Binnelandse vlugte in Europa

As jy die vorige skribbel gelees het, sal jy weet dat ons noggal drama gehad het met van die vlugte. HIer gaan ek noem wie ons gebruik het en wie vir ons misbruik het. Binnelandse vlugte in Europa (tegnies is UK deel van Europa) is noggal ‘a dime a dozen‘. Dit is gerieflik en voel vir my baie goedkoper as ons binnelandse vlugte….. MAAR….

Ek het vlugte dopgehou op verskillende tye na verskillende lughawens met verskillende rederye, en 2 gekies ‘n paar maande voor die tyd wat die beplanning en sak sal pas.

Wanneer mense gaan vlugte googeleer sal jy baie goedkoop lugredery kry. En die 2 wat deur hierdie reisiger gekies was was Ryanair en Flybe. Alby super bekostigbaar en gerieflik na waar ons heen wou gaan.

  • Ryanair 👎
  • Flybe 👍
Binnelandse vlugte in Europa
‘n Rustige koffie is moontlik wanneer daar geen drama was om deur al die in-check-ery te gaan nie. Soos met die Flybe vlug.

Ryanair

Ons het gevoel dat hulle baie skelm is. Mens is veronderstel om voor die tyd in te check. Ek het geen probleem daarmee nie. Die probleem kom wanneer jy nie ‘toegelaat’ word om dit te doen en dan ‘n boete kry.

Ons het baie hard probeer incheck die aand voor die vlug.

Daar is 2 maniere hoe mens veronderstel is om dit te kan doen, met hulle app of deur hulle webwerf. Ons het ons doodgesukkel met die app. Die app wou nie op die Samsung of die Iphone aflaai ne. Iets van ‘unsupported’ .Die app was dus uit soos koekies in die weeshuis vir ons 2 fone.

Dit los toe die internet. Die Samsung het tot by hulle webwerf gekom waar mens kan incheck en dan wou hy niks verder weet nie. Ons het die Iphone toe gebruik om die webwerf aksie te probeer en dit het hierdie slag gewerk. Ons het al ons inligting ingelees, ‘n screenshot van ons kaartjies geneem en aanvaar dat ons ingecheck is.

Op die lughawe aangekom blyk dt nie waar te wees nie. Ons nie op die sisteem nie en niemand kan ons help nie. ‘n Vrou wat by die lughawe werk het gesê dat sy reken dat Suid Afrikaners persoonlik moet incheck, maar dat ons die vrou by die toonbank moet vra.

‘n 50 Pond boete

Die vrou by die toonbank sê dat sy net die ‘water en ligte’ lees, en dat ons direk die lugredery moet kontak. Sy kan ons wel help om op die vliegtuig te kom nadat ons elkeen 50 pond boete betaal het omdat ons nie ingecheck het nie.😡

Terug na die vakansie kontak ek RyanAir om te hoor wat die storie was want dit is onaanvaarbaar om mense te beboet as hulle dit onmoontlik maak vir ons om in te check. Ek wou ook weet of dit waar was dat hulle die Suid Afrikaners penaliseer omdat hulle kan.

Nul diens van hierdie redery. Hulle het seker nul werkers

Die een klomp het tot vandag nie reageer nie. Die ander het net ‘n automatiese e-pos gestuur wat sê mens moet vooraf incheck. Ek reken daar werk geen mense vir hulle nie behalwe die vliegtuig personeel. Alles is geautomatiseer en daarom kan hulle ‘goedkoop’ kaartjies verkoop want hulle hoef nie ‘n werksmag te betaal nie, en dan doen hulle toeriste in, smaak my, vir kicks en sakgeld.

Ek was diep gegrief oor die onnodige 50 Pond uitgawe. Dit was amper n ekstra R1000 waarvoor ek nie begroot was nie. Ek was darm net 1 mens. Stel jou voor jy kom hierdie gemors oor met jou familie reis en al daardie boetes moet uit een sak kom!

As jy van RyanAir wil gebruik maak (omdat hulle goedkoop is) stel ek voor dat voordat jy ‘n kaartjie koop, jy eers probeer die app op jou foon laai. As die app nie kan aflaai nie wil ek sê gebruik eerder ‘n ander lugredery voordat hulle jou ook swendel uit R50 pond uit. En dan is die kaartjie elkgeval duurder as die ander rederye.

binnelandse vlugte in Europa
Gelukkig was die Kerry lughawe mooi en die mense super vriendelik en dit het mens dadelik laat vergeet van die drama om hier uit te kom

Flybe

Na die hele Ryanair onderonsie was ons vrek bang dieselfde gebeur met hierdie vlug. Ek het dadelik gaan kyk of ek die Flybe app op my foon kon laai (hulle lyk noggal Outsurance -rig) . My vy! Tjop tjop toe is die app op my foon. Ek’ t ‘n knoppie gedruk en ta-da!! ek was ingecheck! Daar was geen drama op die lughawe nie. Niemand wou my deursoek nie, geen alarms het afgegaan nie, maar die beste van alles- geen boetes!

Net een ding waar jy dalk ‘n boete kan kry is as jou tas oorgewig is of as jou handbagasie nie in die ‘sizer‘ by die bagasie toonbank kan pas nie. Na my vorige boete het ek wraggies nie lus of geld gehad vir nog ‘n boete nie so ek het my handbagiesak in my inboek bagasie ingeprop sodat ek nie sou ‘dobbel’ by die ‘sizer’ en dalk verloor nie.

Dit was my ondervinding met binnelandse vlugte in Europa

Vlugte doer anderkant is regtig amper oral heen en baie goedkoper as hier by ons. Hou net die fynskrif dop anders word goedkoop duur, En voordat jy ‘n kaartjie koop, kyk eers of jy die redery se app op jou foon kan laai anders gaan jy heel moontllik moeilikheid van een of ander geaardheid kry. En daar ander rederye ook maar dis hierdie is die enigste 2 waaroor ek my 2 sent kan byvoeg.

As jy lus is om die hele lughawe petalje te gaan lees, druk hier.

Follow me here