Dans in Dublin

Na al die pragtige groen natuurskoon, baan ons toe weer ons weg na die stad se grou. Ons was eers laat uit die blokke weg en het dus eers hier rondom middagete se kant die skok van verkeer en weird one-ways van Dublin gekry. As ek hieroor raad vir enig voornemende resigers kan gee, gaan gee maar jou kar af by die lughawe en kom met die publieke vervoer in dorp toe. Dit sal die meeste van jou nerwe heel hou.

Dublin verkenning

Al was daglig super lank, is besigheidsure nie daaraan gekoppel nie ongelukkig. Ons moes toe tone klap om in te kom waar ons nog wou.

Vikings

Ek wou baie graag de Viking uitstalling by die National Museum of Ireland gaan sien het, maar voor ons daar kon uitkom begin die weer reën. Gelukkig was ons so te sê by die Nasionale Gallery en ons duik toe daar in vir ‘n bietjie kultuur terwyl dit reën. Dit was glad nie op deel van die beplanning, maar as dit reën maak jy ‘lemonade’ 😉🍋. Dit het nie baie gehelp om my kultuur te leer nie, want ek is steeds ‘n kuns pleb, maar was darm droë een.

Nie honderd jaar nie, toe skyn die son weer en ons kies koers na die museum. Die eerste museumdeur wat ons kry, gaan in by ‘n saal vol opgestopte diere. Jig. Ek en taksidermie is nie maats nie. Die volgende deur is eers om die blok omtrent. Daar is vrek baie goed om te sien, maar aangesien tyd ernstig beperk is, mik ek na die die Viking gedeelte. En as jy gewonder het, nêrens is ‘How to train your dragon’ nie. ‘Anyway’, wat ons as steriotipe ‘vikings’ ken, is glad nie wat mens hier sien hulle was nie. Maar die steriotipe bly voortleef in Dublin met al die horing helmets wat ek oral gesien het.

Dublin
Dublin
Almal in die ‘viking’ boot het helmets met horings op

WW1

Net af in die pad vang mens se oog ‘n oorlog uitstalling. Dit was onbepland, maar baie meer interessant as die Vikings. Daar is posters op van hoe hulle mense gekry het om in die eerste wêreldoorlog te gaan veg, En ek was geskok oor die tipe manipulasie wat hulle al doerietyd gebruik het om mense te kry om te doen wat hulle wou doen. Nie dat mense seker veel van ‘n keuse gehad nie. (Hulle het wel met die 2de oorlog soos ons later in Edinburgh uitgevind het, maar dit was ‘frowned upon’).

Cockles and Mussels

Die res van die dag sien ons nog Viking tours, ons ontmoet vir Molley Malone, help gou ‘n outjie om iets uit die rivier uit trek, staan onder teen die Spire, maar maak dit ongelukkig nie betyds om die kasteel te gaan sien nie. Teen skemer maak ons ‘n breek oor die Ha Penny brug , (wat darm nie meer ‘n penny kos om oor te loop nie 😉) na die Tempel Bar District. Wat ‘n lewendige plek! Daar is liggies ‘galore’ en musiek oral. En nie doef doef geraas nie. daar is seker plekke wat doef doef, maar ek het dit baie dankbaar gemis.

Dublin
Molly met haar mossels
Dublin
Temple Bar Area

Dans in ‘n pub.

Mens moet darm iewers ‘n ete inwerk in ‘n pub. En Dublin was die plek waar ons besluit het om dit te doen. Die pub skuins oorkant ons blyplek het ‘live folk music‘. Ek rek toe my ete uit sodat ons nog daar kan wees wees wanneer die musiek begin. (Alles begin eers laat, seker omdat dit so laat lig is🤔) Maar dit was ‘n ‘jackpot’ aand, want skielik skuif die kelners die tafels weg en vertel ons dat daardie aand is ‘folk dancing night‘ saam met die musiek.

Dit was vir my ‘n aand vir die boeke. Die trekklavier en kitaar het gesing en die volksdansers het gedans. Note was ‘gelukkig’ (as mens musiek dit kan noem) en die dansers uitbunig. Die atmosfeer was onbeskryflik vrolik. En dit was nie 3 draaie nie, toe kom gesels van hulle by ons tafel. Nog ‘n draai verder leer hulle my van die passies, en op die laaste draai nooi hulle my om saam met hulle daar voor te gaan dans. Dit was sonder twyfel vir my ‘n lewenshoogtepunt gewees.

Dublin was nou nie die plek waaroor ek die meeste kan huistoe skryf nie, dalk as ek langer daar was, maar ek kan liries raak oor ‘folkdancing in Dublin‘. Daardie ondervinding oorskadu alles wat vroeër die dag gebeur het. As ek dus dink aan Dublin, dink ek aan dans.💃

Follow me here