die meeste van die werksmag is geretrench, en die lockdown het dit skielik vervroeg. So die dag voor lockdown was nie net die tegemoetloping van hierdie vreemde tyd nie, maar dit was ook afskeid neem van baie mense. En gesien in die lig dat almal in hulle eie bunkerkies moes ingaan, die kantoor halfpad leeg en opgepak was, het dit na finale groete gevoel. Daarmee saam was daar die alomteenwoordige chaos om al die admin afgehandel te kry en al die werknemers se vrae en papierwerk te probeer afhandel voor ons die deur sluit ir 3 weke. Teen die tyd wat die laaste ‘vry’ dag verby was, was ek op soos ou brood, en wou net gaan lockdown in PJs. Hierdie laaste Donderdag in Maart was dus een van daai slegte geheuenisse wat altyd in my brein sal vassteek.
Na hierdie ‘intensiewe opsomming’
kan mens seker aflei dat die fases van Corona kan wees, onge-ergtheid, grapgatterigheid, paniek en ‘hording‘. Lockdown tel dan seker as die ‘holding pattern’ fase wat die volgende skribbel sal wees.
And so it begins….
Na die paniekaankope was al wat oorgebly het om te wag vir die klok om 12 uur te slaan op Donderdag 26 Maart 2020 vir Lockdown om te begin……
Follow me here